Skriflesing: Psalm 11:1-7

Teks:   Psalm 11:1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos ‘n voël!

Tema: Moenie kleingelowig wees nie

Hierdie Psalm gee jou n kykie na kennis wat mense opdoen deur jare se ondervinding.

Geloof word gebou op kennis, en kennis kom deur jare se inligting en ondervinding.

Dawid was al in verskillende periodes van sy lewe in baie situasies waarin ons as Kinders van God ons onsself ook gereeld bevind. Of ons nou ryk of arm, slim of dom is.

Dit waarmee ons almal in ons hart worstel

Die mense wat dit vir ons moeilik of maklik maak

Omstandighede wat ons laat wonder oor baie.

Skielike ramp of krisis wat ons verslae laat.

Hierdie Psalm skryf Dawid toe hy vir Saul gevlug het wat hom soos n voel gejag het in die berge.

Sy bietjie vriende wat hy het, het hom aangemoedig om na die berge te vlug weg van Saul af.

Dawid verkies egter om sy vertroue in die Here te stel.

Wie begeer nie om soos Dawid te wees?

Sonder die stryd en sonde met n vrou.

Hierdie Psalm noem Charles Simeon “The song of the stedfast”

Om n lied in stryd te kan sing, is standvastigheid

Om n lied te sing terwyl alles om jou vergaan.

Ons kan die Psalm in twee dele verdeel nl.

1)      :1-3 Die versoekings wat sy geloof toets

2)      :4-7 Die Persoon waarop hy sy geloof bou

Kom ons kyk na die boodskap van die Here aan ons:

Moenie kleingelowig wees nie

Verlede week gesien ons kan God nie behaag sonder geloof nie.

Terwyl ons Vrydagoggend bid, het ons Psalm 11 gelees, en het dit lewendig geword in my hart om daaroor te preek.

Hierdie week se die Here ons moet nie kleingelowig wees nie.

Net soos in die lewe van Dawid siwn ons:

Die toetse wat oor ons kom.

Terwyl ons op hierdie aarde is, sal die toetse om ons geloof te toets nooit ophou nie – Glo dit liewe vriende, en aanvaar dit.

Om in geloof te lewe vat nie die toetse weg nie.

Dit is net kleingelowiges wat glo alles moet altyd net met my goed gaan as ek net glo.

Kyk wat gebeur met hulle as die stryd kom.

Wat is hierdie toetse waaraan ons geloof getoets word?

Ons vind dit in die eerste drie verse:

a)      Die raad van mense wat omgee :1

Mense wat genade aan my wil bewys en wil help.

1:1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê (say ye to my soul): Vlug na julle berg soos ‘n voël!

Al is ons vriende hoe dierbaar, kan hulle n struikelblok wees met hulle humanistiese raad.

Petrus het ook gedink om Jesus te help om nie gekruisig te word nie.

Mat 16:23  “Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.”

Die raad van mense dompel my soms dieper in hartseer, en groter probleme weg van die Here af

Psa 146:3  “Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.”

Hoor wat se Dawid “how say ye in my soul”

Dit was toe Dawid nog in die paleis saam met Saul was, kom die raad van mense wat hom wil help teen Saul. Maar hierdie raad raak hom in diep in sy siel. Dit raak nou n stryd in sy binneste

Hy het dan nie eers vir n leeu, beer en Goliat gevlug nie.

Logika se, vlug soos n voel na jou berg.

Moenie kleingelowig wees nie. Die raad van mense laat jou baie in n sielestryd.

Vlug na “julle” berg.

Jy is magteloos teen hierdie aanslag op jou.

Moenie kleingelowig wees nie, en neem Dawid se woorde ter harte “By die Here skuil ek”

b)      Die genadeloosheid van mense :2

Die toets as goddelose mense my vervolg en afbreek.

Moenie kleingelowig wees nie!

:2 Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.

Sonde het sy eie ingeboude straf. Hier word gepraat van die opregtes van hart. Waar ek kan se “Ek is my van geen ding bewus nie”

Die goddelose se boog is gespan en skiet skielik en onverwags.

2Ti 3:12  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

Mense wat daarop uit is om jou te verwoes

Hoeveel bedrog, oneerlikheid en ongeregtigheid is daar nie vandag nie.

Doelbewus om die regverdige leed aan te doen:

“span” “reggesit” “skiet”  wys dit is beplan

Moenie kleingelowig wees nie, hulle is goddeloos. Hulle kan nie anders as om so op te tree nie. Hulle vader is so.

c)      Die fondamente wat omgegooi word :3

As daar niks is om op te staan wat vasstaan nie, word my geloof getoets.

:3 As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?

Wat is die fondament waarop ons bou?

1Kor. 3:11,12  Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—

Die fondament word afgebreek as mense Jesus plus of Jesus minus verkondig.

Wat het ek sonder Jesus al het ek n kerk, Bybel, teologiese graad…….

Wat het ek as ek se ek moet nog sekere wette nakom, moet eers gedoop word, moet in tale praat, …….

Die vyand laat ons deur die plus Jesus of minus Jesus twyfel oor die liefde en genade van Jesus ons verlosser

Besef u in watter dilemma ons verkeer, en hoeveel kleingelowiges daar is as gevolg van wat vandag van kansels af vir mense geleer word

Hoeveel mense is bewus van die Emerging Church

Reaching the present generation with the gospel of Jesus Christ is a challenge for pastors today. Young people growing up in the 21st century have a completely different worldview than their parents. Education and society in general have programmed their minds so that they believe there are no absolutes. Wrong can be right, and right can be wrong. It really doesn’t make any difference!

So how does the gospel of Jesus Christ rate in a postmodern society that claims the word truth should have remained in the dark ages? Since this generation has now been enlightened, how do you tell a sinner he or she needs a Savior?

For pastors who are looking for numbers and attendance as a sign of success, the Emerging Church is the answer. The Emerging Church has a whole new way of looking at Christianity. Rather than dwelling on sin, death, and hell, the Emerging Church promises peace, hope, and sensual experience. Rather than being concerned about spending eternity with Jesus, the Emerging Church promotes the kingdom of God here on earth and right now.

This is why Christianity, according to Emerging Church proponents, must be reinvented. Those who try and warn that such a view can easily lead to apostasy are labeled narrow-minded, old-fashioned, “resistors or “haters” who need to be silenced. – “Faith undone – Roger Oakland

Wat sal die regverdige doen?

Moenie kleingelowig wees nie:

Die Persoon op wie ons ons geloof kan bou

Dit is so ooglopend, en tog kyk ons by die woorde verby waarmee elke vers begin “Die Here… Hy sal…”

Ou herlewingslied “When we walk with the Lord in the light of His Word, what a glory He sheds on our way. While we do His good will, He abides with us still, and with all who will trust and obey……. Trust and obey, for there is no other way to be happy in Jesus, but to trust and obey”

a)      Die Here is :4

:4 Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.

Hy is die Alomteenwoordige, Alwetende, Almagtige wat alles sien  Dit maak nogals dat ek anders optree as ek weet iemand is daar om my te help.

As my geloof is in wie Hy is, kan dit mos nie klein wees nie. Hoe kan ek kleingelowig wees? Al is ek niks in mense se oe, en ek voel niks werd, sien hy my raak. Sy oe sien tot in die diepte van my hart

Gesang 10 “GROTE GOD AAN U DIE EER, HEERLIK IS WAAR U REGEER”

Kyk hoe beskryf hy die Here wie Hy is:

“Die Here is in Sy Heilige paleis”

Dit is waar ek Hom moet ontmoet – Hy is heilig

“die troon van die Here is in die Hemel”

Dit is vanwaar Hy regeer en instruksies gee

“sy oe sien”

Dit is wat my vrymoedigheid en moed gee teen die vyand

“sy ooglede toets die mensekinders”

Almal gaan nie deur as regverdiges nie, die Here toets die mens. Waarvoor staan die SABS merk? Dit is getoets en dra die merk van kwaliteit.

Daarom die volgende gedagte:

b)      Die Here toets :5

:5 Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.

Besef ons wat ons kan wees en doen as Hy ons getoets het?

Hy toets ons:

1) dat ons onsself kan leer ken

2) dat die wereld ons kan leer ken as mense wat staan

Kyk die groot toets van Abraham wat sy seun moes offer.

Suiwer goud kan vir jare in die vuur bly sonder om enige waarde, glans en n atoom van gewig te verloor . Die vuur wat die eike tot as brand, die marmer tot stof en yster in roes, het geen invloed op die suiwer goud as om dit net helderder te laat skyn hoe warmer die vuur.

Die toets is nie om te verbrand, maar te verlig.

Toe n sekere vrou as MARTELAAR OP DIE BRANDSTAPEL besig is om te brand, sing sy – “I HAVE DECIDED TO FOLLOW JESUS, NO TURNING BACK, PRAISE THE LORD” Die regverdige vrees nie die toetse van die REGVERDIGE.

MOENIE KLEINGELOWIG WEES NIE, DIE HERE TOETS JOU

c)      Die Here sal :6

:6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en ‘n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.

 As die Here hulle haat, vrees ek hulle nie. Hy sal hulle oordeel

“vangnette”

Hulle sal nie wegkom met hul onreg aan my

“gloeiende wind”

Verwys na n wind wat in die Arabiese woestyn waai met die naam “Simoon” wat beteken Storm wat brand en verwoes.

Waarom sal ek hulle vrees wat eendag in die Hel gaan brand?

Esegiel 38:22 “En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.”

Luister: Die Here sal doen wat hy se, jy hoef Hom nie te vra om dit te doen nie.

d)      Die Here het :7

:7 Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.

Geregtigheid in kort is REG. Hy het lief wat reg is.Gaan lees Romeine en kyk hoeveel keer kom die woord voor. Dit beteken om reg te wees met God, God het sulke mense lief.

Dit sal net gebeur deur die versoening van Jesus Christus.Ek kyk op na Hom wat my liefhet in Christus – omdat ek met God versoen is deur die Kruis.

Wat sal die wat reg is met God sien? Aan die einde, laaste woorde:

“Die opregtes sal Sy aangesig sien”

Hoe kan ons dan kleingelowig wees, al is ons klein met niks om in te roem nie.

Ek lees n aangrypende ware verhaal wat iemand uit Kanada vir my per epos gestuur het.

Op 18 Nov 1995 het Itzhak Perlman die violis op die verhoog van die Avery Fisher Hall in die Lincoln Sentrum in New York  City geklim. As jy al by n konsert van hom was, sal jy weet dat vir hom om op n verhoog te klim, nie iets kleins is nie. Hy het polio in die ergste graad gehad as kind en moet met krukke oor die weg kom met ysters om sy twee bene. Om hom te sien loop op die verhoog tree vir tree, stadig en pynvol is nogals n gesig om te aanskou. Hy loop stadig en tog statig tot by sy stoel. Dan gaan sit hy stadig, sit sy krukke op die vloer, maak die gespes aan sy bene los, skuif sy een voet agter toe en die ander vorentoe. Dan buk hy af en tel sy viool en strykstok op, sit dit onder sy ken, knik vir die dirigent en begin om te speel.

Die gehoor is gewoond aan die ritueel. Hulle het in doodse stilte hom dopgehou tot op hierdie stadium, in afwagting vir al die mooiste klanke. Toe loop daar iets verkeerd. Een van die vier snare skiet soos n geweer se skoot deur die gehoor. Almal het geweet wat dit beteken. Wat nou?

Hy sal die hele proses van voor moet begin, bene vasmaak, krukke optel, afgaan en weer terugkom. Maar hy het nie, hy het vir n oomblik stil gesit, sy oe toe gemaak en vir die dirigent gewys om weer te begin.

Die orkes het begin speel, en hy het gespeel waar hy opgehou het met groter passie en suiwerheid as wat hulle hom ooit tevore gehoor het.

Almal weet dit is onmoontlik om n simfonie net met drie snare te speel, maar Itzhak Perlman het geweier om dit te glo. Hulle het hom sien veranderings maak en oor komponeer terwyl hy speel. Dit het soms geklink of hy sy viool instel om ander geluide uit hom te kry. Toe hy klaar is, was daar n doodse stilte in die gehoor, toe staan hulle en gee hom buitengewone applous.

Almal was op hulle voete in groot waardering wat hy bereik het.

Hy het geglimlag, die sweet van sy voorkop afgevee, sy strykstok gelig om hulle stil te maak, en sonder om te roem gese “ “You know, sometimes it is the artist’s task to find out how much music you can still make with what you have left.” 

Wat n stelling om te maak! Hier is n man wat sy lewe lank musiek maak op vier snare ,en in die begin van die konsert homself net met drie bevind. Hierdie musiek was mooier, kosbaarder, onvergeetliker as enige van al die ander op vier snare. 

In ons lewe wat dinge so skielik verander en die fondamente omgegooi word, kan ons met wat ons het baie meer doen met wat ons het as ons nie kleingelowig is nie.

Niemand kan se dit is maklik nie, dit is n sielestryd.

Dit hang af of jy met dit wat jy het die groot God gaan vertrou: die EEN wat  Alomteenwoordig is,  wat die regverdige toets, wat sal beskerm en wat lief het.

MOENIE KLEINGELOWIG WEES NIE

MOENIE OM JOU OP DIE AARDE KYK NIE

KYK OP BOONTOE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00