IN DIE HANDE VAN DIE POTTEBAKER

INLEIDING:

Dit wil voorkom of sommige van die diepste waarhede wat Paulus geskrywe het in die moeilike omstandighede van die Korinthe gemeente tot stand gekom het. Net in Korinthe word melding gemaak dat ons ‘n kosbare skat in ‘n erdekruik is.

Hierin word een van die mees wonderlike verhoudinge wat die Woord kan gee, nl. die tussen die mens en die Here uitgebeeld. Alles in die Woord is ‘n volmaakte kombinaise van hierdie twee aspekte. 1 Tim.2:5 verwys daarna dat daar net een “middelaar is tussen God en die mens, die mens Jesus Christus”.

2 Pet.1:21 Praat van mense wat deur die Here beweeg was. Dit is die woorde van Verlossing wat deur verlostes geskrywe, waarin die engele begerig is om in te sien.  Ps.19:7-9  Verlossing is soos woorde wat in Ps.19:8-10 omskrywe word woorde soos: Volmaak, gewis, reg, suiwer, rein, waarheid ens.

In die kerk word die begrip van Goddelikheid en menslikhied by-mekaar gebring, waar die liggaam van Christus en die broeders mekaar moet vind.

Ons moet die geheim leer ken om met ons harte in hemelese plekke te plaas, terwyl ons met ons daaglikse lewe omgang het. Ons mis so dikwels die belangrikste dat die Goddelike en die menslike saam behoort, hulle is nie verwyder nie, maar daar is ‘n suiwere balans.

A)    ONS AARDSE HOUERS:

2 Kor.4:7 Handel Paulus met hierdie onderwerp dat ons kruike in skate is.

Die skat is die gawe van die Here, en die kruik is ons as mense.  Die krag wat die Here in ons werk om ons lewens te transformer is niks minder as ‘n wonderwerk nie, dink aan 2 Kor.1:21-22, asook 2 Kor.2:14.

Dink aan 2 Kor.3:18 + 4:6 en Kol.1:27. Die Here werk binne die tekortkominge van ons menslikheid.  Dink aan hierdie kosbare teks in Ps.103:13-14.

B)    DIE BEHOEFTE AAN BEGRIP:

Ons moet dit nooit uit die oog verloor dat ons menslik is en dat ons broos is nie.  Die meeste stryde lê in onsself gesetel.  Ons is niks anders as wat die Here ons in die begin van geskape het nie, nl. stof. Die Here handel met mense en nie met fragmente nie, sonde maak stereotypes, heiliges is anders en vars.

C)    HEILIGHEID EN ONS MENSLIKE PROBLEME:

Hoewel heiligheid ‘n geweldige groot werk is wat die Here in ons lewens kom bewerkstellig, los dit nie al ons probleme op nie, maar wel ‘n groot deel van dit.

Hoewel die mag van sonde binne in my gebreek word, is die aan-slag van die duiwel ‘n realiteit. Al het ek brandstof in my motor moet ek die motor aanskakel om die nut daarvan te kan gebruik. Dit is dieselfde met heiligheid, as nagelaat word het dit geen nut nie. Daar is areas waarin ek moet verander, in gedagtes, en optre-des. Ek kan met die Heilige Gees vervul wees en nog oneindig met persoonlikhieds probleme sit.

D)    PROBLEEM AREAS:

Een van die probleem areas is valse verwagtinge. Ons kan ‘n verwagting hê dat met hartsreiniging al my probleme uitgesorteer sal wees, dat daar in een oomblik iets sal plaasvind wat ‘n leeftyd neem om mee te handel. Daar ontstaan meer geestelike foute weens ontmoediging en depressie as deur trots en doelbewuste ongehoorsaamheid.

Ons kan sekere geestelike helde voorhou wat sekere oorwinnings behaal het en dink dat ons soortgelyke resultate moet ervaar. Pertus het op Pinkster gepreek en 3000 het tot bekering gekom, terwyl Paulus sowat dertig jaar later op dieselfde plek gepreek het en hulle hom byna doodgemaak. (Hand.22:1-25.)

Die verskil was nie in die mate van genade wat hulle besit het nie, maar die verskil in omstandighede. Jy kan ‘n vuurhoutjie in ‘n bos gooi en ‘n geweldige vuur onstaan, dieselfde vuurtjie kan in droeë omstandighede soos sand gegooi hê en byna geen effek hê nie.

Aan die ander kant behoort daar ook ‘n toenemende groei in genade te wees.

KOM ONS KYK NA DIE SKAT:

Spreuke 10:22 sê: “The blessing of the Lord brings wealth, and he adds no trouble to it”

A)    ONS RYKDOM IN CHRISTUS:

Die Here Jesus self vergelyk die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat iemand ontdek het, en soos ‘n pêrel wat ‘n duur prys gekos het, wat ons bereid is om alles te verkoop om dit te verkry. (Matt.13:44-45). Die siele se waarde in die ewigheid is veel meer werd as die wêreld se besittings. Mark.8:36 “want sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld winen aan sy siel skade ly.”

Die Here waarsku vir ons dat ons nie skate op die aarde bymekaar moet maak wat deur mot en roes verniel kan word nie, 2 Kor.8:9 Lees ons dat die Here Jesus arm geword het sodat ons ryk kan word in Hom. Paulus het in armmoede geleef sodat ander ryk kan word. 2 Kor.6:10.

My lou toestand kan totaal verander as ek bereid is om salf te koop van Hom. Openb.3:18.

DIE RYKDOM VAN SY GENADE:

Wat is die onuitspreeklike rykdomme wat ons in hierdie erdekruik het. Christus in ons die hoop van Sy roeping is hierdie skat wat ons in ‘n erdekruik het. Die mate hiervan word vir ons in Rom.5:8 geopenbaar “maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” 

Die Here het reeds voor ons gesondig het die middele tot ons beskikking kom stel om deur Hom gered en gehelp te word. Hoe wonderlik dat die Here die hospitaal aan die voet van die afgrond gebou het maar ook ‘n heining aan die bokant van die afgrond gespan het om ons te keer om daar af te val.

Voorsiende genade lei tot vergewings genade, en onse Here is ryk in genade. Almal het gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van die Here. Ons sien dit in Rom.3:23-24.

Hoe wonderlik dat die Here Jesus nie net ‘n Verlosser is van die dade van sondes sodat ons nie daagliks hoef te sondig in woorde gedagtes en dade nie, maar Hy het gekom om ons te verlos van die mag van sonde. Daar is ‘n besliste tweede genadewerk wat die Here in ons wil bewerkstellig waarin ons verlos kan word van hierdie mag sodat ons vry kan wees om Hom volkome te kan dien.

2) DIE INWONING VAN DIE

TEENWOORDIGHEID VAN DIE HERE

Nie net verkry ons die rykdomme van die vergifnis van sonde nie, maar ook die rykdom van Sy inwonende teenwoordigheid, binne in ons, Dit is wat Paulus in Efe,3:16-17 bedoel het: “dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is…”

Die here Jesus het met die laaste avondmaal die dissipels se liefde getoets deur hulle gehoorsaamheid te toets, in Joh.14:15-17 + 23 “As julle My liefhet sal julle My gebooie bewaar”  “En Ek sal die Vader bid  en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee – die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees”.

Ons verantwoordelikheid is om voortdurend toe te wy sodat ons tot Sy diens beskikbaar kan wees, in Rom.6:13 ‘Diensbaarheid tot heiligheid”

Wanneer Hy my siel red is Hy die Heer van my lewe, maar wanneer Hy my reinig is Sy teenwoordigheid die teken van die volheid van die Heilige Gees.

Heiligheid is lewe onder die heerskappy van Christus in toewy-ding, en reiniging, in verseëling, in bekragtiging en in Sy beloftes.

Ons moet nooit uit die oog verloor dat elke kwaliteit wat ons besit, elke oorwinning wat ons oorwin en elke gedagte van heiligheid is Syne alleen.

“Holiness by faith in Jesus

Not by effort of thine own,

Sin’s dominion crushed and broken

By the power of grace alone.

God’s own holiness within thee,

His own beauty on thy brow;

This shall be they pilgrim brightness,

This they blessed portion now.

VOORTDURENDE WAARDES:

Daar is die wonderlike versekering van Sy voortdurende teen-woordigheid. Dit is daardie voortdurende inwonende teenwoor-digheid wat ons geheilig hou, en wat ons van die wêreld en sonde weerhou.

What we give He takes,

What He takes He cleanses

What He cleanses He fills

What He fills He uses.

1 Joh.3:1-3 Bevestig aan ons dat ons verander sal word in dieself-de gedaante van heerlikheid wat Hy is wanneer Hy kom om ons te haal.

DIE ERDEKRUIK

Hoewel die Here wonderlike dinge in ons lewens bewerkstellig is dit so dat ons nooit hierdie wonderlike waarhede sal ervaar en verkry as ons nie in ‘n verhouding met die Here gebring gaan word nie.

VERKEERDE VERWAGTINGE:

Efe.3:20 Beloof ons dat die Here “Ver bo wat ons bid of dink doen” Sy bronne is onbeperk.  Ons probleem is nie dat ons baie of min verwag nie, maar dat ons die verkeerde resultate verwag.  Baie kere word wonderwerke en magiese kragte met mekaar verwar. 

‘n Wonderwerk is die Here self se persoonlike intrede vir die morele en geestelike  welstand, van Sy mense, en vir die verkry-ging van Sy doel. Magiese kragte is die beperkte vermoeë van die menslike wil om die bo-natuurlike te beheer om menslike doele te bereik.

Baie word ontmoedig omdat hulle oombliklike oplossings vir hulle probleme soek, waar die Here met die kern van ons probleem handel nl. ons verhouding met Hom rondom redding en heiligmaking, waarna Hy in ons wandel met Hom ons sal help om die res van ons komplekse probleme te help oplos.

Die genade van die Here plaas ons in kontak met die bronne wat ons andersins nie gehad het nie. Die mate wat ons van hierdie bronne gebruik maak word deur onnsself bepaal.

In die O.T het ons oor en oor gelees dat die Here vir hulle gestry het, maar dan lees ons dat hulle hul swaarde en skilde moes neem om te veg. Hier sien ons die ware belans tussen oorgee en verant-woordelikheid. Om verkeerde dinge te verwag sal lei tot ontmoe-diging.

Ons gaan nie van moeilikhede en versoekinge en ‘n sondelose staat ervaar nie, of ‘n staat waarin ons nie uit ons verhouding van die Here kan verloor nie, en selfs verkeerde berekeninge nie, en dat ons nog moet groei nie, ons gaan ook nie van natuurlike instinkte soos hongerte ens. verlos word nie, maar die vermoeë besit om onder die beheer van die Heilige Gees oorwinning te verkry.

PARAMETERS VIR MENSLIKHEID:

Ons erdekruik wat deur die Here geskape is, is verwronge deur sonde, en word weer deur genade herstel en weer voorwaardelik

gestel deur ons menslikheid.

Ons menslike natuur moet gereinig word, en toegewy word aan die Here. Fil.3:20-21 Sê “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus”

Paulus gee iets van hierdie erdekruik deur wanneer hy sê: “In alles word ons verdruk, maar ons is nie teneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate nie; neer gewerp maar nie vernietig nie”

Die word Verdruk, maar nie teneergedruk nie, Ons word van alle kante gedruk, wys vir u en my dat hy ook geweldige spanning ervaar het. Vedrukking en teneergedruktheid wys ook na intelektuele probleme vir probeleme waarvoor ons nie antwoorde het nie.

Die word verleë verwys nie na moedeloosheid dat ons ons geloof verloor nie, maar in diepe afhanklikhied om die wil van die Here na deeglike redenering te bereken en te deurbid.

Vervolging in die verband verwys na die aanslae van andere wat nie eendres denkeendes is nie, ons word soms platgeslaan maar nie uitgeslaan nie.

ONS IS DEUR DIE HERE GEMAAK:

Dit is ‘n feit dat ons erdekruike is, maar dat ons die bewustheid het dat ons deur die Here gemaak is.  Ons is wonderlike gemaak Ps.139:14 in Engels sê pragtig: “Fearfully and wonderfully made”

DIE GODDELIKE BEELD:

Ons waarde lê nie in ons inherente goedheid nie, maar in die potential van die Here. ‘n Adverstensie het een gesê dat iemand $200 sal betaal vir die verlore pop, die pop se waarde was dit nie, maar die waarde was in die waarde wat die kind daaraan geheg het.

Ons as mense staan voor die Here as onderworpe aan Sy gesag, waardeur die Here Sy kennis tot ons wil komunikeer, in Sy liefde en ons natuurlike verantwoordelikheid.

Die morele beeld staan vir geregtigheid en heiligheid.

HOLINESS AND HUMAN ELEMENTS:

Fletcher het eens gesê: Dat dit geheel verkeerd om te sê dat alle laste soos swakhede en aptyte, passies en afleidnge verkeerd is. Party mense kan nie ‘n uur in gebed bly, of kan sekere kosse nie geëet kry wat vir andere aanvaarbaar is nie, jou fisiese kragte vaal soms in omstandighede, jou gees is uitgeput, jy sukkel om te slaap as andere aktief is is jy nie, jou fisiese en geestelike same-stelling is anders as andere, dat jou hart opreg voor die Here is, is verseker.

Baie mense maak die fout dat ons ons eie ondervindinge en waarneminge as die absolute neem sonder dat ons andere se om-standighede en agtergronde in ag neem. Die enigste toets van ware heiligheid is die verlossing van sonde, en nie sekere open-baringe wat in jou eie ondervinding gekoppel is nie. Die onder-vininge kan in my temprament wees en nie uit ‘n hartsonder-vinding nie.

In kort as ek van alles in die wêreld gestroop word, en die Here het my hart gereinig sal net Sy kwalitiete in my merkbaar word. 

Ons moet onthou dat daar ‘n heerlike verskeidenheid van persoonlike leidinge bestaan deur die Heilige Gees, en dat as ons Hom navolg, in ons getuienisse, ons die varsheid van die Heilige Gees sal behou. Soms kom ‘n mens by persone wat aangeleer het om net dieselfde dinge oor en oor te sê bv. Prys die Here, of gered en gereinig, en het al lankal die seen van die wat die Here gedoen het verloor.

Daar is niks so lekker as die Here wat ‘n siel vars hou in sy getuienis en dit wat Hy kom doen nie. Wanneer daar in een of ander area ‘n stistand in my geestlike lewe gekom het, is dit heelwaarskynlik dat die Here lig oor iets in my lewe gewerp het en dat ek ongehoorsaam is aan die lig.

Teruggevallenheid vind nie in ‘n oomblik plaas nie, maar ‘n bietjie hier en daar, ‘n bietjie toegewing hier, en ‘n aanpassing in die skerpte van my getuienis ens. Die eerste nalatigheid lei tot ‘n agteruitbeweeg in my geestelike lewe.

Daar is die gedagte dat ‘n saint kan nie arm en behoeftig wees nie, weens die woorde wat Dawid aangehaal het dat hy nooit ‘n reg-verdige gebrek sien lei het nie. Die Here Jesus het van een vertel nl. Laserus.

Daar is mense wat ‘n manie het om nie behoefte te mag toon nie, en blameer andere as hulle behoefte toon en gee die indruk dat hulle lewens nie reg is nie. Job het net soveel genade getoon indien nie meer toe hy alles verloor het en sy geloof en wandel met die Here bewaar het. Groot geloof toon nie noodwendig groot genade en liefde nie, en die feit dat een klein geloof vir genesing het sê nie dat hy ‘n klein geloof of beperkte liefde het nie. Siekte het met die effek van die sondeval te doen.

ONTMOEDIGING:

Daar is die wat beweer dat ontmoedigings is teenstrydig met heiligmaking, en as dit met jou gebeur is jy nie gereinig nie.  Ons kan bitterlik ween oor die verlies van ‘n geliefde en self depresief wees en dan weer uitgelate en vrolik wees oor iemand se sukses.

As ons senuwee probleme het, word alles donker om my, en kan ek soms net nie lig sien nie. Die vraag is, is daar nie meer genade nodig om in sulke omstandighede staande te bly as waar alles maar net goed verloop nie.  Baie christene is soos kruie wat baie reuk kan afgee wanneer goed gaan, maar dan is daaar daardie wat in die tyd van beproewing die lieflikste geur kan versprei.

Ontmoedigings kan uit verskillende omstandighede ontstaan nl. fisies, intelektuel, geestelike, hoe ek saamgestel is, gesondheis probleme, my omstandighede, van die vyand, ens.

Kom ons kyk na ‘n paar ontmoedings om vas te stel of dit vleeslik is of nie:

1)      Fisies: Waar daar ‘n lang siekbed en pyn, ondervinding is kan die persoon depers word.

2)      Geestelike en verstandelike depressie: Wanneer vir die Here werk en sien so min resultate dan begin die geloof te taan en verg dit moed om vort te gaan en volgehoue die Woord van die Here te bedien.

Earthen vessel:

DIE BYMEKAAR BRING VAN TWEE WêRELDE:

Hoewel ons uit stof gemaak is, is dit so dat ons geskape is met die doel om geestelik met die Here in gemeenskap te leef. Adamah beteken grond of aarde, en Ha adam was die asem van die Here in die mens om lewe voort te bring.

Ons is nie net skeppinge nie, seuns en dogters van die hemelse Vader. Daar is ‘n leemte wat deur die Here alleen gevul kan word daarom dat Matt.16:26 sê wat baat dit die mens dat hy die hele wêreld win maar aan sy siel skade ly.

Nepesh in O.T. wat siel beteken moet by die N.T. naam psyche . Daar is so ‘n noue ooreenkoms tussen die twee woorde dat Vine’s dit veduidelik as die natuurlike lewe van die liggaam, en beteken ook die onsigbare materieële wêreld, wat in die self gesetel is, die element wat feflekteer, voel, begeer, kies, en doelwitte.

B)    DIE GEES EN DIE HART:

Woorde wat naby die siel verband hou in betekenis is – gees (ruach) in die O.T. en pneuma in die N.T. Die siel is gesetel op die horisontale en self gesentreerd, op die menslike vlak. Die gees is op die vertikale gesetel en is Godswaards. Dit is wat dit moontlik maak om met die Here te komunikeer.

Die lewende persoon word deur die Bybel as hart omskrywe Hebr. – Leb en Grieks – Kardia. Dit omskrywe die binneste van die mens wat die gedagtes en gevoelens en besluite omsluit. Dit is die beheerkamer van die siel waardeur ons funksioneer as ‘n selfgesentreerde en self besluitende wese.

Die hart waarvan morele kwaliteite afgelei word. Dit is die hart waarna jer.17:9 verwys wat verdorwe is, dit omsluit my dwars reaksie, my trots, my vervallenheid  my verhardheid. Dit vewys na my passie.

GEDAGTE:

Saam met die hart gaan die gedagtes. Vir gedagte gebruik die Bybel die woord my refleksies en begrip my gevoelens en my beoordelinge. Die gedagtes mag twyfelagtig wees, en vleeslik en leeg. Dit mag neederig wees, reageer, en geestelik wees, en helder wees.

Die gedagtes moet vernader word, na die beeld van die Here, nie net moet ons die Here met ons hele hart liefhê nie, maar ook met ons gedagtes.

DIE FISIESE ORGAAN:

Ons is fisies geskape as ‘n hele persoon beide va die stof waarvan ons kom en van die Here in wie se beeld ons geskape is. Op die basis van ons wese is die gees en die siel met die vermoeë van ‘n persoonlikhied, wat self bewus leef en self gesentreerd leef, en die vermoeë besit om te dink, te voel en te kies. Dit is waarmee ons grootword wat voortdurend verander en tog altyd dieselfde bly.

Dit is ‘n dinamiese interaksie met ‘n uiterlike self en liggaam en wat maklik aanpasbaar is. Ons moet nie hom vrees wat die liggaam kan doodmaak nie, maar Hom wat beide liggaam en gees kan doodmaak. Die mens is ‘n bewuste denkende gevoelige self wat in die nabyste moontlike manier deur die fisiese liggaam funksioneer.  Wat is die mens dat u aan Hom dink.

VERDORWE DEUR SONDE:

Deur die daad van sonde wat Adam en Eva aan toegegee het het hulle die band of gom aan die duiwel toegestaan om ons met hom te verbind. Sonde was nie deel van die mens tot op hierdie stadium nie, dit het as ‘n indringer ingekom.  Die tweeledige natuur van sonde is ongehoorsaamheid ‘n doelbewuste oortreding teen die wil en wet van God, maar sonde is ook ‘n verwydering van God, die verlies van gemeenskap wat gesimboliseer word deur die wandel in die tuin wat verlore gegaan het en wat nou deur die sondeval ‘n verwoesting aan die mens gebring het.

DIE TWEELEDIGE PROBLEEM:

Sonde as ‘n handeling is nie die resultaat van onkunde nie, of die onvermoeë om anders op te tree nie. Dit is ‘n rebellie teen God, soos ons dit leer ken het. Wat as oorspronklike sonde bekend staan is die wortel van verwydering van die Here. Ons is geestelik dood en moreel korrup. Sonde is nie deel van die menslike natuur nie, dit het net die natuur kom vernietig, sonde is inwerkend in die mens, het Adam en Eva nie meer meer menslik geword nadat hul-le gesondig het nie, maar die mens meer selfgesentreerd gemaak. Die mens het eerder minder menslik geraak na die sondeval omdat daar iets van die mens gesteel is.

Sonde is nie ‘n resultaat van ons menslike beperkinge

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00