DIE GROOT OES!

31 Oktober was Reformasie dag. Martin Luther het die 95 stellings aan die deur van die kerk vas geslaan.

Martin Luther het met die stryd voort gegaan maar hy het ’n vriend gehad wat vir hom gebid het. Martin het vir siele gesoek en die Evangelie van Geloof en Verlossing verkondig terwyl die vriend van hom in die klooster sou bly en vir hom bid. Die mense van sy dag het gesukkel om van hul sonde ontslae te raak en sodoende die reputasie van die kerk geskaad. Dit is slegs die priester wat ’n gedaante van Goddelikheid gehad het.

Dit het een nag gebeur terwyl sy vriend slaap dat hy droom. Hy het ’n baie groot ryp koringland gesien wat so groot was soos die wêreld en daar was een man wat uit gegaan het om die land te oes. In sy droom het hy die man se gesig gesien en dit was Martin Luther. Die vriend het die boodskap gekry – nie net een man kan gaan om die groot oes in te bring nie. Martin moet gehelp word.

Vriende , in die tyd waarin ons lewe is dit ook so. Talle mense verwag dat die Dominee of Pastoor ALLES vir die gemeentelid moet doen. Hulle moet die mense tot bekering bring, hulle moet die mense leer bid, leer Bybelstudie doen, leer getuig, leer………ens. Niemand kan dit alleen doen nie. Ons het mede kinders van God nodig om die werk te doen om ander te help. Ons kannie slegs met ’n gedaante van Godsaligheid lewe , die sekerheid verkry dat jy Hemel toe gaan en NIE bekommerd wees oor ander verlore siele nie. Elkeen het ’n taak om in die gemeente, by die huis of werk of sport mense vir die Here te wen asook hulle te help om te groei.  

LUKAS 10:2  Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

Sal jy bid?       Sal jy gaan vir die Here daar waar Hy jou geplaas het?

Baie sal eendag die woorde uiter:- Jer 8:20  Die oes is verby, die somer is ten einde, en óns is nie verlos nie!

GEBED

Here, ek is gewillig om saam ander kinders van God die oes in te samel. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00