DIE OORWINNING OOR VERSLUIERINGS 11 KOR.3:1-18

AGTERGROND:

Die boek was vanuit Macedonië in die stad Filipie geskrywe. Dit was net ‘n paar maande na 1 Kor. geskrywe waarskynlik 56 n.C.

Hierdie brief was geskrywe in “groot verdrukking en benoud-heid van hart… onder baie trane”.

DIE REDE OF DOEL VAN DIE BRIEF:

Hy maak in hfst.2:8 bekend dat hy in baie verdrukking gehad het dat hulle selfs aan hulle lewens gewanhoop het. Baie onsteld aangaande die verslae wat hy uit Kor. ontvang het, het hy Timotheus gestuur met die boodskap dat hulle hom nie moet verag nie.  Dit wou voorkom asof Timotheus se besoek misluk het om probleme op te los en dat Paulus toe gou self vinnig gaan besoek het. Dit wil voorkom dat Paulus baie onsteld was met sy terugkeer, en dat hy totaal gebreek was deur hulle optrede.

Hy het toe Titus gestuur wat ‘n bietjie ouer was as Timotheus en tog meer ferm opgetree het. Paulus was totaal uitgeput van spanning dat dit voorgekom het dat hy wou knak onder die druk van Korinthiërs. (11 Kor.2:12-13). Hy het Efe. verlaat en na Troas afgegaan waar ‘n groot deur vir hom oopgegaan het, waar hy weens sy onsteltenis nie kon preek nie en afgaan het na Filipie.

11 Kor. Is die mees persoonlike boek van al Paulus se briewe. Hier wor sy hart geopenbaar en die intensiteit van sy emosies. So sterk as wat hy gewoonlik was, was hy gebroke weens die sorg van die bekeerlinge.

Die verskil tussen 1 en 2 Kor word deur D.A. Hayes so omskrywe:

“Eerste Kor. vertel ons meer van die innerlike geskiedenis van die vroeëre kerk, die probleme en oorwinnings, die gebruike en beginsels, wat ons meer van leer as enige ander boek in die Nuwe Testament. Tweede Kor. vertel ons meer van die harts geskiedenis en die innerlike karakter van die Apostel Paulus dan enige ander bron van inligting wat ons kan hê”.

Dit is in hierdie hoofstuk wat hy vir hulle daarop wil wys dat hulle twee dinge is nl. 1) ‘n Brief      2) dat hulle versluier is.

U en ek is elkeen ‘n brief. Daar is verskillende soorte briewe wat ons kan kry of wees. Ons kan:

1) Liefdesbriewe                                   2) Sake briewe

3)Vriendskaplike briewe wees  4) Prokureers briewe

5) Nota’s                                      6) Uitnodigingsbriewe

7) Telegramme                         8) Hartlke briewe

9) Bedankings briewe               10) Vensterbriewe

11) Gelukwense briewe wees   12) Gemene briewe wees.

In hierdie gedeelte wil Paulus vir u en vir my wys dat ons een of ander boodskap na ons medemens uitstuur wat ‘n invloed op hulle lewens het.

Ons kan gered wees, en ‘n bydrae lewer om iemand deur ons lewens nader na die Here Jesus te trek, of hulle bloot wegdryf.

Watter soort brief is jy?

Die rede hoekom daar nie ‘n ope brief in u en my lewe is nie is omdat daar een of ander versluiering is wat verhinder dat die Lig van die Evangelie in ons lewens moet deurbreek.

GEESTELIKE BLINDHEID:

In Kentukie Amerika is daar ‘n groot diep grot, wat etlike kilometers onder die grond sterk, en wat deur blinde visse bewoon word. In die feit dat hulle die duisetrnis liewer as die lig het het hierdie vissie die vermoeë van sig verloor. Hulle het oë, maar kan nie sien nie. Die mens se liefde vir die duisternis van sonde ontneem hom van alle geeslike sig. Hy is in duisternis tot nou toe. Deur die duisternis lief te hê, is die krag van sig verlore. Dit sal nie net help dat daar lig in die grot moet inskyn nie, ‘n bonatuurlike inwerking moet plaasvind sodat die visse hulle sig weer kan geniet. Die lig van die Heilige Gees het gekom, maar sonder die krag van die Heilige Gees is dit nie genoeg om iemand van die duisternis te red nie.

1 Joh.1:5 Sê in die liefdesbrief van die Here vir u en vir my: “En dit is die verkondiging  wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is Lig, en geen duisternis is in Hom nie”.

Watter dinge veroorsaak dat daar dus duisternis in my lewe is dat ek nie kan sien nie.

1) ONKUNDE: Hos.6:4 “My volk gaan te gronde weens ‘n 

geberk aan kennis”

Daar is dikwles soveel onkunde aangaan die sluiers wat die Here oor my lewe wil lig dat ek net nie deurbreek en Hy my nuut kan maak nie.

a) Die prys verbonde aan redding:

Dikwels wanneer ek my lewe wil regmaak vertel die duiwel my dat ek nie met alles kan breek nie. Dan sal ek ‘n te ‘n lewe lei en in ‘n Bybelstryd beland.

Ek weet dat die Here van my ‘n volkome prys verwag en dat Hy aanspraak maak op my hele lewe en nie net ‘n deel van my lewe nie.

Dink ek moet ‘n persoonlikhieds verandering ondergaan.

b) Vrese:

Wat gaan van my besigheid word, as ek my vriende vaarwel moet roep. Wat sal my vriende van my sê. Die Here Jesus sê:

”Wie agter My aan wil kom en nie sy broers, sy ouers en vriende verloën nie, sal nie My dissipel wees nie”.

My ervaringe van die verlede: Van mans en van ouers kan ‘n groot rol speel in my vrese.

c) Gevolge:

Probeer op die handelsmark van die Evangelie die goedkoopste moontlik uitweg vind waardeur ek kan sê dat ek ‘n Christen is, sonder om een te wees.

2) MISLEIDINGE:

Omdat ons die waarheid nie wil anneem nie, sal die here die krag van die dwaling stuur.

a) Neem net die Here aan sonder om met sonde te breek.

Dit bring ‘n versluiering in u lewe.

b) Self vergoddeliking:

Niemand mag vir my aanspreek nie. Ek doen soos ek wil, praat soos ek wil, leef soos ek wil, en verwag dan dat die Here my in die Hemel moet toelaat terwyl die Woord van die Here duidelik sê dat niks wat onrein is sal in die konikryk van die hemel toegelaat word nie.

Die gedagte van positiwietyt. Alles moet net positief wees.

c) Godsdienstigheid:

Roem daarin dat ons kinders van Abraham, Moses en Dawid is.

 Daar is geen uitleef van Christenskap nie. In ons ou Suid Afrika is ons mos Christene met die bierblik in die hand, en sigaret in die moend en die popmusiek in die kar en die vuil Tv. programme in die huis.

Daar is nie die uitleef van Christenskap nie.

3) DIE UITLEEF VAN CHRISTENSKAP:

a) Valse gerustheid: Ek het mos een of ander ondervinding in my lewe en het nie nodig om die Heiligmaking in die vrese van die Here na te jaag nie. Ons werk nie ons eie heil uit in vrees en bewing voor die aangesig van die Here nie.

Ek het ‘n ondervinding in my lewe, al die ander optredes in my lewe wat nie ruim met die vrug van die Heilige Gees nie is maar slegte gewoontes. Die Bybel verklaar hierdie ou gewoontetjies as sonde en daarmee moet met die Bloed gehandel word.

Gebrek aan die vrug van die Gees:

1) Liefde                      2) Blydskap                  3)Vrede 4)Lankmoedigheid      5) Vriendelikheid          6) Goedheid    

7) Getrouheid               8) Sagmoedigheid         9)Selfbeheersing.                     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00