GEBED DIE NOODSAAKLIKHEID DAARVAN: EFE.6:18 + LUK.11:1

INLEIDING:

Een van die dissiples het die Here Jesus sien bid, en die effek van Sy bediening moes bsef toe hy vir die Here Jesus gevra het om hulle te leer bid.

Paulus as ‘n geestelike leier van sy tyd het die noodssaklikhied van gebed begryp toe hy in Efe.6:18 hierdie aangrypende woorde gebruik het: Dat ons “met alle gebed” “by elke geleentheid” met “alle volharding” vir “al die heiliges” moet bid.

Die woorde gebed smeking en volharding kom in hierdie gedeelte na vore. Dit beteken dat u en ek sekere offers sal moet bring as ons sekere resultate wil verwag. Ons het in die verlede so dikwels ondervind dat wanneer ons geheim van gebed beoefen het as ‘n gemeente hoe die Here kragdadiglik gewerk het. Ons staan weer voor die drumpel van ‘n geweldige krises as gemeente en hier wil die Here u en my die geheim van volhardende gebed leer.

Kom ons beantwoord die noodsaakliheid van gebed aan die lig van ‘n paar vrae:

1)      HOEKOM MOET ONS BID

1) Omdat daar ‘n duiwel is:

Die oomblik wat u en ek gered geraak het het u ‘n vyand van die duiwel geword, en het hy nou oorlog ten u verklaar. Hy het een begeerte en dit is die ondergang van die kind van die Here. Daarom dat Paulus vir ons in Efe.6:12 sê: “Dat ons worstelstryd nie teen vlees en bleod nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”

Dan in vs.13 kom die woorde: “neem die volle wapenrusting van God op sodat julle weerstand kan biedin die dag van onheilen nadat julle alles volbring het, staande kan bly”

Die klimaks van hierdie gedeelte is vs.18 waarin hy sê: dat daar gedurige, volhardende, onvermoeide, slaaplose gebed moet wees.

2)      OMDAT DIT DIE AANGEWESE MANIER IS OM DINGE TE MOET VERKRY:

Baie gebrek en verwaarlosing in ons bediening is weens die gebrek aan gebed. Jak.4:2 sê” “Julle het nie, omdat julle nie bid nie”

Een van die redes vir armoedige omstandighede in ‘n gemeente of individu is die gebrek aan gebed. Ons kan dit deurtrek na elke fasset van ons samelewing.

3) GODSMANNE HET ALTYD GEBED AS DIE BELANGRIK- STE SAAK IN HULLE LEWENS VOORGEHOU.

Na die uitstorting van die Helige Gees, het manne bymekaar gekom en besef dat daar ‘n aspek van bediening verwaarloos was, en het hulle die Heilige Gees gevra om hulle uit te wys wie aangestel moes word, nadat hulle in gebed volhard het. Hand.6:2-4.

Ooral in die briewe van Paulus sal u merk dat hy baie tyd in gebed spandeer het.

4)      GEBED HET ‘N BAIE BELANGRIKE PLEK IN DIE BEDIENING VAN DIE HERE JESUE GESPEEL HIER OP AARDE:

Mark.1:35 Het Jesus nog vroeg in die more nog diep in die nag na ‘n eensame plek gegaan om te gaan bid.

Luk.6:12 lees ons dat Hy na die berg uitgegaan het om te gaan bid, en het die nag in gebed tot God deurgebring.

Wanneer daar oor gebed aangaande die Here Jesus melding gemaak word, word daar minstens 25 keer daarvan melding gemaak.

5)      GEBED IS OOK NOU ‘N BELANGRIKE DEEL VAN ONS VERRESE HEILAND:

Die Here Jesus se bexdiening het nie by SY dood opgehou nie, maar na Sy opstanding het Hy aan die regterhand van die Vader gaan sit om te bid. Hebr.7:25 “Daarom kan Hy volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree”

Dit beskrywe Sy doel wat Hy nou verrig nl. om vir ons in te tree.Ook in Rom.8:34 kom die woorde: “Wie is dit wat veroordeel Christus is dit wat gesterf het, ja meer nog, wat ook opgewek is, wat aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.”

Gebed is iets waaraan almal van ons deel kan hê, of u siek of oud of jonk is, almal van ons kan die geheim van gebed leer ken.

6)      DIT IS DIE MIDEL WAARDEUR U EN EK BARMHARTIGHEID ONTVANG:

Hebr.4:16 Sê: “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons op die regte tyd gehelp kan word.”

Die weg vir barmhartigheid en genade is deur gebed. Barmhartigheid is wat ons nodig het, genade is wat ons ontvang. Die Here wil vir ons gee, maar ons moet leer om deur gebed te ontvang.

7)      ONS BID IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS

Joh.16:24 “Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie, Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”

Mense wat die geheim van volgehoue gebed geken het straal eenvoudig en loop oor van blyskap en het altyd iets om mee te deel, omdat hulle wandel met die Here vars is.

Ps.16:11 Praat van “versadiging van vreugde voor U aangesig”

Die wonderlike vreugde wanneer ons in gebed waarlik tot die here gaan deurbring. Neem tyd in gebed om wewrklik in die teenwoordigheid van die Here te kom.

8) GEBED MET SORGE EN LEWE IS MET DANKSEGGING VERSEëL.

Hy gee Sy vrede at alle verstand te bowe gaan, wanneer ek met Hom sal wandel.

Wees oor niks besorg nie. Maar, laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking bekend word by God.

Dit is die lewe wat ons Heiland vir u en my wil bied.

9)      DIT IS OOK DIE WEG WAARLANGS U EN EK DIE HEILIGE GEES SAL ONTVANG:

Luk.11:13 As jull wat sleg is weet hoe om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid.

Hand.8:15 lees ons dat die mense gebid het om die Heilige gees te ontvang. Hand.4:31 ook dieselfde.

10)  DIT IS OOK DIE MIDDEL OM ONDER DIE BEHEER VAN DIE HEILIGE GEES TE LEWE:

Luk.21:34-36: Maar pasop vir julleself dat julle harte nie miskien beswaar word deur swlegery en dronkenskap nieen die sorge van die lewe nie.

Waak en bid altyddeur dat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom te ontvlug, en voor die Seun van die mens te staan.

11) GEBED BEVRODER GEESTELIKE GROEI:

Ps.139:23-24. Deurgrod my hart en toets my en ken my gedagtes, en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg.

Gebed brin krag in ons werk: Toe die dissipels in die binnekamer was todat hulle vervul was met die Heilige Gees het hulle kragtig getuig.

3)      Gebed sal ander na die Here toe lei:

GEBED BESORG SEEN AAN ‘N KERK:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00