DIE HERE SE GENADIGE EN EWIGE DOEL MET ONS LEWENS.

HOS.2:13-17

OPENB.2:4 EERSTE LIEFDE VERLAAT:

HOE STAAN U VERHOUDING VANDAG

TEENOOR DIE LEWENDE GOD:

INLEIDING:

Hosea was beskou as die eerste van die klein profete en spruit uit Jesaja in die dae van koning Ussia en Jehiskia konings van Juda. Die Woord van die Here het tot hom gekom en deur ‘n belangrike ver-houding met ‘n moreel vervalle en ontroue vrou. Hy het daardeur Israel se hart simbolies geopenbaar, teenoor haar lydsame God. Kom ons kyk na die oorvloedige God met wie ons te doene het.

1)      SY GENADIGE METODE: Vs.13

“Ek sal haar lok” Hy sê nie dat Hy haar sal dryf nie, maar dat Hy haar sal lok, tot ‘n staat waar haar ou ooreenkomste en gewoontes nie meer dieselfde invloed op haar lewe het soos voorheen nie. Die eerste handeling van genade is in die feit dat Hy haar lok.

Waarom is ons so traag om hierdie waarheid te besef, wat die werk van die Heilige Gees is, dat ons dink dat die plesier van hierdie mate-rieële wêreld begin weg te kwyn, en uit te sterf in ons verhouding met die Here. Dat die plesier van die wêreld sy waarde verloor het.

Vir baie lyk dit soos ‘n straf wanneer ‘n mens verlos word van die plesiere van hierdie wêreld. Waar alles verlore gaan behalwe die Here.

2)      SY GENADIGE HANDELING: vs.13

“Ek sal na haar hart spreek”

Die Here weet wat ons diepste nood is en hoe om met dit te ont-moet “soos ‘n moeder vertroos so sal die Here”

Die vreugde wat oor ons siel kom wanneer die vrede van die Here oor ons bekommerde siel spoel.  Sy vertroostende weë bring ons uit die duisternis van twyfel en vrees, tot in Sy wonderbare lig en berus-ting.  Waarom is dat dat die Here soms so ver moet gaan voordat ons Sy mees wonderlike gawe kan smaak. Dit is maar die blindheid en die weersin wat in ons harte heers, daarom gee Hy ons die oorwin-ning.

3)      SY WONDERLIKE RESULTATE: VS.14

A) EK SAL AAN HAAR WINGERDE GEE:

Dit verwys na wingerde van die wildernis, waar ons niks as dorheid en verwoesting sien nie. Uit ons ondervindinge van uitmergeling en oënskynlike mislukkings kan die Here selfs hierdie omstandighede omskep in plekke van sterkte en verfrissing.

Hierdeur kan ons verseker dat die Goddelike leiding nooit teenstry-dig is met ons hoogste besittings is nie. Ons Vader se hand is nooit uit harmonie met Sy hart nie. Sy wysheid sal nooit Sy liefde weer-spreek nie. Laat ons daarom met vertroue en vreugde vertrou, selfs al is ons ontmoedig en laag. Waar Hy lei sal ons volg.  Die Heilige Gees wil ons steeds in nuwer en dieper ondervindinge lei.

B) EK SAL AAN HAAR GEE DIE DAL VAN AGOR: 

Die dal verwys na probleme en vrees. Want dit is haar hoop. In die donker en vreesagtige vallei van probleme wil Hy en kan Hy ‘n nuwe deur open in dieper hoop en groter vrymoedigheid (Jos.7:26) vir elke vernederde gelowige.

Ons vrees die ondervindinge van probleme miskien omdat dit by ons die diepe bewustheid van ons swakheid en hulpeloosheid bring. Moet nie glo dat ons net groei wanneer ons klim nie. Ons wonder-like Heiland kan ons vallei van probleme ‘n plek maak waar ons mag rus. (Jes.65:10).

C) EK SAL HAAR WEER GEE DIE VREUGDE VAN HAAR JEUG:

Sy sal weer sing soos in die dae van haar jeug, toe sy as ‘n nasie uit Egipte verlos was. Sy het die varsheid van haar jeug weer ervaar. Die God van Israel is die God van ons verlossing, steeds gereed om te herstel en te hernu. Elke beantwoorde gebed gee ons rede tot ‘n lied.

Elke vars openbaring van Sy wysheid en krag bring addisionele oor-winnings in ons geestelike lewens. In hierdie sin sal ons geestelike ondervindinge nooit oud word nie.

Die jeug mag teleurstel en die jong manne uiters teleurstel, maar die wat op die Here wag kry nuwe krag.

Wanneer die Here die behoefte van ons harte bevredig sal die goeie dinge van ons jeug soos arende versterk word. (Ps.103:5).

4)      ‘N NUWE VERHOUDING: Vs.15

In daardie dag sal jy My noem: My Man. Wonderlike dag wanneer die Heiland ons terug sal roep as ons Verlosser uit Sion wat ons van ballingskap wegroep en wanneer die hele Israel gered sal word. (Rom.11:26). My Man is iets diepers en kosbaarder dan ‘n formele verhouding waarin ek Hom ken as My Heer, of dienskneg.

Watter wonderlike genade word nie hierin geopenbaar. Die Here be-loof dat Hy vir Sy volk sal pleit, soos ‘n man vir sy vrou sal stry. Dink net wat alles in so ‘n belofte opgesluit sal wees. Neem die ver-antwoordelikheid om in al ons behoeftes te voorsien, en om ons in die nouste verhouding te bring. Noem My man en vertrou My om liefde te toon en getrou te wees so lank ek leef.

Hoe wonderlik is hierdie versekering nie vir ‘n bevreesde en ge-broke hart. Laat jou hart nie onsteld word nie glo ook in My. Joh.14:1

Die wonder wanneer die Here deurbreek in ons verwarde hart en Sy vrede in ons harte uitstort.

Hosea was ‘n profeet wat die liefde van die Here vir sy volk uitge-spreek het. Hoewel Amos ‘n burger van Juda was, het hy oor die Noordelike koninkryk geprofeteer, en was daar ‘n hardheid in sy boodskap wat ‘n verlies aan simptie geopenbaar het, vir sy inwoners wat lank reeds in weersin teen Jerusalem geleef het, en wat dikwels in oorlog was teen die mense van sy eie land.

Hosea was van die Noordelike provinsies en het ‘n teerheid en passie vir die mense van sy eie land gehad. Weens die feit dat hy van nature ‘n sensitiewe geaardheid gehad het, was dit vir hom moontlik om die liefde van die Here te verstaan, en in hierdie termes met die volk te praat.

1)      DIE PROFEET SE ROEPING:

Sy roeping was uniek. Hy het ‘n vrou met ‘n dubbelsinige karkater getrou en nadat sy aan hom drie kinders gebaar het en hom verlaat het vir ander mans en uiteindelik in slawerny verval het. Hosea het voort gegaan om haar lief te hê. Deur sy liefde het hy haar weer terug gekoop, en het alles gedoen sodat sy weer getrou aan hom sal wees. (1:2-3:3)

HAAR KINDERS SE NAME:

1)      JISREëL: TOENEMENDE TOORN.

2)      2) LO – AMMI: GEEN KIND VAN MY.

3)      3) RUGAMA: VAN DIE HERE VERWYDER

Ons het nooit die einde van die storie gehoor nie, maar deur hierdie tragiese geskiedenis het Hosea ‘n nuwe openbaring van die Here gehad. Sy hartseer het ‘n objekles geword vir homself en vir die volk van Israel. Sy liefde vir ‘n ontroue vrou word as ‘n beeld ge-bruik van die liefde van die Here vir sy sondige volk.

2)      DIE PROFEET SE BOODSKAP:

Die grootste gedeelte van sy boodskap gaan daaroor dat hy die volk waarsku aangaande hulle sondes en by hulle pleit om hulle sondes op te gee en om na die Here terug te keer wie hulle so innig liefhet.

Daar was geen waarheid of kennis of genade in die land van die Here nie. Deur te lieg en te sweer en dood te maak en te steel en owerspel te pleeg het hulle van die Here weg gebreek.

Laat ons terugkeer na die Here want Hy sal ons genees, en Hy sal ons weer herstel, en dan sal ons weet of hulle met die Here sal wandel, en of die Here weer Sy seën oor hulle sal gebied. Dan beloof Hy dat die latere reëns meer oorvloedig sal wees as die vroeëre.

Hos.10:12 Sê: “Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ‘n braakland, want dit is tyd om die Here te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.”

In hoofstuk 12 word die Here as ‘n Vader geskilder wat Sy kind leer om te wandel en wanneer hy moeg raak, dat Hy hom in Sy arms sal neem en ons sal dra. Hy beklemtoon aan ons ons afhanklikheid van Hom en ons verpligting om getrou teenoor die Here te wandel soos Hy met ons wandel.

Die laaste hoofstuk kom daar ‘n ander wonderlike uitnodiging vir bekering saam met ‘n belofte van vergifnis en finale herstel op die voorwaarde dat hulle hulleself aan die Here sal toewy (14:1-8). Dan sê Hy dat ons van die lig wat ons ontvang het wys sal wandel.

Wie ookal wys is, laat hom hierdie dinge verstaan; en die wat onderskei laat hulle Hom ken, want die weë van die Here is reg en die regverdige wandel daarin, maar die oortredes struikel (14:9). 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00