DIE RYLOPER EN VREES.

Die nag is stik donker en die wolke dik. Die wind waai en die reën is so swaar dat jy skaars ’n paar tree voor jou kan sien. Die ryloper langs die pad is sopnat en geen motors kom verby so laat in die nag nie.

Die volgende oomblik gewaar hy ’n motor en dit kom tot stilstand hier langs hom. Sonder om te vra spring hy in by die agterdeur en dadelik begin die motor stadig weg te trek. Eers toe hy die meeste water uit sy oë gevee het en na die bestuurder draai om hom te bedank dat hy gestop het, sien hy dat daar niemand in die voertuig is nie. Ja, niemand agter die stuur nie. Onmiddelik het vrees hom beet gepak. Hy het die pad dop gehou en gesien dat voor hulle is ’n skerp draai. Wat kan hy doen? Dadelik het hy begin bid soos nooit van te vore , ja hy bid vir sy lewe! Net voordat hulle die draai bereik, kom daar ’n hand deur die venster en draai die stuurwiel. Nou is die vrees erger! Elke keer as hulle by ’n draai kom, kom die hand deur die venster en draai die stuurwiel.

Die naaste dorp se liggies kan so af en toe gesien word deur die harde reën wat val. Die ryloper maak al sy krag bymekaar en spring uit die voertuig en hardloop so al wat hy kan na die dorp.

Hy het by die eerste restaurant vir hom koffie bestel en toe die volle verhaal vertel van die voertuig wat stilgehou het, niemand in die motor en die hand wat elke keer die stuurwiel draai. Die mense het in stilte gesit terwyl die ryloper hardop huil van die vrees wat hy ervaar het.

’n Halfuur later het daar twee manne ingestap en die een sê vir die ander:- “ Kyk, daar is die ou wat in die motor geklim het terwyl ons dit gestoot het!”

PSALM 3:7 Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.

PSALM 3:8 Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.

PSALM 3:9 Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.

GEBED

Vader. Dankie dat ek nie nodig het om te vrees nie, want U is met my. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00