DIE PREDIKER EN DIE ROWER.

John Wesley – 1703 -1791 – was ’n evangelis wat die Woord van God vurig gepreek het. Een aand na die diens het ’n rower hom beroof. John het min geld aan hom gehad en ’n klomp traktaatjies. Terwyl die rower weghardloop het John geroep dat die man moet stop. Hy het vir hom gesê dat hy het nog iets wat hy vir hom wil gee. Die rower het verbaas omgedraai en toe het John vir hom gesê:-      “ My vriend jy mag lewe om hierdie tipe lewe wat jy voer jouself te verwyt, maar indien jy by die punt kom dat jy spyt is, is hier iets wat jy nooit moet vergeet nie: die bloed van Jesus Christus reinig ons van alle sonde.” Die rower het gehardloop en toe het John gebid dat die woorde wat hy gespreek het wel vrug sal dra.

Jare na die insident, was John Wesley besig om mense by die deur na die oggenddiens te groet. Die volgende oomblik was daar ’n besoeker en John het hom gegroet en welkom geheet. Hierdie besoeker was ’n besigheidsman en ’n kind van God. John moes daardie oggend verneem dat dit is die man wat hom die aand na die diens beroof het. “ Wat ek van dag is, is ek vir ewig dankbaar aan jou!” het die besoeker gesê. “ Nee, dit is as gevolg van die bloed van Jesus Christus wat van alle sonde reinig!” het John Wesley geantwoord.

1JOH. 1:7 “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.”

Vandag wil ek graag vra dat JY sal besef dat die Here se bloed JOU van alle sonde reinig! Soms kan ons dit nie glo nie , ons kan dit nie ons eie maak nie, ons voel vuil, ons verstaan dit nie eers nie MAAR weet dit is die waarheid. Jerusalem is God se stad waar die Lam geslag is. Buite Jerusalem is die Sions berg wat vir die kind van God die berg van aanbidding vir God is. Aan die anderkant van Jerusalem is die dal Hinnom wat eintlik ‘n ashoop is en waar hulle ,hul kinders aan die afgode geoffer het. Om van die dal Hinnom na die berg Sion te gaan, moet jy verby Golgota. Die plek waar die prys van die mens se sonde betaal is. Staan stil by Golgota en kry jou vryheid!

GEBED

Dankie vir die versekering dat U bloed my volkome reinig van al my sonde. AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00