DIE MENSE MET DIE ROSE.

 Griekse digter , Hosaye , het geskryf:- Vertel my wie het jy lief en ek vertel jou wie jy is.

Max Lucado sê:- Die teken van die geredde is die liefde wat hulle het vir die minder bevoorregtes.

Dr. Charles Swindoll sê :- Jy kan baie van ’n persoon sê deur die manier wat hy mense hanteer wat vir hom niks kan doen nie.

Hierdie les het bykans te laat gekom vir John Blanchard.

John het van die bankie opgestaan, sy uniform plat gevee en die mense wat deur die stasie loop bestudeer. Hy het vir die meisie gesoek wie se hart hy ken maar wie se gesig hy nog nooit gesien het nie – die meisie met die roos.

Sy belangstelling in die meisie het begin, dertien maande gelede in ’n biblioteek. Hy het ’n boek van die rak geneem en was geboei, nie deur die woorde van die boek nie, maar deur die aantekeninge wat geskryf was in die kante.  Die sagte aantekeninge het beskryf , ’n deurdagte siel met ’n innemende hart. In die begin van die boek het hy die vorige eienaar se naam gevind, Mejuffrou Hollis Maynell.

Met tyd en inspanning het hy haar adres bekom. Sy woon in New York. Hy het vir haar ‘n brief geskryf , homself bekend gestel en haar gevra om te korrespondeer. Die volgende dag is hy met die skip weg om diens te verrig in die tweede wêreldoorlog. Die volgende dertien maande het hulle mekaar deur die pos leer ken. Hy het haar op ’n stadium vir ’n foto gevra, maar sy wou nie een stuur nie, want sy het gesê indien hy omgee maak dit nie saak hoe sy lyk nie. ’n Romanse was besig om te ontwikkel tussen die twee.

Die dag het aangebreek dat hy moes terugkom en hulle het ’n tyd afgespreek, 07h00 op die stasie in New York. Jy sal my erken aan die rooi roos wat ek dra aan my lapel.

Die volgende oomblik het daar ’n beeldskone, blondekop, pragtige vel en blou oë aangestap gekom. Haar mond en lippe was mooi en die groen pakkie wat sy gedra het , het gelyk soos lente wat begin. Ek het na haar gestap, sonder om op te merk sy dra nie ’n roos nie. Naby haar sê sy:” Gaan jy saam met my soldaat?”  Bykans sonder beheer het ek een tree nader aan haar gegee, toe sien ek Hollis Maynell. Sy het direk agter die blonde nooi gestaan. ’n Vrou diep in haar veertigs, grys hare, mollig en ’n vet gesiggie. Haar enkels het oor haar skoene gehang. Hierdie sal nie liefde wees nie, maar verseker sal dit ’n goeie vriendskap wees. Ek is stom van die bitterheid van teleurstelling in my. “Ek is Lt. John Blanchard en jy moet Mej. Maynell wees? Ek is so bly om jou te ontmoet, kan ek jou vir ete neem?”   Sy het so skeef geglimlag en gesê:- “ Ek weet nie waaroor al die dinge gaan nie, maar die dame in die groen pakkie het gesê ek moet die roos dra en indien jy my vra vir ete, moet ek gaan want sy wag oorkant die straat in ’n groot restaurant vir jou. Sy het gesê hierdie is ’n tipe van ’n toets. ”  

Die Griekse digter was reg, “Vertel my wie het jy lief en ek vertel jou wie is jy.”

LUKAS 14:12 En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ‘n môre— of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.

:13 Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,

:14 en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.

Hoe is jou liefde vir jou medemens wat jou niks kan gee of iets vir jou kan doen nie? Sal jy die Evangelie aan hulle verkondig?

GEBED

Vader, dankie vir al my voorregte wat ek het. Vergewe my dat ek so op ander neer sien? Maak U liefde in my wakker vir elkeen wat my pad sal kruis? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00