DIE GOD VAN BEMOEDIGING

’n Pa was besig om gereed te maak vir werk vroeg die oggend. Sy twee jarige dogtertjie kom slaap-slaap na hom gestap en steek haar arms uit ,sodat hy haar kan optel. Pa tel haar op en vertroetel haar en druk haar vas teen sy bors. Rustig en verseker van pa se liefde raak sy weer in sy arms aan die slaap.

So is ons elkeen veilig in die arms van ons Hemelse Vader. Hy gee die rustigheid en is altyd gereed om ons in Sy arms te neem, solank ons net na Hom toe sal uitreik.

ROM. 15:5  “En mag die God van ………..bemoediging …”

God wil elkeen bemoedig met wonderlike waarhede. Ek noem ‘n paar:-

1.     God bemoedig ons met Sy getrouheid.   Deut. 7:9 / Deut. 32:4 /

               2 Sam.22:26 / Ps. 33:4 / Ps. 145:13 / Hebr. 13:5

2.     God bemoedig ons met Sy beskerming. Jos. 24:17 / 1 Sam. 30:23/

     Esra 8:31/ Ps. 37:28/ Ps. 116:6 / 1 Pet.1:3-5

3.     God bemoedig ons, omdat Hy ons verstaan. 1 Kron.28:9 / Ps. 103:13-14 / Jer. 15:15 / Luk. 15:17 – 24

4.     God bemoedig ons met Sy plan vir ons lewe. Ps. 40:5 / Jer.1:5 en 29:11 / Efes. 2:10 / 2 Tim. 1:8-9

5.     God bemoedig ons, want Hy troos ons. Jes. 66:10-13 / Ps.103:8 /          Jes. 61:1-3 / 2 Kor. 1:3-4

6.     God bemoedig ons met Sy geduld met ons. Ps.78:37-39 en Ps. 103:8-14 / Neh. 9:17 / 1 Tim. 1:16 / 1Petr. 3:9

Is dit ‘n moelike tyd in jou lewe? Kyk na die Here en sien dat Hy jou nie alleen laat nie, maar dat Hy jou bemoedig en versterk!

Kom jy net na Hom en steek jou arms uit en laat Hy jou vertroetel en liefde aan jou bewys. Rus jy in die Here terwyl Hy vir jou , jou sake hanteer en deure oop en deure toe maak?

GEBED.

Here, dankie dat U my bemoedig en versterk. Dankie dat U lief is vir my! Here, ek rus in U en wag dat U my sal begelei op die weg wat U van my verlang. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00