DIE INSPUITING.

Ek was gister in vir ’n knieg operasie. Alles kan ek vat  – maar die inspuiting is vir my ’n probleem. Ek kners op my tande en knyp my oë toe as hulle kom met die naald.

So dink ek daaraan dat talle mense jaarliks gaan vir die griep-inspuiting. Jy word ’n baie klein doses griep toegedien om te keer dat jy griep kry.

Is dit nie so in die kerk nie? Talle mense besoek Sondae die kerk om net ‘n klein doses Evangelie te kry om hulle te beskerm dat hulle nie hel toe gaan nie! Hulle soek nie die volle pakket om hulle fanaties te maak vir die Here en Sy saak nie!  Hulle is nie bereid om hulself te offer en die saak van God te bevorder nie. Nee – ander moet dit doen – net nie vir my vra nie!!!

Besef jy vandag dat God van jou vra om te staak om passief te wees in die geestelike lewe? Jy kan nie by die huis sit en dink : Ek dien die Here ek het nie ’n kerk nodig nie! Nee laat ons na die Woord kyk? Jy het gawes / talente wat jy moet gebruik in die kerk tot opbouing van ander in die gemeente.

1 PETRUS 4:10 Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.

EFES. 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,

:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,

:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

:15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

:16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00