DIE STORIE VAN DIE GROT.

Hierdie storie gaan oor die grot wat al die jare onder die aarde gewoon het. Ja, grotte woon mos onder die aarde!! Hierdie grot soos al die ander het sy lewe lank in duisternis gewoon. Eendag het hy ’n stem gehoor wat sê:-         “ Kom uit van onder die aarde en kom op en aanskou die sonlig!” Grot was baie verbaas en het gehuiwer toe hy sê:- “ Wat bedoel jy? Ek weet nie waarvan jy praat nie want daar is niks anders as duisternis nie!” Dit is eers na ’n hele tydjie dat die grot toe uit gekom het en daar was lig orals waar grot kyk. Dit was pragtig! Grot kyk toe op na die son en vra:- “ Komsaam my dan sal ek jou duisternis toon?” Son was baie verbaas en vra toe:-          “ Wat is duisternis?” Grot het vir son weer uitgenooi:- “Kom saam?” Son het toe saam met grot onder die aarde gegaan en toe gevra:- “ Ok, hier is ek , waar is duisternis?” Oral waar son onder die aarde beweeg het was helder lig!

JOH. 8:12  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

JOH. 9:5  So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.

1 JOH. 1:7  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Vriend/in is jy in die lig van God? Is jy besig om voortdurend in Sy lig te wandel? Moenie naby die duisternis van sonde wandel en probeer lewe nie! Vermy dit! Vlug! Bly in die Lig van God!

GEBED

Here, dankie dat U my lig is en elke dag vir my lei sodat ek nie nodig het om in die duisternis te lewe nie! AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00