DIE HORLOSIEMAKER.

Die storie word vertel van ’n man wat ’n horlosie gemaak het. Hy het die horlosie vir ’n vriend gewys wat nog nooit ’n horlosie gesien het nie.

Hy het die horlosie aan die agterkant oop gemaak en die vriend gevra wat hy van dit dink. Die man het groot ratte gesien wat na een kant draai en stadig draai en hy het kleiner ratte gesien wat weer na die anderkant draai en vinnig draai. Hy het vir ’n hele tyd gestaan en kyk en toe baie verward geantwoord:-  “ Ek dink die man wat hierdie ratte gemaak het is  gek , ja , kranksinnig.” 

Die horlosiemaker het die man na die voorkant van die horlosie geneem en toe vir hom gevra wat hy daarvan dink. Die man het die twee wysers aanskou en gesien dat hulle egalig en gereeld beweeg, elke wyser in sy eie sirkel.  Elke wyser het in sy regte posissie gestaan en die regte tyd van die dag aangewys. Hy antwoord toe:- “Die man wat dit gemaak het is ’n wyse man , die slimste wat nog ooit gelewe het.”

Hierdie verhaal help ons om ’n groot bekommernis van die lewe te verstaan.  Ons is hier op die aarde en ons sien net die aardse kant van God se skepping en daarom faal ons so baie om Sy volmaakte plan te sien en te verstaan. Die “ratte” draai na verskillende kante toe en dit wil voorkom asof daar geen doel en beplanning in is nie. Dit is wel wonderlik om te weet dat daar ’n dag sal aanbreek dat ons die hemelse kant sal sien. Dit is dan dat ons die wil van God en die doel waarom sekere dinge oor ons lewe gekom het sal verstaan. Ek is sekere dat ons saam daardie dag sal uitroep:- “ Here, ons aanbid U en dank U want U weë is waarlik volmaak!”

PSALM 18:31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil.

  

GEBED

Dankie Here dat ek my hele lewe in U hande kan gee en U kan vertrou vir elke sekonde op hierdie aarde. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00