Moet nooit as

’n familie saam eet nie. Moet nooit as ’n familie weekliks of maandeliks gereelde uitstappies onderneem nie. Tug jou kinders in die openbaar en moet hulle nooit aanmoedig en bemoedig nie. Praat met jou kinders en nooit saam met hulle nie en moet nooit na hulle luister nie. Los altyd jou kinders se probleme op en maak besluite vir hulle. Laat die skole en kerke jou kind se morele opvoeding doen – moenie as ouer die verantwoordelikheid neem nie. Laat jou kind nooit die ondervindings van koue, uitputting, seer kry, frustrasie, ontmoediging, ens. beleef nie. Dreig jou kinders gereeld. Verwag van jou kinders om altyd die beste in hul skoolwerk te wees. Tel altyd alles agter jou kinders op en moenie dat hulle verantwoordelikheid neem nie. Ontmoedig jou kinders om oor hulle emosies te praat. Wees altyd oorbeskermend en moenie dat hulle die gevolge van hul dade leer nie. Laat jou kinders altyd ervaar – hulle foute is sonde. Ignoreer kinders wat vra “HOEKOM?” en sê altyd: ” Omdat ek so sê!” Begelei jou kinders dat hulle altyd dink jy is reg en volmaak. Hou jou huis se atmosfeer altyd in chaos. Moet nooit jou kinders vertel hoe lief jy vir hulle is nie. Moet nooit jou kinders druk en liefde betoon nie. Verwag altyd die ergste en moet nooit vir hulle die voordeel van die twyfel gee nie. Moet nooit jou kinders vertrou nie. KOL. 3:21 “Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.” TITUS 2:4 “sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,” GEBED Vader, stel my instaat om my kinders te bemin, te wen vir U en waar ek fouteer dit reg te kan maak voor U en hulle? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00