DIE NOODSAAKLIKHEID VAN HEILIGHEID:

 

INLEIDING:

 

So ‘n ruk terug praat ek met iemand en vertel hy my hoe hy besig is om heiligheid na te streef en verwys na sy dieet wat hy verbeter en allerhande dinge, behalwe die noodsaaklike nl. om toe te laat dat die Here met die sonde probleem in die hart mee kan handel.

 

Sodra ‘n mens weg beweeg van die grondbeginsels van die Woord van die Here neem allerhande ander teorie van ons harte besit en beland ons in ‘n doolhof van misleidinge. Die duiwel lag wanneer hy sien dat ons misleidinge aanhang want dan weet hy dat jy en ek uiters onproduktief vir die Here is.

 

DIE SONDIGHEID VAN DIE MENS:

 

Die feit dat elke eend wat uit die dop uit kom waters toe wil gaan bewys dat hy van nature ‘n watervoël is. Die feit dat elke kind van elke familie van watter ouderdom ookal, wat ookal sy omstandig-hede begin om te sondig soos bv. jellie te steel bewys dat elke kind ongeag ouderdom in sonde gebore en ontvang is en ons dus ‘n sondige natuur het.

 

Onder hierdie onderwerp raak ons die onstaan, die karakter en die gevolge van sonde aan. Weens tyd kan ons nie nou in diepte op hier-die onderwerp ingaan nie, maar gaan ons die aspek hanteer wat direk van toepassing is op ons onderwerp nl. heiligheid.

 

DIE MENS BESTAAN UIT ‘N TWEELEDIGE NATUUR:

 

Verlossing in al sy stadia’s is ‘n ernstige greep waaruit ons van sonde gered moet word. Sonde het ‘n verwyderende element, en is antagonisties teen die Here en die belange van die mens. Dit is nie oorspronlik in die oorspronlike skepping van die mens daar gewees nie. Dit is ‘n plaasvervangende virgiftiging wat die mens betree het – ‘n saad van boosheid wat die siel besoedel het. Sonde betaan onder twee Skriftuurlike aspekte.

 

Dit is eerste ‘n neiging van boosheid binne in die mens, en dan ‘n boosheid deur die mens verrig.  Daar is ‘n spesifieke verskil tussen die sondige staat van die mens en die sondige handelinge van die mens. In praktyk is sonde ‘n doelbewuste oortreding teen die toelaatbare wil of wet van die Here. ‘n Sondige staat behels ‘n verwronge natuur, ‘n neiging tot die die kwaad, ‘n hart wat verwyder is van die Here en ‘n hart wat heiligheid teenstaan.

 

SONDE AS ‘N HANDELING:

 

Die skakel tussen sonde en die handeling van sonde as ‘n innerlike staat word die eerste keer in Adam gesien. Hy sê: “Ðaarom soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.”  Rom.5:12

 

Deur die een mens het die beginsel van sonde die wêreld betree en die doods beginsel deur die sondige beginsel, daarom het die dood tot alle mense deurgedring, omdat almal gesondig het.

 

Drie dinge het die totale mensdom beetgepak:

1) Sonde as ‘n beginsel,

2) Sonde as ‘n handeling (almal het gesondig het) en

3) Dood as die gevolg daarvan

 

Kom ons kyk van nader na die sonde in die eerste mens. In Rom. 5:14 Noem Paulus dat: “dood heers van Adam tot by Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ‘n voorbeeld is van Hom wat sou kom”

 

Adam se sonde was verskillend van die sonde van die mense ras. Hoe was dit verskillend: Ons het ‘n aanduiding van die antwoord in 1 Tim.2:14 “En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom”

Adam was volmaak gaskape sy sonde het nie gekom a.g.v. inwon-ende sonde nie, of ‘n verkeerde insig oor sonde nie. Hy was nie mislei soos Eva was nie, sy sonde was dus doelbewus, met die kennis van die posisie en die gevolge. Hoe  hy dus gesondig het, hy het dit gedoen verteenwoordigend van die hoof van die mensdom daarom was hy die eerste Adam ‘n beeld van Hom wat sou kom. Sy daad wat ‘n offisieële daad was, wat nie net homself betrek het nie, maar die totale menslike geslag waarvan hy die vader en die hoof was. Daarom was die hele familie geraak deur die gevolge van hier-die handeling.

 

Omdat Adam se sonde nie onstaan het uit enige vorm van innerlike onheiligheid nie, is dit duidelik dat die sondige handeling iets anders as ‘n sondige staat is, en nie gedoen is met die stimulering daarvan nie. Die gevolge van Adam se sonde was geweldig, nie net vir homself nie, maar vir die hele menslike ras.

 

Adam se handeling van ongehoorsaamheid het sy morele staat be-soedel. Die Here se wet van die gewete en rede was nie langer die enigste beginsel wat gegeld het nie. Self onderwerping aan versoe-king die begeerte om sy sintuie teen die wete van wat reg is sy gewete te gebruik, het die ongeluk laat plaasvind. Die veranderde staat van die siel bring die verlies van die Heilige Gees en het die doods beginsel die wêreld laat betree.

 

Rakende Adam se nasate. Adam was deur sonde afgesny van die Heilige Gees, en was van nature ‘n verplaasde sondaar, en van die boom van die lewe afgesny en ‘n natuurlike verplaasde sondaar en deur die wet van afstammeling het sy nasate die saad van Adam ont-vang, en is moreel en natuurlik in wese immoreel.

 

Deur sy sonde het Adam die beeld van die Here verloor insluitende die oorspronklike ingeplante heiligheid van karakter. Sy uitkyk het so verander dat hy dieselfde vervalle vlak van kommunikasie verkeer waaraan ons aan die ongeredde ken.

 

Geneties is die hele geslag betrokke in die gevolge van Adam se sonde. Enige iemand wat die Bybel ernstig opneem moet erken dat die hele familie van die mensdom gebrandmerk is met sonde. Rom.3:12;19 23 “Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.” “Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaar-dig is” “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God”

  

Jes.53:6 “Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom”

 

Die maniere van sonde is eindeloos, en verander maar net bietjie van

tyd en omstandighede. Tog bly die basiese karkater van ‘n sondige optrede dieselfde, nl rebellie teen die Here om my eie wil te doen. Daar is baie sondes in die Bybel uitgespel soos Amos.5:12; 8:4-7 Mark.7:21-23 Rom.1:28-32 1 Kor.6:9+10; 1 Pet.4:3. Open.21:8 ens.

 

Sonde word soms geklassifiser as teen die Here en teen die mens en teen onsself, dit kan ook as sondes van woorde gedagtes en dade geklassifiseer word. EN vele ander defenisies. Dit is menslike sondes wat die hele uitspansel raak en ons van die plan van die Here verwy-der daarom dat ons gered moet word.

 

SONDE AS ‘N INNERLIKE STAAT:

 

Sonde is ‘n innerlike staat en was vanaf Adam in die mens oorge-erf. En die gevolge is vervalenheid, wat sekere handelinge van sondes openbaar met effekte. Kain die eerste seun van Adam was ‘n man met haat gevul, trots en dwarsheid en moord. Sy probleem kon nie deur die swak omgewing geblaam word nie, dit was weens die ver-valle natuur van die ouers. Die feit is duidelik ook van Set van toe-passing wat in die gelykheid van die Here geskape was, en Adam het 130 jaar oud geword en het ‘n seun gehad wat na die beeld van Adam geskape was met die naam van Set Gen.5;1+3

 

Ons het gesien dat Adam in die beeld van die Here geskape was, maar Set gebore in die gelykheid van Adam. Die vervalle beeld eerder as die oorspronlike beeld was in die nasate te siene.

 

Hierdie wet van oorerflikheid is hier reeds geimplimenteer, elke wese reprodiseer iets van sy eie soort, met dieselfde fisiese eien-skappe, en die rol van genete het reeds hier onstaan.

 

Dit is vir ons genoeg om te weet dat die mensdom deur sonde besoedel is.

1) Dawid gee hieraan getuie in Ps.51:7 Wanneer hy verklaar dat in sonde sy moeder hom ontvang het en ongeregtigheid is hy gebore. Dan in Ps.58:4 “Afvallig is die goddelose mense, van geboorte af; die leunsprekers dwaal van die moederskootaf.”

Joh.3:6 Dit wat uit die vlees gebore is, is vlees, en dit wat uit die Gees gebore is, is Gees. Om te bewys dat die mens van geboorte af nie ‘n inherente Goddelike natuur het nie.

 

2) Die staat van ingebore sonde is universeël: Nie enige persoon uit ‘n natuurlike geboorte is hiervan uitgesonder nie. Ons het reeds gesien dat sonde in aksie is deel van die vervalle mens. Dit is van toepassing op babbas wat reeds voor hulle kan praat sonde ken.

 

3) Dit is die universele sondigheid van die mens se natuur het ver-oorsaak dat die universele sondigheid ‘n optrede is. Soos ‘n stroom water wat vanuit die stroom vloei net so is die innerlike staat van sonde tot die handelinge wat daaruit vloei. Daar kan ‘n rivierr wees sonder ‘n fontein net soos die geval van Adam, wat daar sonde kon gewees het sonder die innerlike sondigheid. Waar die fontein onstaan sal daar sekerlik ‘n rivier begin onstaan en waar innerlike sondigheid bestaan, sal daar ‘n sondige optrede verwag word as ‘n resultaat.

 

In die boete Pslam 51 is die eerste erkenning van sonde die oor-sprong van waar sonde onstaan, naamlik oortredinge wat die pro-bleem terugtrek tot die inherente sondige natuuur. Ek erken my oortredinge en my sonde is altydeur voor my. Vs.5 +7.

 

Deur Jeremia sê die Here: “Kan ‘n Kussiet sy vel verander, of ‘n luiperd sy vlekke, dan sal julle ook in staat wees om goed te doen jule wat gewend is om kwaad te doen.”  Jer.13:23.  Daar is eerstens die natuurlike staat wat deur die Kussiet en luiperd verduidelik word, dan is daar die optrede wat onmoontlik is om te verander solank hierdie natuur daar is.

 

4) Die innerlike sondige staat moet onderskei word van die kondisionele tekortkoming wat daarmee saamgaan. Beide die fisiese en die morele natuur van die mens word beide geaffekteer. As ons van die sondige natuur praat, verwys ons alleenlik na die morele defek van die menslike gees, en nie na enige fisiese defek van die liggaam of die verstand nie. Die latere defekte word as tekort-kominge beskou en die Bybel maak ‘n beslisde onderskeid.

 

Rom.6:18,19 Verwys Paulus na die vryheid van die sondige natuur maar dat die swakhede van die vlees steeds bly “vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. Ek spreek menslikerwys van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking”

 

Aangaande swakhede verklaar Paulus verder in 11 Kor.12:9;10 “…My krag word in jou swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is dan is ek sterk”

 

Dit is logies dat Paulus nie in ‘n sondige staat sou geroem het nie, Hy ken die verskil tussen swakhede en sonde, en so moet ons ‘n oorwinnende lewe wil lei.

 

Swakhede lê in die gedagte of in die liggaam. Sonde lê in ‘n inheren-te morele natuur. Rakende sonde en die liggaam verklaar Paulus: 1 Kor.6:18-19 “Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggame ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julleself behoort nie.”

 

1 Kor.3:17 “As iemand die tempel van God skend sal God hom skend, want die tempel van God is heilig en dit is julle.”

 

Dit is nie die liggaam wat sondig nie, maar wat wel teen gesondig kan word soos hoerery. Dit is die gees van die mens wat sondig hoewel die liggaam daarvoor gebruik kan word. Die Korithe ge-meente was steeds vleeslik, dit is,  hulle het steeds sonde wat in hulle woon, maar rakende die liggaam  was hulle heilig. Hulle liggame was die tempel van die Heilige Gees.

 

Die Here Jesus het na die aarde gekom in die gelykheid van die sondige mens en was waarlik menslik en het ‘n fisiese liggaam gehad. Tog het Hy geen sonde gehad nie Rom.8:3. Hy het die sonde in die vlees veroordeel. Hy het nie die vlees veroordeel nie, maar die sonde wat in die liggaam woon. Nadat Hy die jaloersheid en impul-siewe vleeslikheid van Sy eie dissipels opgemerk het, het Hy hulle eendag bestraf. Julle weet nie van watter gees julle is nie, Luk.9:55

 

1) Swakhede het hulle grond op die fisiese natuur, en word deur intelekteule defekte erken. Maar sonde heers in ons vleeslike lig-gaam wat onstaan of van die gewoontelike verdraaidheid van ons harte of van die onweerstaanbare voorsiening van tempramente.

 

2) Swakhede sluit spyt in en soms vernederings. Sonde bring altyd skuld mee.

 

3) Swakhede in ‘n siel sal nie die harmonie in my verhouding met die Here steur nie. Sonde sny die band met die hemel in my verhouding met die Here.

 

4) Swakhede is sonder versoening solank ons in die liggaam is. Sonde is deur die draende krag van die Here vermydelik deur elke uur van ons veranderde lewe. Foute word in die lewe hierna verwyder maar ons moet van sonde gered word nou op hierdie aarde.

 

EIENSKAPPE VAN INWONENDE SONDE:

 

Nou dat ons ‘n duidelik onderskeid tussen sonde van handeling en ‘n sondige staat kan sien, is dit belangrik om die karkater van inwonen-de sonde te erken:

 

SONDE IS SY WESE:

 

Inwonende sonde kom deur inherente oorerwing van ons vader Adam. Maar wat is die karakter eienskappe: Sonde is nie iets wat ons van buite betree nie, en ook nie ‘n soort duiwel nie wat heerskappy oor ons gekry het nie teen ons wil in nie. Dit is ‘n misvorming van ons eie sondige natuur. Ons noem dit innerlike sondigheid of somer sonde.

 

Die profeet Jeremia spreek van bose gedagtes van die mens Jer.7:24 “…maar gewandel in die verharding van hulle bose hart…” Sien Jer.3:17; 9:14; 11:8; 13:10; 16:12; 18:12; 23:17. Die betekenis van die woord eie verstand of verbeelding is totaal verskillend van die woord bekend as kapasiteit om prentjies te skep uit ondervindinge van die verlede en situasies wat nie teenswoordige ondervind word nis. Dit beteken Bybels ‘n rebelse hart wat dwars is.

 

Sonde is presies dit, dit neem ons weg van die teenwoordigheid van die Here.  Dit is ongehoorseaam, eie geregtig, spreek vals, en wandel agter te verkeerde aan instede van die regte.

Vervallenheid is in wese afwesigheid van oorspronlike geregtiheid en die geneigdheid tot sonde.

 

SONDE IN SY UITING:

 

Daar is maar min wat by die plek kom wat die verborge natuur van sonde uitkom, buiten nog die verwydering van die teenwoordigheid van die Here. Die gewone ontdekking van hierdie sondige natuur is gewoonlik pynlik deur die erkenning van die verdraaiheid van inner-like korrupsie. Die individu probeer dit te oorkom, maar word meer en meer bewus van die bron waarvandaan al hierdie aaklighede voorspruit. Dan kom die uitroep vir verlossing. 

 

1) DAAR IS EERSTENS ‘N ANTAGONISME TEEN DIE HERE:

 

Die vleeslike gedagte is vyandskap teen die Here Rom.8:7 Die vlees bedink vyandskap teen God, want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie.

 

Dit was waarom die duiwel Eva bedrieg het om nie haarself aan die Here te onderwerp nie. Sedert dit is daar geen persoonlike onderhoud met die duiwel nodig om teen die Here te rebeleer nie, die mens se morele misplasting is so dat ons verwyderd van die Here leef. Hoewel die persoon die Here desperaat nodig het wil hy nie natuur-lik die Here in sy lewe toelaat nie.

 

Vleeslikheid is teen die Here, en ongewillig om na die Here te keer, ‘n onwilligheid om aan die Here totaal oor te gee, en nie bereid om aan die Here onderworpe te wees nie. Sy planne en doel en alles is in rebellie teen die Here gesetel. Dit is ‘n wegbeweeg van die Here na sonde.

 

Vleeslikheid hou ons buite die allerheiligdom van die Here en sal toelaat dat ons daar laer opslaan, en word oud en moeg net buite die allerheiligdom van die Here. Dit is die teenwoordigheid van ‘n sluier oor ons harte, dit is die sluier van ons vleeslike vervalle natuur wat voort bly leef, binne in ons, wat nooit gekruisig word nie.

 

Ons kan die Here net so goed en intiem leer ken soos enige ander persoon. Waar die fokus op allerhande handelinge en organisasie geplaas word en lidmaatskap ens.

 

Die feit dat die mens soveel fokus op al hierdie ander dinge plaas en nie ‘n soeke na die teenwoordigheid van die Here nie, is ‘n toonbeeld van vleeslikheid. Jy sal gerus voel tussen die gewone Christene, maar so ongemaklik tussen die ware Gees vervulde kinders van die Here. Laat toe dat jou siel na die Here verlang Ps.42:1-2. Laat ons weet dat ons geen ander gode voor die Here mag aanbid nie.

 

2) DAAR IS ‘N SELF GESENTREERDHEID:

 

Die sondige hart is net rondom homself gesentreerd vir betekenis en doel vir hierdie lewe en vir bevrediging van eie begeertes. Jes.53 Sê dat almal gedwaal het soos skape ons het elkeen sy pad gevolg, maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

 

Daar is ‘n vergrote bewustheid van ons eie belangrikheid, ‘n begeer-te om vereer te word, ‘n hiper sensitiwiteit tot beserings, ‘n geneigd-heid om die foute van ander te vergroot, ‘liefde vir my eie wil en idees, en is rebels en dwars.

 

3) DAAR IS ‘N AANGETROKKENHEID TOT DIE WêRELD:

 

Eva se aandag was van die Here afgetrek en haar verantwoordelik-heid teenoor Hom. Dit is dieselfde neiging dat die aantreklikheid van die Here weggetrek word, en self verhinder word.

 

Ons weet dat daar noodsaaklikheid vir voorbestaan is, soos kos, klere en behuising is, die gevaar is dat hulle vir ons belangriker raak as die Here self, todat hulle ons lewens domineer.

 

SONDE BRING GEBONDENHEID:

 

Slawe was in die dae van Paulus gemaak op twee maniere:

 

Hulle was gevang en op markte verkoop. En weggevoer word na ander lande. Paulus gebruik altwee die beelde van gebruik in Rom.7:14 dat ek vleeslik onder die sonde uitverkoop is.

 

Dit is die figuur van ‘n hopelose slaaf, wat wreed van my gesin weggeskeur word en op ‘n ander plek moet gaan dien. Dit is soos ouers wat hulle kinders in die vrese van die Here wil grootmaak en dan sien hoe die duiwel wreed op daardie kinders toesak en alles wat beskermend was kom vernietig. Die een mag verlang om weer vryheid te geniet maar die stryd is intens totdat daardie jongmens toegee dat dieHere in die hart kan kom werk.

 

VOORSIENING VAN HEILIGHEID IN

DIE PLAN VAN DIE HERE:

 

Ons besef dit almal dat die Here ons nie wil los in die staat van wan-hoop en magteloosheid nie, en sien dat die plan van redding van die Here volkome verlossing van sonde bring.

 

Die plan van die Here is om die mens by ‘n plek van verlossing te bring, waar hy in Hebr.7:25 bevestig daarom kan die Here die mens volkome red om ons tot God te bring, siende dat Hy altyd leef om vir ons in  te tree.

 

Die woord volkome verwys na die volmaakte werk wat die Here vir die mens ingedagte het. Om ons tot die hoogste graad te verlos, tot die uiterste punt te verlos.

 

Kom ons kyk dan na Rom.6:6 Die HELE Rom.6 is ‘n kragtige argument van verlossing van alle sonde. Die eerste 10 verse dui die toestand van die siel, en wys wat reeds bereik is, en dan vanaf vs.11 verwys na wat nog gedoen moet word.

 

Ons sien dat toe de Here Jesus gesterf het, het Hy dit voorwaardelik. Gedoen dat soos Hy in die lig is ons ook in die lig moet wandel.

1 Joh.1:7. Johannes praat hier van sonde en nie van sondes nie. Daar is ander plekke in die boek wat hy van sondes praat, vs.9 en maak ‘n beslisde onderskeid. As ons die voorwaardes van Johannes nakom soos hier beskrywe sal die bloed van Christus ons volkome reining. 

 

Dan is daar Titus.2:11-14 Die genade van die Here wat ons leer om alle goddeloosheid en wereldse begeertes te verloën en op die geseende hoop en die wonderlike versying van die te wag. Wat Homself vir ons gegee het, dat Hy ons van alle ongeregtigheid mag verlos. P.51

 

 

 

 

DAAR IS TWEE HANDELINGE VAN

GODDELIKE GENADE:

 

Die bleod van die Here Jesus was gestort om vir die volle omvang van sonde te sterf en verlossing te bring. Die eerste is die Goodelike handeling van vergifnis en dan die Goodelike handeling van reiniging.

 

DAAR IS ‘N LOGIESE ONDERSKEID TUSSEN DIE TWEE:

 

Daar is sondes wat deur handeling oplaasvind wat skuld bring, en is ‘n misplasing wat skuld veroorsaak en skuld wat my van die plan van die Here laat verwyder. Weens die verskillende karakters van die twee is daar verskillende oplossings vir beide.

 

Sondes gepleeg vereis vergifnis: Omdat dit ‘n opstand teen die Here se wil is. Dit is duidelik dat die wil van die mens betrokke is by die sonde, as die wil nie betrokke is nie, is daar geen skuld nie, waarvan ek verydering moet ontvang nie. Inerlike besoedeling het nie met ‘n handeling te doen nie maar ‘n leefwyse waarvan ek gereing moet word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00