I SAMUEL

 

 

INLEIDING

Die Eerste boek van Samuel is die eerste van drie dubbel boeke van die Ou Testament nl: 1 en 2 Samuel, 1 en 2 Konings en 1 en 2 Kronieke. Saam vorm hulle `n volledige afdeling. Daarin word die reis en val van die Israel monargie opgeteken. In die Hebreeuse manuskripte vorm I en II Samuel een boek en ook I en II Konings en I en II Kronieke. Die opdeel in twee boeke elk kom van die Septuaginta vertaling van die Hebreeuse geskrifte in Grieks wat vermoedelik in die jaar 3 VC gedoen is. In die Septuaginta vertaling word I en II Samuel en I en II Konings die eerste, tweede,derde en vierde boeke genoem van die Koninkryke . ( Koninkryke bedoelende die Koninkryke van Juda en Israel.

Die Latynse Vulgate vertaling, van die Bybel in Latyn, 4 NC gaan voort met die Septuaginta skeiding van Samuel en Konings in twee boeke elk, maar noem dit die eerste, tweede, derde en vierde boeke van die Konings(nie Koninkryke nie) Soms in sekere vertalings word na I Samuel verwys as die eerste boek van die Konings en so word ook II Samuel en I en II Konings ook soortgelyk genoem. Later is hierdie verwysings uitgelaat.

Sommige het die verdeling in twee boeke betreur, maar dit het groot meriete. II Samuel is `n boek oor Dawid se 40 jaar Koningskap en dit is goed dat so `n onderskeiding gemaak word – `n boek op sy eie gemaak is. I Samuel merk ook `n periode af, wat begin by die geboorte van Samuel ( die laaste van die Rigters) tot by die dood van Saul (die Eerste van die Konings). Dit dek `n tydperk van 115 jaar.

Vir interessantheidshalwe is I Samuel ongeëwenaard, nie alleen bevat dit baie relevante geskiedenis nie, die geskiedenis is verweef met die biografieë van drie kleurvolle persoonlikhede nl. Samuel, Saul en Dawid. Daarom is die hoofstukke gegroepeer in:

Hoofstuk 1-2 – Samuel

Hoofstuk 7 – 9 – Saul

Hoofstuk 16 – 31 – Dawid

Die drie oorvleuel want Samuel leef vêr in Saul se heerskappy in en sien ook vir Dawid as Koning, terwyl Saul sy Koningskap voortsit tot Dawid 30 jaar oud is. In die eerste 7 hoofstukke is Samuel die prominente persoon. In die volgende agt hoofstukke is die fokus op Saul en Samuel is op die agtergrond. In die daaropvolgende hoofstukke is Dawid die hooffiguur al is Saul steeds daar.

 

SENTRALE TEMA EN KENMERK

I Samuel is die boek van die oorgang van Godsregering na Monargie (Koning) en die boek van die besondere manne , Samuel (laaste Rigter), Saul (Die eerste Koning) en Dawid (die Grootste Koning) As ons dit onthou behoort ons nie die sentrale geestelike boodskap van die boek te vergeet nie . God het Israel tot `n unieke verhouding geroep met Homself en God self was Israel se onsigbare God. Deur ongehoorsaamheid bring hulle straf oor hulleself van tyd tot tyd. Later blameer hulle dit op die afwesigheid van `n Tasbare menslike Koning, net soos die omliggende lande en volke gehad het. Hier word daar aanspraak gemaak op so `n “Koning”

In Hoofstuk 8 word dit opgeteken waar die volk agteruit beweeg deur hulle eie verwagting/verlange na `n aardse Koning. Dit was die tyd van menslike wysheid en nie Geloof in GOD nie. Hulle neem die slegter deel nie die beste nie(daar is `n groot verskil tussen die twee) Die mense het gedink dat dit hulle lewens drasties sal verbeter as hulle `n aardse Koning gehad het soos die volke rondom hulle, maar hulle het `n fout gemaak. Die Koning wat hulle verlang het bring ander en meer probleme. Die sentrale boodskap is dus: Probleme vermeerder deur die oënskynlike makliker maar ondersgeskikte weg te kies van menslike wysheid in plaas van GOD se weg.

Ons gaan nou na die drie uitstaande manne kyk waar rondom hierdie verhaal geweef is. Die eerste is Samuel.

SAMUEL

As `n karakter studie het Samuel min gelykes, en as `n faktor in die vroë groei van sy volk word hy slegs deur Moses geëwenaar. Tydens die bediening van Samuel kom die AARDSE Koningskap ter sprake. Van hier af sien ons Israel onder beheer van Konings. Behalwe dit is die verskyning van Samuel die begin van `n profetiese bediening.

Samuel “skep” die” skool” van die profete en begin die profetiese orde. Met ander woorde hy is die eerste van die profete en die onderskeiding is duidelik uit die NT – Hand 3:24 – “ En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig” en Hand 13:20 – “ En daarna omtrent vierhonderd-en vyftig jaar lank het Hy rigters gegee tot op Samuel, die profeet” Sien ook Heb 11:32

Samuel is daarom `n besondere figuur, hy eindig die tyd van die Rigters en hy lei die era in van profete, Hy begin die eerste groot opvoedkundige beweging in die volk, hy plaas Israel se eerste Koning op die troon en salf later vir Dawid as Koning, die grootste van Israel se Konings.

SAMUEL SE TYDIGE VERSKYNING

Israel se opleiding/opvoeding was merkwaardig. Die stamme word groot temidde van die omstandighede in Egipte waar Egipte alles oorheers. Daarna onder kundige leiding van Moses verkry hulle die Wet, wat hulle begin voorberei in burgerlike en administratiewe sake en wat basiese fundamentele beginsels van moraliteit insluit. Moses maak `n groot indruk op die volk, maar hulle was nie op dieselfde vlak as hy nie. Skaars was Moses nie meer daar nie, en die mense wend hul tot sonde. In plaas van dit te doen wat God vir hulle beplan het sak hul laer en laer soos gesien word in Rigters, totdat die volk by `n punt kom waar dit wou disintegreer.

Die Filistyne en ander immigrante met wapens uit Griekeland het Israel geteister. So kon Juda nie die seekus inneem nie in die vroër tyd nie. ( Rigters 1:18 – 19) Die volk se onafhanklikheid word bedreig en net toe dit lyk of die volk uitgewis sou word verskyn Samuel. Dit was tydens `n hopelose toestand en Samuel stop die verrotting/verval en bou die volk op tot `n ordelike en vooruitstrewende koninkryk en stel die standaard waarop vooruitgang gebou moet word. Die pad is lank en moeilik maar God wil Sy volk sien as onderwysers vir die wêreld.

SAMUEL SE OPVOEDKUNDIGE WERK

Samuel het dit op hom geneem om die volk geestelik op te voed en te leer ten opsigte van ordelike regering. Dit was die grootste behoefte. Die fondament daarvoor was die herstel van die morele en geestelike lewens van die volk. Dis die begin punt vir almal. Hy was wyser as om net op sy eie vermoëns/invloed staat te maak. Om sy volk te red moes daar instellings wees wat voortdurende druk uitoefen en die mense beweeg, hoër na `n ander vlak, met God. Om dit te doen het hy sekere skole begin. Hier is mense geleer om God te aanbid en van die Godellikke natuur. Samuel was beperk deur Israel se lae vlak van opvoeding/opleiding. Die patetiese mislukking van Koning Saul bewys dit en regverdig Samuel se huiwering om `n Koning daar te stel.

Die skole wat hy begin het was nodig om sy volk voor te berei vir leierskap. Die volk is geleer om te lees en te skryf en kennis op te doen. Die groep wat volg sluit Dawid in en die meeste van sy leiers. `n Stelsel van Nasionale onderwys begin en positiewe gevolge word opgemerk en strek tot voordeel van die wêreld, selfs tot vandag toe nog. Behalwe dit sou die Bybel uit die pen van geïnspireerde manne nie moontlik gewees het nie. Samuel se skole lei ook tot Jesaja en sy opvolgers se geleerdheid. Beide die OT en die NT is grootliks te danke aan Samuel se opvoeding.

Samuel se ander groot taak was die skepping van die Koninklike regering, hier was hy ook vêr voor sy ouderdom. Hy was onwillig aangesien die tyd volgens hom nog nie ryp was nie. Die daarstelling van `n monargie vereis `n opgevoede volk en Saul kon nie lees of skryf nie. Hy was dus nie geleerd nie, en word wat Samuel nie wou gehad het nie. Samuel het Koninklike mag gesoek in `n leek. Hy was egter gehoorsaam aan God. Eers met Dawid was daar `n kundige en geleerde man gereed vir die Koninklike troon.

Desnieteenstaande Dawid se foute, het hy homself nooit bo God se wette geplaas nie, of dit te gebruik vir sy eie persoonlike doeleindes nie (anders as Saul)

Dit maak van Samuel `n groot man in God se plan.

I SAMUEL

OORGANG VAN GODSREGERING NA AARDSE KONINGSKAP

SAMUEL: DIE LAASTE VAN DIE RIGTERS ( 1-7)

Sy geboorte en jeug – (1,2)

Sy roeping en bediening (3)

Sy lewe en sy handelinge(4-7)

 

Samevatting: (7:15-17)

SAUL: DIE EERSTE VAN DIE KONINGS (7-15)

Sy aanwysing as Koning (8-10)

Sy goeie begin (11-12)

Sy mislukking en sonde (12-15)

 

Verwerping: (15:23,28,35

DAWID: DIE GESALFDE OPVOLGER (16-31)

Sy salwing deur Samuel (16:1-13)

Sy diens voor Saul (16:14-20)

Sy jare as vlugteling (21-30)

 

Dood van Saul (31)

Volgende week as God wil: Oorgang van Rigters na Konings(versoek, reaksie, gevolge), Saul die eerste Koning, sy eerste belofte, sy afdwaling, sy finale mislukking, hy wat dood is en steeds spreek, Dawid se heerskappy, die skeiding, Dawid se lewe, Dawid se eed ens.

EERSTE BOEK VAN SAMUEL (2)

Soos ons reeds gesê het is die eerste boek van Samuel die boek van oorgang van die Teokrasie na die Monargie en dit sal raadsaam wees om dit te onthou terwyl ons `n breë oorsig probeer kry oor die Bybel. Die boek handel oor drie figure nl. Samuel, Saul en Dawid. Ons het reeds na Samuel gekyk, laas week – hy was die laaste van die Rigters en ons kyk nou na Saul die eerste van die Konings. Ons moet let op die oorgang van die Rigters na die Konings. Die storie van Saul se lewe kan in een sin opgesom word nl. 1 Sam 26:21 – “ toe sê Saul: Ek het gesondig; kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer doen nie, omdat my lewe vandag kosbaar was in jou oë, kyk, ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan” In Engels lees dit : I played the fool, die storie van sy lewe.

OORGANG VAN RIGTERS NA KONINGS

Die versoek

Die oorgang kom as gevolg van die volk wat aandring om `n koning te hê. I Sam 8:4-5 – “toe kom al die oudstes van Israel bymekaar en stel nou `n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies” Dit is deur die oudstes bedink en besluit, hulle wat al die jare besluite namens die volk moes neem. Hulle was opsetlik en het die saak oordink, maar hulle was verkeerd. Hulle oë was weer weg van God. Die versoek was nie die gevolg van gebed nie, hulle hou `n oudste vergadering in plaas van `n gebedsvergadering! Hulle neem die stap agteruit ipv om met God te besluit.

Die reaksie

Samuel was ongelukkig daaroor. Sam 8:6 – “ Maar die woord was verkeerd in Samuel se oë…” God troos Samuel en sê vir hom dat die mense hom nie verwerp nie maar vir God. Hulle het God verlaat vir ander gode en doen dit ook met Samuel. In vers 22 – “ Toe sê die Here vir Samuel: Luister na hulle en stel `n koning oor hulle aan.”

Drie dinge waarvan ons kennis behoort te neem a) die eerste is die verval van Samuel se seuns, b) die motief was dat die volk soos ander nasies kon wees en c) die dieper mening was dat Israel nou die Goddelikke drie eenheid verwerp het. Alles is hierdeur besoedel omdat hulle soos mense van die wêreld wou wees. Hulle wou steun op dit wat menslik is(sigbare) in plaas daarvan om op die onsigbare God te steun.

Die gevolg

Die mense eis die reg om hulself te regeer. Hulle bring self die oorgang van die Teokrasie na die Monargie (Koning) God gee vir hulle wat hulle vra. Israel was moeg vir `n teokrasie waar hul vrede en geluk afgehang het van hulle korrekte optrede. Moontlik het hulle gedink dat die Koning vir hulle verligting sou bring van hierdie vereiste. Deur vir hulle `n koning te gee bewaar God die morele beginsels van die volk deur so vêr as moontlik die beginsels van die teokrasie te bewaar in die koningskap.

Die koning is direk verantwoordelik aan God en die mense is nie minder verantwoordelik aan God deur hierdie stelsel nie. Die Koning sou nie outokraties wees nie maar Teokraties. Die Profeet en die Priester was deel van die koninklike “Teokrasie” in hul amptelike hoedanigheid, maar as mense is hul onderhewig aan die Koning. Teokratiese verantwoordelikheid het steeds bestaan deur die Monargie maar absolute Teokrasie het verdwyn.

Opmerkings

Ons kan die gevoel van Israel verstaan in die lig van probleme wat op die horison was – die Filistyne en Ammoniete was op hul drumpel en geen oënskynlike aangewese leier was beskikbaar nie. Hulle wou graag verder `n eie staat en eer hê met `n Koning vir hul eie land – maar die planne was verkeerd. Die mense se versoek/soeking na `n koning was reeds deur God voorspel in Deuteronomium 17:14-20. Die oudstes van Israel moes die gedeelte geken het maar hulle het nie die aangesig van God gesoek in die saak nie. Hoofstuk 8:11-20 – hier waarsku Samuel hulle oor die moontlike gevolge: die koning sou hul seuns en dogters vat, hul oeste en landerye asook `n tiende van al hul opbrengste en veë.

 

SAUL DIE EERSTE KONING

Saul is een van die mees indrukwekkende maar ook tragieste persoonlikhede in die OT (Ou Testament) Hy is in sommige opsigte baie groot en in ander baie kleinen in sekere omstandighede is hy in beheer en aantreklik en in andere is hy lelik. Hy begin so goed maar faal so teleurstellend en eindig so aaklig. Dis die pad wat almal loop wat nie op God en Sy Woord ag slaan nie. Daar is drie fases van Saul se lewe nl. i) Hy toon vroeë belofte, ii) Sy latere afdwaling, iii) Sy finale mislukking

Hy toon vroeë belofte(Hfst 9-12)

Eerstens = Nooit vantevore het `n jong man soveel belofte getoon en soveel moontlikhede vir sy lewe gehad nie soos Saul. Nie alleen het hy uitgestaan as `n indrukwekkende en sterk persoon nie maar is hy ook beskryf as: mooi gebou, onder die kinders van Israel geeneen mooier as hy nie, van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk. Hy was lank, gesond en mooi. Toon so baie belofte.

Tweedens = hy toon groot kwaliteite van aard/inbors – 1 Sam 9:21 – (klein) nederigheid en 10:22- kruip weg tussen die pakgoed (skaam), 1 Sam 10:27 – beskeie (hou hom doof), 1 Sam 11:13 – genadige gees, 1 Sam 9:5 – neem sy vader in ag, 1 Sam 11:6 en 11 – sy dapperheid en empatie, sy vermoë om lief te hê – 1 Sam 16:21, 1 Sam 28:3 – sy teenkanting teen spiritisme.

Derdens = God gee vir hom spesiale toerusting. 1 Sam 10:6 en 9 – verander hom, gee hom `n ander hart, 1 Sam 10:10 – Gees van God kom op hom sodat hy geprofeteer het, 1 Sam 10:26 – God stuur helde met hom saam wat se harte Hy aangeraak het. Hy het vir Samuel die vertroueling aan sy, sy, 1 Sam 11:12-13 – God gee vir hom `n grootse militêre oorwinning om sy regering in te lei. Hierdie was die jong Saul – die man van groot verwagting, natuurlik mooi, sterk en nederig en deur God met bo-natuurlike krag beklee. Dit was `n kans in `n miljoen vir `n man in `n miljoen. Hy was geroep na Koningskap en was wettig koning. Hy is geroep na Teokratiese koningskap en God het hom bo-natuurlik toegerus daarvoor.

Watter vooruitsig vir `n heerskappy saam met God!

Sy latere afdwaling

Die mooi en die belofte vroeg in Saul se lewe gaan oor in `n lug vol onweerswolke. Hy dwaal weg van God, verval, gaan agteruit, en is `n ramp. Die grote held val en verander in `n patetiese persoon wat homself om die lewe bring.

Sy eerste afdwaling het vroeg reeds gebeur – Hfst 13 – Saul bring self die offer, hy is ongeduldig terwyl die vyand voor die deur lê. Hy verwerp die Teokratiese koningskap. Die volgende afdwaling volg kort hierna – 1 Sam 14 – Saul tree toe tot die geveg sonder om God te raadpleeg en belowe die doodstraf vir enigeen wat iets eet. Dit het die gevolg dat sy manskappe te swak was om die oorwinning te beklink. Sy manskappe eet vleis met bloed. Jonatan kom onder die doodstraf deur sy optrede. Die volk koop hom los. In hfst 15 kom die grootste val in die vorm van ongehoorsaamheid en verraad – Saul moes al die Amalekiete met die banvloek tref, hy hou van die veë oor en God verlaat vir Saul ( “ die Gees van die Here het van Saul gewyk”) `n Bose gees verskrik hom. Hy jag vir Dawid en probeer hom 21 x dood terwyl hy weet Dawid gaan koning word. Hy veg maw teen God.

Saul se finale mislukking

Sy laaste tragiese optrede in die jammer drama van die man word in Hoofstuk 28 -31 beskrywe. Sy verval en terugval bring hom by die heks van Endor as `n bittere en verlate ontsnapte – weg van God. Die eens deur God toegeruste man, beweeg nou in die onderwêreld in die nag met die heks en pleeg selfmoord die volgende dag. Sy finale val deur heksery en selfmoord. Hy val met Jonatan aan sy sy. Wat was sy ondergang? Sy eie wil. Sy vlakke van verval gaan deur vier fases: sensitiwiteit oor homself, dan vertroue in homself, dan selfgesentreerdheid en dan selfvernietiging.

 

HY WAT DOOD IS EN STEEDS SPREEK

In hartseer maar harde tone spreek Saul steeds tot die mensdom en dit sal ons baat om te luister.

Hy sê eerstens: dat ons om `n ware vervullende lewe te lei gehoorsaam moet wees aan God se wil. Saul was bedoel om `n Toekratiese Koning te wees nie een van absolute mag vir/uit homself nie, die laaste woord moes nie van hom kom nie. Hy was gesalf. Net so is ons nie die eienaar van ons eie sake nie, ons is God se eiendom! Dis bedoel om `n Teokrasie te wees nie `n monargie nie. Sommige mense “plays the fool” – speel met God.

Tweedens sê hy: Om die self (eie ek) te dien en die oorhand te laat kry in my lewe is om die beste van God se deel te mis en met die slegste vrede te maak. Die Filistyne was nie Saul se grootste vyand nie, hy was sy eie grootste vyand. Hy wat sy eie self die oorhand laat kry, vul sy sig en verblind homself vir dit wat waar is en Goddellik is. Almal wat net vir hulself leef, ten koste van God “plays the fool with God” – speel met God asof hy `n mens is. Saul het alles gehad maar steeds faal en val hy baie hard. Ons moet kennis daarvan neem. Wonderlike geleenthede maak nie die man nie en spesiale seëninge van God maak ons nie immuun daarteen om uit God se wil uit te beweeg nie of om met God se genade te speel nie.

Dit dui dat ons nie ons vriende moet versaak nie, nie sonder om God te raadpleeg moet optree nie, nie God in klein sake te verontagsaam deur ongehoorsaamheid nie, of ons ongehoorsaamheid te probeer verduidelik nie en nie moet haat of jaloers moet wees nie!

Neem my wil en maak dit U eie, Heer;

Dit is myne nie een oomblik langer.

Neem my intellek, en gebruik

Alle mag en krag om my te verander

Soos dit U behaag!

2 SAMUEL

Die boek van Dawid se heerskappy. Die boek begin by Dawid se troonsbestyging in Juda (net na Saul se dood) en eindig net voor Dawid se dood toe hy oud en vêr in die jare was. Die boek dek `n tydperk van 40 jaar, wat die tydperk van Dawid se heerskappy was. In Hebron 7 jaar en ses maande en 33 jaar oor beide Israel en Juda.

 

OUTERSKAP

Oor die outeur van II Samuel is daar onsekerheid maar die ou siening dat Samuel self vir die eerste 24 boeke van I Samuel verantwoordelik is, word gehandhaaf, terwyl die res daarna deur die Profeet Natan en die siener Gad geskryf is. (I Kronieke 29:29-30) Onthou dat I Samuel en II Samuel oorspronklik een boek was, voor die Septuaginta vertaling. Sommige beskou die skeiding in twee as onnodig en sonder rede, maar daar is `n spesifieke voordeel, want dit baken die buitengewone regering van Dawid af en dui op sy uitstaande karakter wat spesiale studie verg van ons. Dawid was die regte stigter van die monargie, die her-organiseerder van Israel se godsdienstige aanbidding, die voortreflike, die heerser en die digter van sy volk. Soos sy heerskappy aangaan op die troon van Juda tot by die gevangenskap, en die beloofde Messias sou uit Dawid voorkom is dit nie vreemd dat so baie klem op hom geplaas word nie.

 

DIE TRAGIESE SKEIDING

Volgens Matthew Henry is II Samuel in twee hoofdele opgedeel. Dit kan nie betwyfel word nie. Dawid se groot sonde in Hfst. 11 bring hierdie skeiding. Dit is in die middel van die boek en begin in die middel van Dawid se veertig jaar heerskappy waar dit aan die einde van ongeveer 20 jaar plaasvind. Tot op hierdie punt gaan alles voortreflik vir Dawid, maar hierna is daar lelike knope en komplikasies en tragiese gebeure. In die eerste gedeelte besing ons Dawid se triomf en in die tweede beklae ons Dawid se tragedie.

Die boek is in twee ewe groot gedeeltes verdeel met twaalf hoofstukke in elke gedeelte. Hfts 11 en 12 wat Dawid se sonde en belydenis bevat moet by die eerste gedeelte ingesluit word(want dit hoort daar) Dit was deur Dawid se voorspoed tydens al sy veldtogte en veldslae waardeur hy blootgestel is aan versoekings soos onwaaksaamheid en sy inskiklikheid. Aan die einde van Hfst 12 is daar die oorwinning oor Rabba die koninklike stad van Ammon en dit merk die einde van enige oorwinnings in hierdie boek. Die uitleg van die boek:

II SAMUEL

Die boek van Dawid se 40 jaar van koningskap

TRIOMF VERANDER NA PROBLEME AS GEVOLG VAN SONDE

DAWID SE TRIOMF (i. – xii)

i-iv. – Koning van Juda by Hebron

(Burger oorlog – vir 7 jaar)

v.-xii. – Koning oor die hele Israel in Jerusalem

(Oorwinnings tydperk – 13 jaar)

DAWID SE PROBLEME (xiii. – xxiv.)

xiii. – xviii. – Dawid se problem in sy familie

(Amnon se sonde tot by Absalom se opstand)

xix. – xxiv. – Dawid se probleme met die volk

(Opstand van Seba tot by die pes in Israel)

 

SENTRALE GEESTELIKE TEMA

Die tema van die boek is: Triomf wat verander na probleme/swaarkry as gevolg van sonde. Anders gestel kan dit wees: oorwinning deur geloof en swaarkry as gevolg van sonde. Sonde bring bitter vrug, sonde vernietig voorspoed. Daar is geen sonde sonder swaarkry nie. Dit is in besonder waar vir die lus van die oog en seksuele sonde, wat Dawid se ondergang beteken het. Ons moet daarvan wegvlug soos van `n slang. Dawid se sonde het hom uiteindelik tot moord gelei. Dikwels lei een sonde tot `n volgende erger sonde. Laat ons soos Job `n verbond maak met ons oë, om nie te kyk na dit wat verleidend is nie, anders sal ons in erge sonde verval.

Sleutel feite om van kennis te neem:

DAWID IN HEBRON

Hier heers Dawid vir 7 jaar en 6 maande, net oor Juda omdat die ander stamme hom nie as die opvolger van Saul wou aanvaar nie. Onder Abner se leiding word Isbóset aangewys as koning van Israel as teestander van Dawid. Abner het baie invloed en steun gehad in Jerusalem. Hierdie miskenning van Dawid was `n fatale fout en Israel was verkeerd om dit so toe te laat. Mefiboset was Saul se “natuurlike troon opvolger” nie Isbóset nie. Abner en Israel se skuld was groot aangesien hulle die gesalfde van die Here verwerp het. Hoekom sou dit so wees? Jaloesie by Abner? Of die volk kon twyfel aangesien Dawid hom by die volk se vyande die Filistyne geskaar het terwyl hy vir Saul gevlug het? Dawid dwing nie God se plan af nie en laat dit in God se hand.

Hfst 5 is baie belangrik – hier word Dawid as Koning oor die hele Israel gekroon. Almal “buig” voor hom en erken sy Koningskap. Sy koningskap is in drie sake gesetel:

Sy menslike bloedverwantskap – II Sam 5:1 – “Hier is ons, u been en u vlees is ons”

Sy onbetwiste voortreflikheid – II Sam 5:2 – “het u Israel uit- en ingelei”

Sy Goddellike volmag – II Sam 5:2b – “ jý moet my volk Israel oppas, en jý moet `n vors wees oor Israel” (thou shalt be a Captain) King James Bybel.

Is hierdie nie `n boodskap op sy eie nie? Hier spreek dit van Christus se bloedverwantskap aan ons en Sy reg op ons lewens. Hy is been van ons been en vlees van ons vlees. Hy is ook ons Redder van voortreflikheid wat vir ons saak intree en ons vyand verslaan en ons verlos van die skuld van onderdrukking en sonde. Hy is ook Koning deur God se volmag, die prins en Here van Sy mense, die EEN aan wie al die mag gegee is in die hemel en op die aarde. Die heerskappy is op Sy skouers. Kan ons sê dat Hy die Koning is van my lewe?

DIE NUWE PLEK

Met Dawid se bevestiging as Koning oor die hele Israel skuif hy die sentrum van heerskappy (plek) of basis na Jerusalem. Alhoewel Juda geskik was as Koningstad was dit te vêr suid om as sentrum te dien waarvan die hele volk bedien kon word(nie sentraal genoeg nie) Jerusalem was op daardie stadium Jebus genoem wat deur die Jebusiete bewoon was ( 1 Kron 11:4) die stad was `n natuurlike sterk posisie (bergvesting) wat Dawid se besluit beïnvloed het. Die Jebusiete wou Dawid verhoed om die bergvesting Sion (Jebus) in te neem, maar hy het dit oorwin. Joab het eerste ingetrek en oorwin. (lammes en siekes – afgode)

 

DIE DAWIDS VERBOND

Ons kyk nou na Hfst 7, die hoofstuk waarin die Dawids verbond voorkom. Die gedeelte moet nie ligtelik opgeneem word nie want dit beïnvloed alles wat volg in die Woord van God asook die geskiedenis van die mensdom (veral die toekoms) dit is een van díe tekse in die Bybel en een van die kern sleutels tot die Goddellike plan vir die geskiedenis. Die Jode het van die belofte/verbond af dit geglo dat die Messias uit Dawid sou voortkom. Toe en steeds vandag. Die volgende teksverse bevestig dit Jes 11:1; Jeremia 23:5; Esegiel 37:25 en volgens die professie van die Engel Gabriël aan Maria. Die verbond kom voor in II Sam 7:11-16. Die eerste rede waarom die woorde besonders is: Hierin kom die Goddellike bevestiging van die troon in Israel voor. Tot hiertoe was die troon `n menslike troon. (1 Sam 8) eers Saul en daarna Dawid. Deur die mense “aangewys/gekies”.

Tweedens – die voorspelde ewigheid van die Dawids dinastie. Drie dinge word duidelik gemaak aan Dawid nl:

`n Huis of nageslag;

`n troon of koninklike outoriteit; en

`n Koninkryk of sfeer van heerskappy

In vers 16 word dit vasgemaak vir ewig. In Psalm 89 word dit bevestig/herhaal. Sien ook verse 29, 35,36,37. En verder Hand 2:30

Derdens wat ons moet weet betreffende die Dawidsverbond is die Messiaanse gevolge. Die woorde – “tot in ewigheid” word 3 maal herhaal in II Samuel 7:11-16. Dit kon net vervul word deur die Messias (Jesus Christus) Dit kan net in vervulling kom deur Hom, dis hoe dit nog altyd verstaan is. Christus was op aarde as profeet en tree nou op as Priester in die hemel en sal terugkeer as Dawids-seun (grootste) as die Koning om die Koning van Konings te wees en Die Here van die Here! Die permanentheid daarvan word bevestig in Jes 9:6.

Dat Christus ons Messias sou kom is onvoorwaardelik net soos in die Abrahamsverbond in Gal 3:16 wat ook onvoorwaardelik was. Sekere gevolge is ingebou vir straf in die Dawidsverbond.

Vierdens lui die Dawidsverbond `n volgende dimensie in Messiaanse professie in. Die eerste is gemaak aan Adam in Gen 3:15, die tweede aan Abraham in Gen 22:18 en die derde is deur Jakob gemaak in Genesis 49:10 en die vierde is aan Dawid gemaak in 2 Sam 7. Vir Adam handel dit oor die ras in die algemeen. By Abraham is dit gemaak aan een nasie in die ras ( Israel) by Jakob is dit vir een stam (Juda) en by Dawid , sy seun sal `n huis bou vir God. Dawid was `n man van oorlog en kon nie vir Christus `n tipe wees van Melgisedek nie (Melgisedek is die Koning van vrede) die reg is aan Salomo gegee. Dawid stel die koninkryk daar waaroor Salomo regeer. Christus sal beide Dawid en Salomo wees. As Dawid sal hy alle vyande verslaan en sal hy Sy koninkryk op aarde instel en as Salomo sal Hy regeer in ewigdurende vrede. Mag hy spoedig weer kom!.

 

DAWID SE VOLLEDIGE STAATSBESTEL

In Hfst 7-10 sien ons Dawid se regering op sy beste. Waar ookal hy gaan/beweeg behaal hy oorwinning en terwyl hy tuis is, is hy `n voorbeeldige en opbouende administrateur. Nooit vantevore was Israel so `n magtige nasie nie. In Hfst 8:12 en 14 kry ons `n lys van omliggende nasies wat deur Dawid oorrompel is – die Filistyne in die Weste; Die Siriërs en Hadadéser in die Noorde; die Ammoniete en Moabiete in die Ooste; die Edomiete en Amelakiete in die Suide. Die geheim vir Dawid se oorwinnings lê in vers 14 – “ en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het” en die rede vir die saambinding van Israel vind ons in vers 15 – “ en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen” So het Israel die sentrale en oorheersende mag geword tussen al die nasies rondom hulle.

As ons deur die hoofstukke lees kan ons sien dat Dawid `n uitgeslape Generaal en `n eerbare heerser was. Dawid het die Filistyne verslaan en oorheers, dit gesien in die lig daarvan dat Dawid die Koningskap oorgeneem het direk nadat die Filistyne vir Saul `n vernietigende neerlaag toegedien het en feitlik die hele land onder hul beheer was. Dit maak sy oorwinning des te meer uitsonderlik.

Dawid verslaan Moab en meet hulle deur hulle op die grond te laat lê. 2 Samuel 8:2. Sommige beskou Dawid se metodes as barbaars maar hy toon ook genade deur van die soldate te spaar. Die gewoonte in die tyd was om almal te dood ongeag geslag of ouderdom. Hy spaar `n derde, eintlik meer.

Oorlog was en is steeds brutaal. Dink maar aan die lug en bom aanvalle op onskuldige mense wat vroue en kinders insluit. Ons kan ook in ons gedagtes oproep die konsentrasie kampe in Duitsland en Rusland. Dawid en sy lëer moes met `n agterstand optree en gebruik die metodes van die mense van die tyd. Sou Dawid sy vyande spaar kon dit tot sy nadeel wees. En wat van sy opdrag?

Dawid oorwin vir Hadadéser en vat trekperde en strydwaens by hom af. Dawid behaal hierdie oorwinning oor Hadadesér met net voetsoldate. Dawid begin met `n gebroke volk en gee aan Salomo `n verenigde koninkryk en `n Koninklike grondgebied wat strek van die rivier van Egipte(Nyl) tot by die Eeufraat rivier en van die Rooi see tot by Libanon. `n Grootse werk. Verder het Dawid `n sterk geestelike groei onder die volk bewerkstellig met sy liefde en deur sy digkuns.

 

DAWID SE GROOTSTE SONDE

In hoofstuk 11 pleeg Dawid owerspel en moord. Dit bring `n jammer keerpunt in Dawid se lewe. Mense spot met Dawid en sê daar is jul held! Watter voorbeeld is hy nie. Hul bevraagteken ook hoekom God hom `n man na sy hart noem 1 Sam 13:14 en Handelinge 13:22.

In antwoord daarop moet ons al die feite bekyk.

Ons moet na Dawid se lewe in geheel kyk

Ons moet nie net let op hierdie klad op Dawid se lewe nie maar ook kyk na sy hele lewe. Sy geloof en gehoorsaamheid, sy algemene voorbeeld en goedhartigheid. Hiedie saak kon maklik uit die Bybel gelaat gewees het, maar is opgeneem in die Bybel omdat dit so waaragtig en trou gebeure weergee en nie `n mens se woord is nie maar God se Woord.

 

Ons moet Dawid se belydenis in gedagte hou

Nooit was daar `n man wat so geraak was en wat homself so verneder het soos Dawid nie en wat so berou gehad het soos hy nie. Hierdie oortreding was die uitsondering en nie die rëel nie en was gedoen in `n oomblik van swakheid.

 

Ons moet Dawid se karakter oordeel in die lig van die tyd waarin hy lewe

Die Nuwe Testament en Christelike evangelie was nog nie beskikbaar in hierdie tyd nie. As ons Dawid oordeel volgens die morele standaarde van die tyd waarin hy lewe, styg hy uit bo andere met kop en skouers. Veral as ons hom met die Konings van daardie tyd vergelyk. Die sensuele ongerymdhede van die ou Oosterse konings was aan die orde van die dag. Hulle mag oor die lewens en eiendom van hul onderdane was meesal absoluut. Hulle het gereeld vroue as hul eie beskou en vir hulself geneem sonder om aandag daaraan te gee of hul te steur aan enige oortredings wat hul so begaan het. Vergelyk Dawid met sulke konings en ons kan die kontras sien.

 

Ons moet Dawid se innerlike sien soos dit in sy Psalms na vore kom

In die boeke van Samuel en Kronieke sien ons Dawid se lewe – uiterlik en in die Psalms sien ons sy innerlike lewe. Hierin sien ons sy hart ge-openbaar. Baie wat Dawid en die Bybel kritiseer sou bly wees indien hul hart op so `n wyse ge-openbaar kon word. Hierdie Psalms bewys dat Dawid `n goeie man was, `n man na God se hart. In oorlog kan `n generaal `n veldslag verloor maar steeds die oorlog wen. Ons kan uit sy geskiedenis sien dat alhoewel daar neerlae was en een afskuwelike val hy deur God aangedui is as; `n man na God se hart.

Augustine het gesê; Almal wat nog nie geval het nie kan Dawid as voorbeeld neem en versigtig wees en die wat geval het kan opstaan uit hul omstandighede.

 

VERNAAMSTE LESSE

 

Die eerlikheid en betroubaarheid van die Woord – wat die val van Dawid nie uitlaat nie dit bewys die egtheid en eerlikheid van die Woord.

Dawid se val was in `n tyd van voorspoed – daar was geen nood of bedreiging nie. Dit wat hom op sy kniëe gehou het was afwesig. Ons kan daarop let dat voorspoed en gemak nie altyd goeie gevolge het nie.

Let ook daarop dat Dawid se sonde deel was van `n proses – so `n groot val gebeur nie sommer oornag nie. Dawid het toegegee aan die vlees tov baie vroue (2 Sam 5:13) iets wat verbode was vir Israelse Konings (Deut 17:17) Dawid van nature `n man met sterk begeertes het die vlees in sy lewe toegelaat. Hoe moet ons nie waak teen sonde nie! (Jak 1:14-15)

Ons kan sien hoe Dawid se sonde gelei het tot verdere sonde. Dawid wou sy sonde verberg en wou dit laat lyk of die kind wat hy verwek het Uria se kind was (2 Sam 11) Dawid maak Uria dronk. Uria was een van Dawid se helde (2 Sam 23:39) ons moet oppas vir sonde en sou ons daarin val – moet ons dit bely en restitusie doen. In 2 Sam 12:11 is Dawid se straf aangedui – onheil uit sy eie huis.

In ons lewens doen ons soms dinge of laat dinge toe om te gebeur en later kyk ons terug en sê: Hoekom het ek dit gedoen? Hoe kon ek dit gedoen het? Dit kan die swaarste en bitterste ding wees om te doen. Altyd na die tyd.

`n Mens kan nie waarlik vry wees nie tensy hy homself oorgee (totaal en al) alles aan en in diens van die Heiland nie! Sonde is nie net sonde teen iemand nie, dis rebellie teen God.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00