DIE KONING SE VALK.

Genghis Khan was die koning van Mongolie in die 13 de eeu. Hy het een somersdag gaan jag met sy perd asook sy gunsteling valk op sy gewrig. Die koning het baie dors geword en so in die veld gesoek na water. Hy het gesien dat water drup teen ’n rots af en daar gestop. Hy het sy blink beker uit sy saalsak gehaal en toe dit onder die druppels gehou. Net toe die beker amper vol was, het die valk oor hom gevlieg en veroorsaak dat die beker met water uit sy hand val. Die koning was baie kwaad maar het die beker opgetel en dit weer gehou om vol te word. Net toe dit amper vol was, het die valk weer gekom en veroorsaak dat die beker uit die koning se hand gestamp word.

Die koning was nou baie kwaad en het sy beker weer gehou om vol te word. Net voordat hy drink het die koning sy swaard getrek en toe die valk weer kom en die beker uit die koning se hand stamp, het die koning na die valk gekap en die valk gedood. Die beker het tussen die rotse beland waar die koning dit nie kon bykom nie. Hy het toe teen die rotse uit geklim na die bron van die water. Bo gekom, het hy die poel water gesien, maar in die poel het daar ’n groot giftige slang dood gelê.

Die koning het vergeet van sy dors en na die valk gekyk wat onder die rotse dood gelê het. Hy het besef dat die valk het sy lewe gered en hy het die valk beloon met die dood.

SPREUKE 3:7  “Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;”

Die Here, ons Vader, kyk op elkeen van ons neer vanuit Sy wonderlike hemel en stuur oor ons lewe die omstandigheids-valke om ons veilig te hou.

Is daar dinge wat in jou lewe gebeur wat jy nie verstaan nie? Kom tot stilstand en vra die Here om jou oë te open om Sy weë te sien?

GEBED

Dankie Vader dat U my bewaar. Open my oë sodat ek U weg kan sien? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00