DIE NIE PRAKTISERENDE DOKTER.

Die pas getroude paartjie , vol liefde in hul oë vir mekaar, glimlaggend en vol vreugde,  vertrek hulle vir die “Honeymoon”.  Hulle het gevlieg na ’n paradys van ’n mooi eiland vir hierdie week van huweliksvreugde.

Nadat hulle geland het, het hulle ’n motor op die lughawe gehuur om na hul bestemming , diep in ‘n afgeleë gedeelte van die eiland , te ry. Hulle het nie die pad geken nie en so gebeur dit dat hy ’n groot vragmotor wil verby steek, dat hy kop aan kop met ’n bakkie bots. Hulle voetuig het ’n hele paar keer gerol en toe dit tot stilstand kom, sien hy dat sy pragtige vrou het baie ernstig seer gekry en dat sy vol bloed is. Hy het besef dat indien hy nie dadelik hulp kry nie, hy sy vrou gaan verloor.

Hy het die bult uit gehardloop op soek na hulp en toe hy bo kom sien hy dat ’n hele ent van hulle af ’n bord is – “ Dr. Michael Swetlik MD”. Dadelik het daar ’n sug van dankbaarheid deur hom gegaan:- “Dankie Here!”

Hy het dadelik weer gehardloop na die wrak en sy beseerde vrou versigtig uit gehaal en haar gedra na die dokter se huis. Nadat hy geklop het, kom die dokter na die voordeur en die bruidegom pleit vir hulp vir sy bruid. Die dokter reageer dat hy nie meer praktiseer nie en dat die man moet weggaan. Weer pleit die bruidegom :- “Indien jy nie my vrou help nie, sal sy sterf!!”. Die dokter reageer net met:- “ Die afgelope vyf-en-twintig jaar praktiseer ek nie meer nie”.

Dit is na nog ’n paar pleit redes en die dokter wat nie wil help nie, dat die bruidegom uitroep:-“ Meneer, indien jy nie vir ons gaan help nie, haal dan die bord hier voor af, want jy is besig om die mense te mislei!!!”.

As kinders van God, is ons geroep om die Evangelie van verlossing te verkondig, siele te wen, die in nood te help, die met wonde te verbind en die wêreld vir Christus te wen.

Indien JY nie JOU Christelike plig gaan nakom nie, – HAAL DIE TEKEN AF DAT JY ’N CHRISTEN IS!!!

1 PET. 2:12  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

GEBED

Here, ek wil daagliks vir U lewe en U naam oor my uitgeroep reg uitlewe! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00