Nege en Negentig Ballonne!

Eliot is gebore met ’n long wat nie ontwikkel het nie, ’n gat in die hart en talle ander probleme.

Dokters het voorspel dat hy sal dit nie maak tot by geboorte nie, maar hy het. Pappa en mamma was so opgewonde dat hulle ’n video gemaak het van sy lewe. Elke liewe dag het hulle om 04h59 – die tyd dat Eliot gebore is – sy verjaarsdag gevier. Eliot het met sy eerste maand verjaarsdag twintig vriende gehad om dit te vier. Hulle het vir hom gesing, ballonne gebring asook ’n verjaarsdag koek. Ten spyte van die suurstofpype en die middernagvoedings wat meer as ’n uur en ’n half geduur het, asook die konstante bekommernis oor sy lewe, het Eliot tog maniere gevind om sy moeder se hart warm te laat klop.

Dit was na 99 wonderlike dae dat Eliot na die Here Jesus toe is. Tydens sy begrafnis het sy ouers 99 ballonne in die lug los gelaat – een vir elke dag van sy lewe hier op aarde. Sy pa het gesê:- “Hoe pragtig was dit om die ballonne dop te hou en hoe gou het dit verdwyn?”

Ten spyte van die gesin se hartseer het hulle tog kalmte en berusting in die Here gevind.

Die video van Eliot se lewe is later op die internet geplaas en meer as drie miljoen mense het al daarna gekyk.

JOB 8:9 “want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae ‘n skaduwee op die aarde is;”

2 SAM. 14:14  “Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die grond, wat ‘n mens nie weer kan versamel nie; en God neem die lewe nie weg nie, maar Hy koester gedagtes om ‘n verstotene nie van Hom af te stoot nie.”

Hoe lank is dit voor jou ballonne in die lug sal opgaan?

Is jy gereed om God te ontmoet met vrede en vreugde in jou hart.

Hoe lank wil jy nog met jou lewe dobbel?

Kom, maak jou saak met God reg – Hy wil jou nie verstoot nie!

GEBED

Here, hier is ek net soos ek is. Ek gee my hele lewe aan U oor en wil U dien met alles wat ek het en wat ek is.

AMEN


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00