DIE KWAADWILLIGE MUUR!

’n Predikant se kerk was langs die kruidenierswinkel. Sondae het die gemeente die winkel se parkering gebruik omdat die kerk se parkering baie klein was. In die week het die vragmotors hulle goedere by die winkel afgelaai maar dit het soms gebeur dat ’n hele paar vragmotors opdaag en dan parkeer hulle op die kerk se parkeer terrein totdat dit hulle beurt is.

Die predikant het met die winkeleienaar oor die saak gepraat en gevra dat die vragmotors nie op die kerk se terrein parkeer nie. Die eienaar het wel met die bestuurders gepraat maar hulle het dit nog steeds gedoen omdat daar geen ander plek was om te parkeer nie.

Die predikant het kwaad geword en toe besluit om ’n muur te bou tussen die kerk en die winkel. Die kerkgangers het geen ongerief nie want hulle stap net om die muur na die kerk toe maar nou kan die vragmotors nie op die kerk terrein parkeer nie.

In sy noppies was die predikant toe die muur gebou was. Sy probleem was opgelos.

Die predikant het so ’n rukkie na die muur gebou is vir hom ’n nuwe motor gekoop. So moes sy vrou een aand, terwyl dit baie hard reën en stik donker is, ry vir ’n funksie. Sy was so ’n bietjie laat en baie haastig. Sy het van die muur vergeet en in die stort reën, ry sy in die muur vas. Die hele muur het omgeval bo op die voertuig en baie skade veroorsaak.

Sien die parkering was wedersyds tot voordeel maar die predikant het toegelaat dat die parkering ’n doring in sy vlees word. Sy kwaadwillige muur het tot hom terug gekeer.

Was die predikant reg? Verseker was dit die kerk se parkering , maar die motief van die muur was kwaadwillig.

1 PETRUS 3:9  Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.

GEBED

Here, U ken my omstandighede! Ek wil nie kwaad met kwaad vergeld nie. Stel my instaat om U gesindheid en liefde te openbaar? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00