DIE EERSTE BILJOENêR!

Die man wat die eerste status as biljoenêr verkry het, was ’n man wat geweet het hoe om doelwitte te stel en hoe om dit te behaal. Hy was 23 jaar oud en ’n miljoenêr en toe hy 50 jaar oud is, was hy ’n biljoenêr. Elke besluit , gesindheid en verhouding was aangepas om sy persoonlike rykdom en invloed te verbeter.

Hierdie ryk man het op 53 baie siek geword.

Sy hele liggaam het gepyn en hy het al sy hare verloor. In hewige pyn kon die wêreld se enigste biljoenêr enige iets koop maar al wat hy kon eet is melk en koekies. Iemand wat hom baie goed geken het, het gesê:- “ Hy kan nie lag , hy kan nie slaap en niks het meer vir hom saak gemaak nie.” Al die hoogs gekwalifiseerde dokters het gesê dat hy binne ’n jaar sal sterf en dat hulle vir hom niks kan doen nie.

Die jaar het pynig stadig verby gegaan. Een oggend het hy wakker geword en al wat hy van ’n droom kon onthou was, dat alles wat hy in die wêreld bymekaar gemaak het, kan hy nie met hom saam neem nie. Hierdie man wat die wêreld se besigheid beheer het, het besef dat hy nie meer in beheer van sy lewe is nie. Hy moet ’n keuse maak.

Hy het al sy prokureurs, boekhouers en bestuurders geroep en beveel dat al sy bates na hospitale, navorsing en sending onmiddelik bemaak moet word. Daardie dag het John D. Rockefeller se besluit veroorsaak dat penisillien ontdek is, ’n oplossing vir malaria, tuberkulose en talle meer.

SPREUKE11:28  Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

DEUT. 8:18  Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe,

GEBED

Vader, dankie dat ek kan vra dat U vir my net genoeg sal gee sodat ek nie teen U sondig nie. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00