DIE RYK FAMILIE!

Deur:- Eddie Ogan

Dit was Paastyd in 1946. Ek was 14 , my jonger suster 12 en die ouer suster was 16 jaar oud. My pa is vyf jaar gelede oorlede en ons het saam met my ma in die huis gewoon waar ons nie gewoond was aan baie luukshede nie!

’n Maand voor Paastyd het ons predikant gevra vir bydraes om ’n baie arm gesin te help. Hy het gevra dat almal sal spaar en dan op ’n sekere Sondag ’n offer moet bring om die arm gesin te spaar.

Ons het die saak bespreek en besluit om vir ’n maand net aartappels te eet wat ons $20 sou spaar op die kruideniers. Ons het ook besluit om die ligte so ver as moontlik nie te gebruik nie asook om nie radio te luister nie. Dit sal bring dat ons op die kragrekening spaar. Ek en my ouer susie het so ver as wat ons kan kinders opgepas vir geld.

Daardie maand het ons in die donker gesit en praat oor die hoe die familie wat so arm was hierdie geldjies sal kan gebruik. Ons was so tagtig mense in die kerk en het geglo dat die offergawes baie meer as dit sou wees.

Die Sondag van die offergawe het aangebreek en ons het $70 gespaar om vir daardie arm gesin te gee. Ons was so opgewonde om by die kerk te kom al het dit daardie oggend baie gereën en ons het nie ’n sambreel gehad nie.

Daardie Sondag het mammie ons bederf met eiers wat sy gekoop het en wat sy saam met die aartappels gaar gemaak het. Laat daardie Sondag het die predikant daar aangekom en met mammie gepraat en vir haar ’n koevert gegee. Sy het die koevert oop gemaak en daar was ons $70 en nog ’n paar dollars in. Ons het net daar gesit en nie met mekaar gepraat nie.

Ons het gevoel soos miljoenêrs tot wit armlastige mense. Ons het nie baie gehad nie , ja, altyd was ons angstig om te sien wie kry die lepel of die vurk. Ons het net twee messe gehad wat ons aangestuur het vir die een wat dit nodig gehad het MAAR nooit het ons gedink dat ons arm is nie. Daardie Paassondag het ons dit uitgevind.

Dit was ’n somber week – almal het nou geweet ons is arm. Ons het nie gepraat of gelag daardie week nie. Saterdag het mammie vir ons gevra wat ons gaan doen met die geld.

Sondag is ons Kerk toe. Daardie Sondag het ’n sendeling gepreek en hy het vertel dat in Afrika kan hulle kerke bou maar dit kos ‘n $100 om die dak op te sit. Hy het gevra of die gemeente nie kan help nie.

’n Offergawe is opgeneem en my jonger sussie wat by die gang gesit het, het die koevert in gegooi. Die sendeling het die geld getel en daar was net oor die $100 wat ingekom het. Ons het besef dat ons $87 van die – net oor die $100 – gegee het. Die sendeling was verbaas en het gesê dat hier baie ryk mense in die gemeente moet wees.

Ons was die ryk familie in die kerk. Het die sendeling dan nie so gesê nie? Dit is van daardie dag af dat ons geweet het, ons is nie arm nie.

Hoe ryk is jy as jy Jesus in jou lewe het!!!!??

EFES. 1:3  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

GEBED

Here, dankie dat ek in U ryk is. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00