DIE VRUG VAN DIE HEILIGE GEES:

BOODSKAP 4

LANKMOEDIGHEID:

 

H.W. Beecher het eens gesê: ‘Daar is nie so iets om oor lankmoedig-heid te preek nie tensy die boodskap so lank is dat die gemeente lankmoedigheid moet leer onder die lang boodskap’

 

Die natuur van die mens is ongeduld, want ons wil nie wag nie. Ons soek oombliklike oplossings. Ons geslag van “nou” van die tyd is deel van die “rotte jag” waarin ons verkeer. Alles is kits: kits kos, kits programme, voorafgevaardigde produkte waarby net ‘n ietsie bygegooi word met die doel om tyd te spaar. Tandepaste neem slegte asem reuke dadelik weg.

 

Dit is kits pappe, kits koffie, kits skeer room, kits verligting van kopsere en verkoues. Die wee moet ook kits verander. Die gekitsde lewe veroorsaak dat ons in hoër senuvlakke leef as wat die mens bedoel is om in te leef.

 

DIT VEROORSAAK ‘N GESINDHEID TEENOOR MENSE:

 

Geduld of lankmoedigheid is liefde onder druk. Dit openbaar ‘n gesindheid teenoor mense. Dit verdra lank met mense, ongeag hoe onredelik die mens mag wees, of hoe on-liefdevol en onleerbaar die mens mag voorkom.

 

Geduld is nie onverdraagaam nie. Dit is ‘n gees wat bitterheid of vergelding hanteer as dit wil, maar staan dit ten sterkste teë.

 

Ons word nie met geduld gebore nie, ons sien van geboorte af hoe baba’s huil, of hoe rusteloos ‘n kind kan wees. In die N.T. word lankmoedigheid gekoppel aan ‘n swakheid in die mens se samestel-ling, en nie as ‘n deug nie. Richard Flecknoe sê Lankmoedigheid is deug vir die arme.

 

Dit is nie moeilik om te sien dat dit veel meer wysheid verg om te weet dat lankmoedigheid ‘n deug van volwassenheid is nie. Die swakke is vinnig om te reageer in woede en die onsekere is vinning om te verdedig. Wysheid leer dat dit tyd en geduld en sterkte sal neem om die beseerde te genees.

 

Deur lyding en geduld sal ons verkry wat tyd en omstandighede nooit sou regkry nie. Geduld is kragtig. Geduld is die vermoeë om dinge deur te sien.

 

Die Skriftuurlike woord vir lankmoedigheid of geduld is stel vor om te verdra, en gewilliglig om te wag, te verdra en aan te gaan ten spyte van moeilike omstandighede. Dit beteken om die vooroodeel van kritiek te weerstaan en in hoop en berou van die verkeerde en vreugde en blydskap aan die einde te sien.

 

Geduld is ‘n vrug van die Gees, wat in die verhouding tot my mede-,emens uitgeleef moet word. Liefde vrdra lank. 1 Kor.13:4. Ons moet teenoor mekaar lankmoedig wees. Kol.3:12. Geduld beteken dat ek nie hoop verloor nie. Liefde hoop alles.

 

Gedlud/ lankmoedigheid, is nie passief nie. Dit is gekonsentreerd, aktief, en sterk. Die prentjie van geuld is nie gevoude hande nie, dit is die aanvaarding van elke ding sonder verassing, dit wag met ‘n glimlag. Hebreers verwys om saam met geduld te hardloop.

 

Geduld hou aan om die wil van die Here te doen, ongeag die omstan-dighede. Dit maak nie kompromie nie, of raak nie verstrengel nie, ongeag ontmoediging. Dit ag die Here bo alles. Dit hou rigting ten spyte van wat ookal.

 

Francis de Sales het die verhaal vertel van Cassian: verwys na ‘n sekere toegewyde vrou gesien het hoe Athanasius gehelp is om die gawe van geduld te help kweek en gee ‘n arme weduwee as ‘n maat, wat boos, ongeduldig, en geirriteerd was, wat aan die dame die geleetheid gegun het om oorvloedige gelaanthede te he om deurnis en gedudl te beoefen.

 

GEDULD IS VERLOSSEND:

 

Paulus verwys na lankmoedigheid as ‘n noodsaaklike deel van sy apostelskap. 2 Kor.6:6. ‘n Persoon wat nie geduldig kan wees nie kan nie gesag besit nie. Ongeduldige persone dryf mense weg eerder dan ‘n verlossende gees te openbaar. Ongeduld is ‘n gevolg van blindheid om te sien wat die Heilige Gees wil doen.

 

Paulus sien lankmoedigheid as ‘n moet vir elkeen van ons, omdat dit in die vrug van die Gees ingesluit is, omdat dit deur die Gees van die Here Jesus in ons gekweek is.

 

Geduld is noodsaaklik, as ons waardig die roeping waarmee die Here ons gereop het sal wandel. Efe.4:2. Dit is een va die groot karkter eienskappe van liefde. 1 Kor.13:4 en moet aan alle mense geopen-baar word. Christen gemeenskap is nie moontlik sonder geduld teen-oor andere nie. Paulus vergelyk die liefde van ‘n ware Christen teen-oor die valse leermeesters 2 Tim.3:10.

 

Niemand kan preek of leer of andere help sonder geduld nie. Gerald Kennedy het gesê: Soos een ouer groei, kom ons tot die gevolg-trekking dat meer lewens verwoes is deur ongeduld as deur enige ander sonde. Luk.21:19.

 

‘N GESINDHEID TEENOOR GEBEURE:

 

Lankmoedigheid beskryf die Christen se reaksie op gebeure en situasies. Ten spyte van moeilike omstandighede of vervolging word ons tot geduld geroep. Die O.T. heiliges het geduld beoefen. Hulle het die einde nie gesien nie, maar weens hulle geduldige geloof het hulle die loon ontvang.

 

Oor en oor word in die N.T. geduld ingeskerp, waar O.T, heiliges as voorbeelde gebruik word. Petrus gaan verder om te sê dat lankmoedigheid kosbaarder as goud is.

 

Jok.5:10 “Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het.”

 

William Barckley sê: ‘in sekere opsigte is lankmoedigheid die grootste deug van alles.’ Dit is nie met romanse omring nie, dit het nie die skielike verwagting van ‘n avontuurlistige aksie nie, dit is dieselfde deurg as die Here self.

 

Die Here Jesus het in Sy lyding sonde, rebellie en die weersin van die mens gedra, Hy het geweier om hoop op te gee vir hierdie wêreld wat Hy geskape het, wat so dikwels hgulle rug op die Here draai. Die mens in die  lewe op aarde moet die onvergeetlike vrug van geduld teenoor ander openbaar en die Here se ontmoedigende geduld teenoor die mens.

 

Geduld het ‘n stille verwagting van hoop. Die N.T. prat van die geduld van hoop. Hoop vervaardig geduld. As ons liefde het en die Here liefhet sal ons baie meer verdra en hoop en geduld openbaar. Rom.2:7 “aan die wat deur volharding in geoei werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek – die ewige lewe.”

 

Hebr.10:36 Sê: “Want julle het lydsaamheid nodig, om nadat julle die wil vanGod gedoen het, die belofte te verkry.”

 

Jak.5:7 Skrywe: “Wees dan geduldig, broeders, tot op die weder-koms van die Here. Kyk die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en laat reën ontvang het.”

 

As ons in die beloftes vand ie Here glo, kan ons geduldig daarvoor wag. Die hoop van die Evangelie maak die hart geduldig en vul dit met geduld. Ons sien romndom ons vreeslike gebuere en dink dat die Here te laat is. Ons verloor hoop. Ware geduld kan wag. Trots kan nie.

ONS GEDRAG OF PATROON VAN GEDULD:

 

Hoe wonderlik om te weet dat ons Heiland nie met ons handel na ons dade nie. Hy stuur Sy reën oor die goeie en die slegte. Hy kom deur blydskap en iemand wat honger is op verskillende maniere kom die Here na ons toe. A jy die deur agter Hom toeslaan sal Hy weer op ‘n ander manier na jou toe kom.

 

As jy ‘n vyand ignoreer wat simpatie soek sal Hy op ‘n ander manier na jou toe kom deur ‘n vriend wat simpatie aan jou openbaar. Paulus bid in 2 Thess.3:5 “Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus”.   

   

Dit ways na Christus as die volmaakte patroon van geduld. Die vrug vind Sy volheid soos alle ander vrugte in die Here Jesus. Ons moet bly na Hom kyk, wat ons voorbeeld is, ons Verlosser en Heer is. Ons moet in Sy weë wandel, en navolgers van Hom wees. Dit is alleen moontlik deur die oop Gees wat in ons woon.

 

GEDULD MET SY DISSIPELS:

 

Kyk net met watter geduld het die here Jesus met Sy eie dissipels gewerk. Hulle was so uiteenlopend in hulle persoonlikhede. Hulle het die self verheerlik, tog was Hy met hulle geduldig.

 

Dink net hoe moeilik dit vir die Here Jesus was om liefde aan sulke manne te gee, en te aanvaar en geduldig met hulle te wees. Daar was Simon, en Mattheus, die inkomste versamelaar, en was hierdie twee uiterste vyande voordat die Here hulle geroep het. Simon wou ‘n eedswering neem dat hy die Romeinse leermag een vir een sal onthoof. Tog het die Here Jesus tussen hulle geslaap.

 

Dink net met watter geduld Hy moes werk om die dissipels die geestelike beginsels van die lewe te leer. Na ‘n paar jaar se navolg het Fillip aan Hom gesê: Here toon ons die Vader, en ons sal weet.”

Die Here Jesus antwoord hom die eenvoudige vraag: Is Ek nie al so lank by julle nie, en jy vra my toon ons die Vader, Ek en die Vader is een.

 

Dink net met watter geduld die Here Jesus hulle hanteer het nadat die twee broers gevra het dat een aan Sy regter en een aan SY linkerkant moet sit. Dat die Here Jesus hom moes antwoord dit My nie toe om te bepaal wie aan My regter en wie aan My linkerkant sit nie.

 

Deur die hele lewe van die here Jesus het Hy vir ons die voorbeeld van oorgegewe liefde en geduld geopenbaar. Toe Judas die Here Jesus verraai het was Hy steeds baie geduldig en pleit by die laaste aanvondmaal vir sy bekering. Toe petrus Hom drie maal verloën het toe dit begin moeilik gaan het die Here Jesus in liefde na hom gekom en hom in liefde herstel.

 

Hy moes die Here Jesus se geduld tot die uiterste beproef het. Hy het volmaakte gedyuld geopenbaar.

 

GEDULD MET AL JOU VYANDE:

 

Sy geduld teenoor SY vyande was meer oorweldigend, daar was seker niemand in die wêreld wat met soveel vernyn en valsheid gehaat was as die Here Jesus nie, hulle het alles probeer om Hom tot die uiterste toe te verneder. Selfs tydens Sy bediening het hulle dikwels probeer om die kindertjies van Hom weg te stuur, maar Hy was altyd die volmaakte voorbeeld van liefde.

 

Sy geduld was nie uit swakheid nie, Hy herhinder hulle dat Hy te enige tyd twaalf legioene engele kon stuur om Hom te kom verlos, dit sou nie dioe plan van die Here en die oorgegewenheid van SY Gees geopenbaar het nie.

 

Nooit het iemand ooit soveel sterkte en terheid geopenbaar met al die demoniese magte wat ook op Hom gereën het en tog het Hy al die krag in die heelal tot Sy beskikking gehad en tog lankmoedigheid was Sy opnbaring gewees.

 

Petrus skrywe baie jare later: 2 Pet.3:9 Die Here is nie traag oor Sy beloftes nie, mar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige verlore moet gaan nie. Hoe genadig, hoe teer, en geduldig is die Here nie met ons nie. Dit is wat Hy verwag hoe ons teenoor ander moet optree.

 

Paulus skrywe aan die Kollesense gemeente dat ons waardig die here moet wandel, en vrugtevol moet wees, ion elke goeie werk en in die kennis van die Here mag toeneem, volgens Sy magtige krag Kol.1:10-11 “sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag bekregtig word volgens die mag van Sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap.”

 

In Sy bediening het Hy geduld geopenbaar, hoewel Hy min resultate gesien het , daar was eers die baie wat gevolg het maar in Sy finale uur het vele weggestap, en het Hy selfs aan Sy dissipels gevra of hulle nie maar ook wil weggaan nie. Hy het nie gestruikel nie, of was nie ontmoedig nie, Hy het die profesie van Jes. vervul Hy sal jou nie teleurstel of faal nie.

 

GEDULD OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN:

 

Sien die sterkte van die Here Jesus se geduld, in Sy volgehoudenheid om die wil van die Here te doen. Hy het voortdurende geduld in die ongereserveerde aanvaarding van die wil van die Here geken. My voedsel, om die wil van My Vader te doen.

 

Hy het die wil van die Here in Getsemane gesoek, ook toe alles donker om Hom was, en alles te wonderlik gegaan het. Hy was ook later fisies gemartel en verstandelik gegesel, en het nooit probeer om Homself te verdelg nie. Deur Sy geduld het ons redding gekom.

 

Van Hom is gesê: Vir die vreugde wat vir Hom voorgehou is die kruis verdra het. Hebr.12:2. Ons is die bevoordeeldes van Sy geduld. Ons benadeel onsself as ons nie in di evolheid van die Here Jesus bly leef nie, ons raak so ongeduldig, so selfgesentreerd oor ons eie besittings en wat nie alles nie.

 

Ons sal op ander wat naby ons is skree, as dinge volgens my wil en planne verloop nie, ons kan dit nie hanteer as ons daaraan moet dink dat ons in ‘n situasie verloor nie, en kan nie geduld en liefde bedink aan die wat ons benadeel het nie. Omdat ons nie die Here Jesus in situasies sien nie, en sien dat geduld ‘n deug is nie, is die vrug van die Gees van die Here self ons deel nie.

 

Liefde is geduld. Dit is revolusionêr. Budger Clarck inspireerr ons om meer geduldig te wees uit die boek Job. Nadat hy sys eie foute gesien het dink hy op welke wyses kan die mens ontmoedig word.

 

Na elke mislukking werk jou heil uit, sien waarin jy gefouteer het en staan darvandaan op en begin weer die Here te vertrou om in jou te werk.

 

Die God van geduld en versoening roep ons tot geduld, Rom.15:5 “En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder nekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus”.

 

Paulus skrywe aan die gemeente van Galasieërs die woorde: My kinder vir wie ek in barendsnood is, todat die gestalte van Christus in julle verwesenlik word.” Gal.4:19. Die Here rig jou hart in die liefde van die Here julle harte rig tot die liefde van God. Hy hoor.

 

GEDULD IS LIEFDE SE EERSTE TOETS:

 

Die ongeredde is so self gesentreerd, so self sag op hulleself, so self gesentreerd en wat nie alles nie, die geredde vriend antwoord hierdie gekultiveerde dame wat onder die heidene werk: Daarom het hulle ons nodig.

 

Liefde is geduldig en teer. In die lys van 15 karakter trekke uit 1 Kor.13:4-7 Kom liefde is geduld eerste voor. Al die verhoudinge van liefde kom geduld as die primêre eerste voor. Alle verhoudinge het geduld in liefde nodig.  

 

 Hierdie eienskap van geduld is in die huishouding seker die meeste nodig. As ouers het ons hierdie vrug in oorvloed nodig. Dit is hier waar dit die maklikste is om geduld te verloor.

 

Hoe dikwels word dit wat ons in die huis leer gekanseleer deur ons optredes en ongeduld. Die Gees van die Here maak dit vir ons maklker om mee saam te leef. Hy maak ons meer versigtig om hoflik en begripvol op te kan tree.

 

Henry Drummond sê: Daar is ‘n siekte wat liggaraaktheid genoem word, wat as siekte ten spyte van sy onskuldige naam is een van die grootste oorsake van rusteloosheid in die wêreld. Wanneer liggeraak-heid kronies word word dit ‘n morbiede staat van ‘n innerlike misplaing. Dit is self liefde, wat tot ‘n akute staat kan lei.

 

ONGEDULD EN ONGELUKKIGHEID:

 

Die meeste seer in huise word deur ongeduld in woorde en in hande-linge geopenbaar.

 

 

 

 

 

 

 

BOODSKAP 5

DIE VRUG VAN VRIENDELIKHEID:

2 Pet.1:5-8.

 

INLEIDING:

 

Wneer jy aan mense dink wat jou beindruk is dit seker een van die mees blywende indrukke wat jy het nl. hulle vriendelikheid. Die woord word in sy oorspreonklike verband gebruik om nie die Gees van die here te bedroef nie. Efe.4:32 “Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.”

 

Vriendelikheid is ‘n bewustheid van hoe andere voel, en is ‘n konsi-derasie vir hulle gevoel, en ‘n aanneming van een se gesindheid en woorde en optrede dienooreenkomstig. Sommige mense sou graag uit so ‘n situasie wil uitklim omdat hulle so iets te sentimenteel be-leef en onnodig en selfs hieper krities wees, maar liefde is vriendelik. Dit word as die tweede karaktertrek na lankmoedigheid in 1 Kor. 13:4 genoem.

 

Vriendelikheid verstaan ‘n ander persoon selfs as hy verkeerd doen. Dit is ‘n teer hart wat omstandighede verander selfs wanneer daar misverstande onstaan en rede is om verkeerd op te tree. Daar is onmiddelike vergifnis teenoor die verkeerde en ‘n regte verhouding om deur die reg die verkeerde te oorheers.

 

Plummer in 2 Kor.6:6 Sê: Vriendleikhied in die mens is ‘n simpatie-ke of edelheid van geaardheid wat andere op hulle gemak plaas, en on vergewende pyne laat wegstryk.

 

Die Engelse woord “gentleness“ deel hierdie betekenis, maar omskrywe dit nie volledig genoeg nie. “Kindness” omdat die Griekse woord die omskrywing van “deur vriendelikheid en akiewe diens  wanplaasting of persepsies regstel.”

 

Liefdevolle vriendelikheid “loving kindness” verwys na vriende-likheid wat uit liefde groei. Alhoewel hierdie begrip uit baie van die nuwer vertalings uitgehaal word stem dit steeds ooreen met 1 Kor.13:4 waar Paulus sê: “Liefde is vriendelik”  Epictetus het eeue gelede gesê: Dat hy weet dat iemand aan die Here behoort wanneer hierdie persoon die gees van “gentleness”, opregtheid, en aanneem-likheid.

 

Die Paslms is voortdurend verbaas wanneer hy die vriendeliheid van die Here beskrywe. Dit was die enigste eis wat hy geg=had het vir die gawe van die Here vir hom. Dit was die enigste voorwaarde vir die vegifnis van die Here. Die vriendelikheid van die Here is die ding wat ons na die Here toe trek met koorde van liefde.

 

DIT IS NIE SENTIMENTEEL NIE:

 

Dit is nie ‘n bykomstige skaduagtige mooiheid, of ‘n onwerklike ge-voel of ‘n swakheid nie. Dit is daardie geestelike genade wat vloei uit geestelike sterkte en standvastigheid. Dawid het in 2 Sam.22:36 gesê:”.. u neerbuigende godheid het my groot gemaak.”

 

Alleenlik die sterke kan vriendelik of goed reageer. Die onsekere en die swakke moet wreed en brutaal reageer. Hulle moet hulle moont-likhede adverteer, deur ander op hulle neuse te slaan. Die sterke het nie nodig om so te reageer nie, of om homself te verdedig of om te roem nie.

 

‘n Swak Christen sal hard en omngenaakbaar reageer en optree, en sal verbale anvalle maak en vol kritiek wees, en kan dit nie hanteer as ander met hulle verskil nie. Die sterk Christen is die een wat edel of goed sal optree. Die Gees vand ie here maak ons begripvol, vrien-delik, opreg en edel. Vriendelikheid neem ons van die oordeelstreeon van die Here weg en plaas ons in die genade stoel.

 

So is dit wanneer die Heilige Gees ons weë voorspoedig maak. Om deur die Gees te wandel beteken om in die weë van vriendelik-heid te wandel. En in spraak en optrede dit te openbaar. Ons mag groot genoeg wees om te erken dat ons nie al die antwoorde het nie en die Gees gee aan ons ‘n oorgegewenheid om na ander om te sien.

 

DIE TOETS VAN GOEDHEID OF VRIENDELIKHEID:

 

Die vrug sal alleen getoets word wanneer andere ons verkeerd opvryf 

Die toets van ‘n persoon se goedheid is nie wanneer alles goed gaan nie, dit word geopenbaar wanneer dit sleg gaan.

 

Ons groei in Christen genade, en goedheid wanneer iets moeiliks of onbeskofdheid oor ons pad kom, en ons tog vriendelik bly. Goedheid word in die huis gedemonstreer of getoets, nie wanneer alles goed en wel verloop nie. Dit word geopenbaar wanneer die melk oorgestort word, wanneer die venster gebreek is, of iemand beseer word, of wanneer daar ongeduld of aantuigings gemaak word. Dit is geleenthede waarin die Gees van die Here ons help om goedheid of vriendelikheid te openbaar.

 

Francis de Sales skrywe: Hou in gedagte dat die by wat heuning maak, leef op bitter voedsel, en so ook kan ons nie handelinge van goedheid en geduld of die heuning bymekaar maak van die waarste deugdes beter maak, as wanneer ons die brood eet van bitterheid en voortdurende herdheid nie.

 

Dit is ook waar van ‘n kafee of kantoor. Die toets of ons goedheid openbaar, die vrug van die Gees is wanneer dinge verkeerd loop, wanneer iemand nie saamstem nie, en wanneer ons elke rede het om verkeert te reageer. “Die vrug van die Gees is goedheid”.      

 

In die kerk word ‘n bietjie goedheid benodig. Net ‘n klein bietjie kan so ver kom. Liefde is goedheid of vriendelik.  Ons liefde word in die kerk geopenbaar wanneer iemand onverdraaglik optree en ons die krag van die Heilige Gees ondervind om vriendelik op te tree. Wanneer woorde uit woede teen ons gespreek is, en dinge teen ons gesê word. Goedhied kan alleen getoets word wanneer ander nie goed teenoor ons optree nie.

 

LIEFDE IN AKSIE:

 

Wat is goedheid anders: Dit is liefde in die klein dingetjies, dit is die respek vir die ander se gevoel en persoon. Dit is deurdagsaamheid in handeling geopenbaar. Dit is vriendelik in gees wat eenheid bou en liefde in situasies wat sou ontplof.

 

Vriendliekheid of goedheid bring seën in ‘n situasie waar bitterheid en slegte gevoelens sou geheers het. Dit is verder om iemand in nood te help. Dit is die konsiderasie van verhoudinge tussen persone. Dit is gesprekke wat rondom die goeie eienskappe van ander konsentreer  

Dit vermy slegte en sedige gesprekke, dit ryk uit na ander in moeilik-heid, en lyding. Dit vermy slegte gesprekke van andere en onder-steun eerder. Dit gee ‘n helpende hand en helende aanraking na iemand in nood.

 

Dit verhinder woorde wat ander sal seermaak, en help andr wat in nood is. Dit neem verhoudinge tussen persone in ag, en beklemtoon ander se goeie eienskappe, en vermy gesprekke wat tot oneer kan lei. Dit reik na ander in moeilikheid, en ondersteun andere. Dit sal edel gesprekke aanmoedig.

 

Roy o Mc Clain sê: As ek op my lewenspad terugkyk is daar net ‘n paar dinge wat vir uitstaan. Dit was nie die publisiteit of die aantal grade, of feite wat iemand kan onthou nie, maar dit wat uistaan was die dinge waar ander eerbied teenoor andere getoon het.’

 

Dit is ‘n woord of handeling wat nie vergeet sal word nie. Kol.3:12 “Beklee julle dan as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedig-heid lankmoedigheid.” 

 

DIT IS ‘N LETTER VERSKIL:

 

Dit is ‘n tederheid wat na ander uitreik wat in nood is. Dit is die verhaal van ons Verlosser, dat Hy deur dood en die opstanding vir ons kom opsoek het in ons sonde verlore toestand, en my kom uithaal het. Ons was arm en siek en blind en naak.

 

Soos Hy gewandel het het Hy ons die geleentheid gebeid om ons saak met Hom reg te maak. Vriendelikheid, werk uit in verhoudinge wanneer dit in praktyk getoets word. Die woord vriendelikheid word in die Grieks as Chrestos en Cristos uitgespel. Daar is net een letter veskil in die twee woorde. Geen wonder dat die heidene verward was met die vriendelikheid van die Christene nie, soos vandag ook behoort te wees. Die Hee se edelheid was in die Here Jesus geopenbaar is ekle aspek.

 

DIE HERE JESUS SOEK VIR DIESLUKES:

 

Die Here Jesus het SY lewe deur gesoek na die wat liefde en vriendelikheid nodig het. Hy het tussen mense deurbeweeg en nuwe waarde aan hulle lewens gevoeg. Kinders weet wannner iemand lief-deloos optree.  Een dag het die Here Jesus by die bad van Sileom verby geloop en die man wat al ‘ngruime tyd lam was raakgesien niemand anders was goed genoeg om hierdie man te help nie, en hom in die water te tel wanneer die engele die water geroer het nie. Die Here Jesus het omgedraai en hierdie man eenvoudig gesond gemaak.

 

Die Here Jesus self was ook moeg van die dag se beweeg tussen die skare het op die kant van ‘n put gesit, terwyl die ander dissipels weg was het Hy by die vrou wat so na liefdeverlang het, en haarself telkemale vir wellus oorgegee het Hom hoor praat, weet sy dat dit die Messias alleen kon wees wat so gespreek het.

 

By ‘n ander geleentheid het die Here Jesus by die huis van ‘n Simon gesit en eet. ‘n Sondige vrou onderbreek die geleentheid en toon haar liefde vir Hom deur haar alnbeste fles te breek, en Sy voete te was met haar trane, bewus van haar diepe berou en Sy vergifnis vir haar het Hy haar toegelaat om te doen wat enige ander geestelike leier of teoloog nooit toegelaat het om te doen nie, het Hy vir haar gesorg.

VEELVULDIGE LIEFDE:

 

Die hele Bybel is deurspek van hierdie begrip van die liefde van die Here vir ons. Jes.63:7 Sê hy: “Ek sal die goedertierenheid van die Here prys, die roemryke dade van die Here, ooreenkomstig alles wat die Here aan ons bewys het en die veelvudige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het.”  

 

Dink aan jou kind as hy of sy so mooi vra om iets te doen is dit omdat daar ‘n behoefte is wat vervul moet word. Die Here word be-skryf as iemand wat mededeelsaam en begipvol is. Hy is selfs gentle genoeg om dinge van my weg te hou wat sal seermaak. Ten spyte van ons selfsugtigheid bly Hy gentle, omdat al Sy handelinge met ons gemotveerd is deur liefde.

 

GOEDHEID IS KONINKSKAP:

 

‘n Moeder wat gewoond is om in die his te kla en te mor en ‘n prag-tige beeld na buite dra hoor sy een aand hoe haar kind bid. Liewe Heer maak so vriendelik teenoor ons soos sy teenoor ander mense is.

 

Die vrou het die gebed gehoor en eers gedink dat dit snaaks is en dit aan haar man gedeel, hy het na haar met ‘n ernstige uitdrukking gekyk en gesê: Dit is waar, jy behandel ons nie met dieselfde beleefdheid as wat jy ander hanteer nie, dit was ‘n draaipunt in die vrou se lewe.

 

Een van die kenmerke van ‘n ware Christen is die uitlewing van die vruug van vriendelikheid. Onthou, as jy nie baie vriendelik is nie, is jy nie baie geestlik nie. In ‘n familie is dit so maklik om ‘n onvrien-delike optrede te openbaar. Die wat die naaste aan ons is laat ons

dikwels brandmerk met hierdioe norse en onvriendelike optrede.

 

Vriendelikheid laat ‘n merk van status of koniklikheid na. Dit is ‘n handeling tussen mense van dieelfde soort. Dr. McGrath wat ‘n Amerikaanse Fisioloog is sê: Negentig persent van verstandlike siektes wat ek sien kon verhinder word of genees gewees het deur eenvoudige vriendelikheid of beleefdheid.

 

Vriendelikheid is liefde in klein dingetjies. Dit is juis in die klein dingetjies waarin ons die meeste faal. Daar is so dikwels die verwagting dat ons in die groot dinge ons karkater kan openbaar terwyl dit in die klein dingetjies is waarin ons krakter werklik geopenbaar word.

 

Die beste deel van ‘n mens se karaketr is daardie klein ongesiene dade en woorde wat betekenloos lyk, maar wat waarde dra en liefde in in vriendelikheid openbaar. Elke gelukkige huis of kerk word gekenmark deur handelinge van vriendelikheid.

 

VRIENDELIKHEID IS GOEDHEID:

 

‘n Tipiese karkter van iemand wat nie die vrug in hulle lewens openbaar nie is dat sodar hulle ‘n beter aanstelling kry, hulle per-soonlikhede dikwels verander. Vriendelikheid of deugdsaamheid is ‘n genade wat benodig word in elke praktiese omstandighede altyd. Almal kan kla en ongeskik wees, alleenlik groot siele kan vriendelik en beleefd bly.

 

Dit is moontlik dat ek baie groot dinge kan doen en nooit groot wees in Bybelse begrip nie. Liefde is vriendelik. Die gebrek aan Christelike vriendelikheid is geen klein saak nie, hoe dikwles het mense nie in ontmoediging omgedraai weens verkeerde optredes nie.

 

‘n Gebrek aan teerheid of vriendelikheid lei tot self regverdiging.

 

VRIENDELIKHEID VERRUIM LEWENS:

Vriendelikheid teerheid en liefde vir ander wat op ‘n daaglikse basis geopenbaar word verruim siele se ontvanklikheid vir jou.

 

Vriendelikheid is ‘n taal wat die blinde kan sien en die dowe kan hoor.  Vergifnis is ook ‘n element van beleefdheid. Vergeef mekaar soos Christus ook julle in die Here vergewe het. Dit beteken dat ons beleedfheid teenoor mekaar openbaar wat uit ‘n teer hart onstaan selfs teenoor die wat jou seermaak. Vriendelikheid dra nie die gedagte van wie skuldig is nie, dit soek alleenlik die vreugde van ‘n regte verhouding. Dan alleen kan die Gees van die here in ons lewe die beeld van Christus openbaar.

 

Toe Leonardo Da Vinci aan die skildery die laaste aanvondmaal gewerk het het hy kwaad geword vir ‘n sekere persoon. Terwyl hy sy humeur verloor het en die ander man met vreeslike woorde toege-snou het, draai hy om om die gesig van die here Jesus te moes teken, maar was nie instaat om dit te doen nie, hy was te onsteld om met die werk aan te gaan. Hy het sy gereedskap neergesit en na die man gegaan om hom om verskoning te vra. Die man het sy verskoning aanvaar en het Leonardo omgedraai om die gesig van die Here Jesus te voltooi.

 

Beecker ‘n prediker in Brooklyn Amerika het die beleid gehad dat indien iemand hom leed aangedoen het, hy nie sou rus todat hy die man wat hom leed aangedoen het vergoed het met ‘n goeie daad nie. Dit het ‘n spreekwoord in Brooklyn geword: As jy ‘n guns van Beecker wil ontvang, skop hom.

 

Wees vriendelik teenoor mekaar, teerhartig, vergewend, soos die Here Jesus jou vergewe het. Efe.4:32.

 

DIE KONINKRYK VAN BELEEFDHEID:

 

Henry Penn wat ‘n peresident van ‘n groot beweging van bloemsites in Amerika vertel dat een van die grootste insidente wat hy kon herroep as bloemiste was die geval waar twee seuns en ‘n meisie vamn om en by 10 jaar oud die winkel kom besoek het. Hulle het verweerde klere gedra maar het skoon hande en gesigte gehad. Die seuns het hulle kepsies afgehaal toe hulle die winkel binne gekom het, terwyl een voorentoe getree het en beleefd verduidelik het dat hulle die komitee is en dat hulle mooi geel blomme soek.

 

Penn het hulle goedkoop en eenvoudige blome gewys, waarop hulle antwoord was dat hulle beter blomme soek. Moet die blomme geel wees. Ja was die antwoord. Mickey sal selfs meer daarvan hou as hulle helder is. Hy het ‘n geel baadjie.

 

Penn vra hulle: Is dit vir ‘n begrafnis: Hulle het geknink en ingestem. Die meiesie het omgedraai om haar trane weg te sluk. Sy is die suster. Hy was ‘n goeie vriend en ‘n vragmotor het hom gsietr getrap terwyl hy in die straat gespeel het. Ons het dit gesien gebeur.

 

Ons kinders het ‘n fonds insameling gehou en 18 sent bymekaar gemaak. Sal rose heelwat meer kos? Geel rose?

 

Geraak deur die verhaal en die lojaliteit van hierdie kinders en die liefde vir hierdie kinders antwoord Penn hulle: Ek het mooi en pragtige rose hier wat ek vir 18 sentverkoop. Een van dei seuns se antwoord was: Dit sal darrem wonderlik lyk. Mickey’s hou juis van sulke rose.

 

Die Bloemiste het beloof dat hy dit vir hulle mooi sal opmaak, met varings en groenigheid. Waarheen moet ek die rose stuur: Sal u omgee as ons dit somer nou neem. Ons wil dit vir Mickey self gaan gee hy sal meer daarvan hou.

 

Penn het die 18 sent geneem van die kommitee, om die mooi rose te koop waarvan Mickey sal hou. Peen beskrywe daardie dag as een van sy mees bemoedigende dae ooit, onbewus daarvan het hy deel aan hulle bydrae gehad.

 

BEKEND VIR BELEEFDHEID:

Vriendelikheid en liefde loop hand aan hand. Christene het geen groter kompliment teenoor andere dat hulle vriendelikheid teenoor andere openbaar nie. Sonder vriendelikheid is ons onwaardig om Christene genoem te word, sonder genmeenskap met die kinders van die Here nou hier op aarde. Die duiwel kan nie ‘n inpak maak op iemand se lewe as hulle nie ernstig soek om die nood van andere te bedien nie.

 

In die lig van die sentraliteit van liefde en die erns waarmee Christuts ons geroep het, en wat die here Jesus aan ons gesê het dat ons andere moet liefhê soos ons onsself liefhet, is dit nie vreemd dat baie Christene nie bekend staan vir hulle vriendelikheid nie.

 

Jerome Davis skryf jare gelede: As ons die geskiedenis van die kerk bestudeer vind ons dat die etise en morele lering van die Here Jesus natuurlik vleoi vanuit die gedagte dat ons ons bure moet liefhê soos ons onnself moet liefhê. As daar die tekortkoming is maak dit die kerk minder effektief.

 

Dit beteken dat ons nie ‘n verharde gesindheid moet openbaar nie. Dit is so maklik datr ons geirriteerd kan voorkom, eendag mag ons wakker word met die skok in ons harte dat ons so min vir ons medemens gedoen het.

 

TREE IN ANDER SE SKOENE IN:

 

Millicent Basore van Dallis Texas sê: Terwyl ek by ‘n busstop gewag het, het ek ‘n man gesien wat gelyk het asogf hy die hele wêreld se laste dra. Die Here het hierdie geleentheid vir my gegee om teenoor hom te getuig. Ek het getuig maar hoe het dit my geraak.

 

Terwyl die man van sy probleme met my gedeel het, vra ek myself die vraag af: waarom is ek daaroor gepla.  Ek het gou agter gekom dat die man gedrink was, en verander my gesindheid teenoor hom, en het ek my rug op hom gedraai.

 

Toe kom die vraag, wie dink ek is ek, dat ek hom oordeel. Kon ek nie net ‘n paar minute afstaan om na hom te luister nie. Wat moes die Here Jesus van my gedink het. Toe ek terugdraai na die man kon hy sien dat ek nie veel met hom te doene wou gehad het nie, en maak hy verskoning. Dit het my so gepla en pla my nog steeds.

 

Gandi het een gesê: dat 3 kwart van probleme sou verdwyn as ons net in die skoene van ‘n ander een sou staan om na hulle probleme te luister en iets daaromtrent te doen.

 

Napoleon het aan die einde van sy lewe getuigg dat hulle hulle magte op militêre vermoeëns gebou het, maar wat het die here Jesus gedoen: Die Here Jesus was die enisgte een wat Sy ryk op liefde gebou het, en sal menigde bereid wees om vir Hom te sterf.

 

Helen Brenneman het eens gesê: Verwysende na die behoefte van  begrip: Daar was eens ‘n man wat ‘n hart oorplanting gehad het, en die operasie was ‘n totale mislukking want die man wa die hart moes ontvang was wreed en die een wat sy hart gegee het was edel. Sy liggaam het dit eenvoudig verwerp.

 

Die Bybel vertel ons van ‘n suksesvolle hart oorplanting: Kyk ek gee hulle ‘n nuwe hart en sal My Gees daarin plaas, ek sal die hart van klip verwyder en in plek daarvan ‘n vleeshart gee, sodat hulle in my weë sal wandel en My verordeninge onderhou. Eseg. 36:26-27.

 

DEUGSAAMHEID VERANDER:

 

Word vertel van hierdie vreeslike man wat geen sekretaresse kon hou nie. Die nuwe sekretaresse het besluit dat na ‘n harts verandering sy spesfiek daarop gaan let wat sy kan noem om die man te komplimenteer. Haar eerste dag het sy genoem dat die matreiaal in die pak pragtig was, so aangehou, na ‘n ruk het sy dit maklik gevind om komplimente uit te deel, en het sy hart heeltemal verander en is uit eindelik met haar getroud.

 

VRIENDELIKHEID LEI TOT VRIENDELIKHEID:

 

In Matt.25:40 Sê die Here Jesus as ons iemand water gee om te drink , doen is dit aan die geringste van die broeders. Deur ander te dien is ons besig om die Here Jesus te dien, en is dit ‘n handeling van teerheid, en is dit ‘n direkte pad na die ewigheid.

 

Vriendelikheid van ‘n goeie vriend mag meer betekenisvol wees as lang tye by die dokter se spreekkamer. ‘n Goeie gesprek met ‘n naby vriend kan dikwels wonderlike genesing bring, en help om dinge in perspektief te sien en dit veroorsaak dat die dinge my nie oorweldig nie.

 

VRIENDELIKHEID IS VRIENDSKAP:

 

Om ‘n vriend te wees, neem nie ‘n spesiale gawe nie. Dit neem spesiale genade. ‘n Vriend is een wat vriendelik is, geduldig, en liefde vol genoeg om te luister na ander se probleme. Dit is verder iemand wat nie op jou sal neersien nie, omdat ek ont moedig en deurmekaar voel nie. ‘n Vriend luister en hoor die nood wat ons moeilik sal verstaan. ‘n Vriend is een wat deur te luister help om ons eie woorde te hoor, sodat ons perspektief kan verkry.

 

Hoe dikwels het ‘n vriend nie net geluister en my gehelp om pers-pektief te kry, omdat daar nie met die ore nie, maar met die hart geluister word.

 

F.W. Robertson skrywe: laat die swakste maar die nederigse onthou dat in sy daaglikse omswerwe kan hy as hy wil hemel oor iemand se siel uitstort. Vriendelikheid, kosederasie en begripvolnis kan mense se lewens so verander. Hoewel dit so min kos. Ons word almal geseën deur ander se bemoediging vir ons.

 

Liefde bewys homself in klein dingetjies, en deur alles te doen om andere nie te benadeel nie. Ons weet dat ons ander moet liefhê: Dit beteken ook in die klein dingetjies van die lewe. Die klein dinge-tjies openbaar iets van ons gewone lewenswandel.

 

‘n Dosent het by geleentheid aan sy studente ‘n opdrag gegee m uit te voer: Keis die persoon wat jy die minste van hou, en doen daagliks iets waar jy uit jou pad sal gaan om hierdie persoon te ondersteun of te bemoedig.

 

En student het ‘n regte dwars meisie uitgekies en na ‘n ammd so ‘n liefde en teerheid vir daardie meisie ontwikkel dat dit vir my ‘n voorreg was om haar te help, om haar ongelukkige kinderlewe te oorbrug.

 

Sy het my weer gehelp om myself te sien in my onvriendelikheid, en gebrek aan medelye, my oordeel en kritiek, sonder om ander te probeer te verstaan.

 

Die Here Jesus het altyd mense gehelp, om hulle vry te maak van gesindhede en invloede wat hulle verhinder het om op hulle beste te wees.

 

DIE GETUIENIS VAN VRIENDELIKHEID:

 

Wanneer die Here spreek spreek Hy gewoonlik derur ‘n mensliks stem, wat teer is. Niks stop die klank van Sy stem so vinnig soos kritiek en onaangenaamheid nie. Die grootste ding wat ons vir ‘n mende mens kan doen is om goed te doen.

 

Goedheid het meer sondaars na die Here getrek as ‘n ywer vir Sy saak. In Spreke 30 vertel Salomo dat die lof vir ‘n deugsame moeder is haar tong wat bbedagsaam is. Dit word deur die woorde qwat ons spreek en deur die stemtoon waarin ons spreek geopenbaar.

 

Vriendelike woorde is musiek vir hierdie wêreld. Dit het krag ver meer as natuurlike elemente, dit is soos engele sang. Niemand  was ooit deur sarkamse bemoedig nie, maar eeder gebroke. Sagte woorde van liefde en begrip werk veel meer as hardheid. Klein woorde soos ek is jammer, asseblief, verskoon my of mag ek help, raak veel meer mense se harte as ‘n ongeskikte optrede.

 

Terwyl groot verstand en intelegensie bewonder word, kan dit nie ‘n gebroke hart heel nie. Alleenlike ‘n begripvolle hart kan dit vermag.

 

 

 

 

  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DIE VRUG VAN GETROUHEID:

GAL.5:22

 

INLEIDING:

 

Daar is vyf fondasies waarop die kerk gebou is in die lewe van die Here Jesus. Eerstens was dit die vleeswording of geboorte van die Here Jesus, dan die kruisiging, dan die opstanding die hemelvaart en die wederkoms van ons Heiliand.

 

As die eerste aspek die saad is is die tweede die saad wat in die grong gegooi is die derde die opgroei tot hemels gelykheid, of Christus gelykvormigheid dan volg die vrug deur die Heilige Gees en dan die bymekaarmaak van die vrug by die wederkoms van die Here Jesus.

 

Net voor die bekendmaking van die vrug in sy volheid verklaar Paulus in Gal.2:20 dat hy met Christus gekruisig is, da hy nie meer leef nie, maar dat die lewe wat hy leef, deur die vlees leef  dit leef deur die geloof in Christus Jesus.

 

Daarom dat hy kan uitroep dat dit ver daarvan is dat hy in eie krag kan roem, maar alleen in kruis van Christus wat hom laat kruisig het en sterf het aan die vlees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00