DIE WARE WYNSTOK: JOH.15:1-9.

INLEIDING:

In Eseg.19:10 verwys hy na die wingerd as Israel, en nou verwys die Here Jesus na Homself as die Wynstok van daardie wingerd. Wanneer hy in vs.5 vandie lote praat verwys Hy na Hom in Sy bloed wat gestrot is en Ssy dissipels wat nou in Sy dood en lewe met Hom verenig sal word.

In Joh.7:28 kom bevestig die Here jesu dat God die Vader die Waragtige is. In hfst.15:1 bevestig Hy dat Hy die Ware Seun van God is en in hfst.16:13 bevestig Hy dat die Heilige Gees die waarheid is.

Terwyl die dissipels op die vooraand van hulle verwarring  staan waarin hulle lewens so geskyud gaan word deur dit wat in Getsemane met ons Heiland gaan gebeur, moet Hy aan hulle gemoedsrus kom gee aangaande die Goddelike Drie-Eenheid.

‘n Wynstok verklaar dat daardie persoon verenig is in daardie sap waarvan hy homself mee versadig. Dit is so gevaarlik dat ek my versadiging in enige iets anders kan vins as behalwe in onse Here Jesus Christus. Dit is so nodig, dat ons daarom ons wandel sal bevstig om seker te maak of ek met Hom wandel. Daarom die verklaring: “Ek is die Ware Wynstok.”

Hy begin deur aan ons te bevestig dat daar verskillende wynstokke is waraan die mens verbind kan wees. Dinge waarin hulle so verenig is dat hulle hul versadiging daarin vind.

Die landbouer is die een wat die besitskap van die land besit. En dit is die Vader. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00