LIEFDE VIR GOD!

Die vrou van ’n Britse Kolonel wat in Indië was het eendag belangrike gaste verwag vir tee. Sy het op ’n stadium deur die venster gekyk en toe met ’n skok gesien dat die tuinier het nooit die blare op die gras gehark nie. Dadelik was sy woedend. Hierdie tuinier het nie daardie dag eers opgedaag vir werk nie. Sy was nog meer kwaad!  Dit is toe hy die middag arriveer vir werk dat sy hom goed inklim. “Weet jy wat het jy aan my gedoen? Weet jy hoe skaam ek gekry het? Besef jy dat indien ek jou laat gaan, dat ek kan sorg dat jy geen ander werk in hierdie stad kry nie?” Sonder om op te kyk het hierdie man geantwoord:- “Ek is baie jammer , maar my dogtertjie is laasnag oorlede en ons het haar vanmore begrawe.” Dit is toe vir die eerste keer dat hierdie vrou , hierdie man voor haar sien as iemand baie meer as om net die gras te hark.

Ja, dit is baie maklik om iemand te verkleineer. Dit is baie maklik hoe jy mense kan hanteer tot ONEER van God!  Met watter gesindheid gee jy die karwag en die kelner hulle fooi? Watter gesindheid hanteer jy die een wat in die verkeer van bane wil verander? Hoe hanteer jy die een wat saam jou werk?

Waar jy beweeg , kan die mense – veral die wat nie kinders van God is nie –  die liefde van die Here in jou sien? Sien hulle dit in jou aksies asook jou reaksies?

Daarom om God lief te hê bring jou prioriteite in gedrang. Jou tyd en jou krag en jou bronne en jou gesindheid , dit behoort nou aan God.

PSALM 18:2 “En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.”

GEBED

Here baie dankie dat U weer vir my U hart toon. Dankie dat ek nou voor U kan buig en ook my hart met U kan instem. Word verheerlik deur my gesindheid teenoor ander mense? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00