DIE LERING VAN DIE HERE JESUS CHRISTUS

INLEIDING:

Met die passie wat die Here Jesus van die Vader ontvang het, nl dat Hy gekom het om te soek en te red die wat verlore is, het Hy met die salwing van die Helige Gees wat ons in Luk.4 van lees met ‘n ander boodskap as dit waaraan hulle gewoond was om te hoor gepredik. Geen wonder dat hulle verslae was oor Sy leer en oor die wysheid waarmee Hy gepredik het nie.

Van die vroegste tye af het die profete en verskilende leiers na ‘n Verlosser verwys, en het baie van die simbole waardeur die Here boodskappe aan hulle wou deurgee bloot net gewoontes geword. Nou het die Seun van God, wat mens geword het in die volheid van die tyd gekom om die Woord lewend aan hulle te verklaar.

Hy het met gesag gespreek maar ook in eenvoud en duidelikheid gesê waaroor hierdie lewe gaan nl. 1) Dat ons verlore is en dat Hy Sy liefde aan ons wil kom openbaar dat telwyl ons nog vyande was Hy ons met Hom wil versoen, en 2) Dat daar ‘n bose element is nl die duiwel en al sy geeste wat die mens wil verwoes en vernietig wat die voorregte wat ons in die Here het van ons wil wegneem deur dit te steel geen wonder dat hy ‘n dief en ‘n moordenaar genoem word nie.

In hierdie les gaan ons poog om die belangrikste leringe wat die Here Jesus op aarde gepredik en geleer het te hanteer. Daar was drie be-langrike besprekinge gewees.

1) Die Bergpredikasie Matt.5-7. 

2) Die Olyfberg rede of te wel die Profetiese rede Matt.24 en 25 en 

3) Die Rede in die Bo-vetrek Joh.13-16 en 17 en dan ander kort boodskappies tussen deur.

Daar word gesê dat die Here Jesus 18 onderwerpe tydens die Berg-predikasie aangraak het.

Matt.7:28-29 “En toe Jesus hierdie woorde geeindig het, was die skare verslae oor Sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.”

Luk.4:32 “En hulle was verslae oor Sy leer, want Sy woord was met gesag.”

Luk.4:22 “En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde wat uit Sy mond kom; en hulle sê: Is Hy nie die Seun van Josef nie.”

In ‘n sekere sin was Sy lering nuut gewees, openbarend en teenstry-dig met menslike rede gewees.

1) DIE HERE JESUS SE LERING AANGAANDE REDDING:

In Sy gesprek met Nikodemus het Hy aan hom genoem dat hy weergebore moet word Joh.3:1-15. In Sy gesprek met die Samari-taanse vroutjie het Hy haar dors na Homself gemaak wat die bron van Lewende water is.

In Joh.6 openbaar Hy Homself as die ware brood wat die siele hon-ger kom voed. In Luk.7:47-48. Dat Hy die mag het om sandaars hulle sondes te vergewe.

In Joh.10 in Sy rede oor die Goeie Herder openbaar Hy aan ons dat Hy die enigste deur is tot redding, en dat niemand gered kan word as behalwe deur Hom nie.

Matt.11:28-30 Maak die Here Jesus die uitnodiging aan die werkers en die vemoeides om na Hom te kom on rus te vind. Die wonderlike uitnodiging vir siele rus word verder uitgebrei in Luk.14:16-24 om die wat op die hoof weë en sy strate van die lewe is, die rykes en armes en die blindes in te bring. Die beste verhaal van liefde is die verhaal van die verlore seun in Luk.15.

2) DIE HERE JESUS SE LERING AANGAANDE

ONS DAAGLIKE CHRISTELIKE LEWE:

In Matt.5:33-48 leer Hy ons om nie te: 1) Sweer nie,

2) die ander wang te draai,

3) en om ons vyande lief te hê. 

In Matt.6:1-4; 19-21 leer Hy ons aangaande die vrygewigheid:

1) Om dit in die stilte of geheim te doen sodat ander nie hoef te sien nie 2) en om in die ewige dinge te investeer.

Dan het die Here Jesus baie oor gebed geleer – Matt.6:5-13; Luk.11: 1-13; Joh.14:13-14; 16:23-24.

Dat gebed in: 1) die binnekammer gedoen moet word,

2) dat ons volhardend moet bid

3) dat dit onbeperk in verskeidenheid en in krag moet geskied. 

Die Here Jesus het ons geleer om ander te vergewe voordat ons ver-gewe kan word. Matt.6:14-15, 5:23-24.

Hy het ook hulle geleer aan-gaande vas in Matt.6:16-18, Luk.4:2; voor die versoeking. Hy het voort gegaan om ons te leer dat ons ons behoeftes op die noodsaaklikhede van die lewe te rig en geleer dat ons daaglikse behoeftes soos kos en klere en ‘n plek van beskutting deur die Here voorsien sal word as ons eerste die Koninkryk van die Here sal soek. Matt.6:25-34.

Dan het Hy ook die noodsaaklikheid om die Here Jesus openlik te bely geleer Matt.10:32-33., Joh.9:38.

Hy het hulle geleer om na hulle huise te gaan en aan hulle verwante en families te gaan getuig Mark.5:19.

Sy hele lewe het Hy die sekerheid van redding aan die mens kom  bevestig Joh.3:16;18;36  Joh.5:24.

‘n Groot deel van Sy rede in die Bo-vetrek het gehandel oor die be-diening van die Heilige Gees en Sy inwoning, hoe Hy lei,

hoe ons Hom sal ken, Sy instaatstelling, Sy bekragtiging, en onder-skraging van die Christen  Joh.14:16-26. Die Here Jesus het nêrens aan Sy volgelinge ‘n maklike pad belowe nie, maar ‘n veilige tuiskoms. Hy het hulle vervolging verseker, en hulp en genade vir elke toets wat oor ons pad sou kom belowe Joh.16:1-6 Luk.12:11-12.

3) DIE HERE JESUS SE LERING AANGAANDE

DIE FARISEëRS EN VALSE LERAARS.

Die Here Jesus het nie genade getoon aan die wat vals was in hulle lering en lewe nie. In Matt.23:13-16 Sê Hy: “…weë julle, skrifge-leerdes en Fariseërs.”  Nie minder as 8 keer vs.13-16;23;25;27 en 29 noem Hy hulle blinde gidse en geveinsdes.

In Joh.8:44 vertel Hy hulle dat hulle van hulle vader die duiwel is. Geweldige sterk taal.

In Matt.16:6 Waarsku die Here Jesus Sy dissipels teen die “suurdeeg van die Fariseërs en die Saduseërs.”  Wat valse leringe verkondig en die opstanding verag ens.

Die Here Jesus leer dat hierdie valse kerkleiers hulle uiterste probeer om siele by die kruis te kry maar dat hulle “Hulle hulle twee keer erger kindsers van die duiwel maak”.  Matt.23:15.

Matt.7:15-20 Is ‘n waarskuwing van ons Verlosser waarin Hy ons waarsku teen die valse profete wat wolwe is maar in skaapsklere na hulle toe kom.

Luk.20:45-47 Is ‘n duidelike waarskuwing aan die dissipels om hulle teen die Skrifgeleerdes te bewaar.

4) DIE HERE JESUS SE LERING

AANGAANDE RENTMEESTERSKAP

Die Here Jesus het die regte gebruik van geld en skatte in Luk.12:16 -34.

Die skatte was nie vir die rykman se persoonlike verryking bedoel nie, want hy was ‘n dwaas: die ware skat (vs.33-34) was die wat na die Here reeds voor die tyd gestuur was.

Toe die vroutjie twee geldstukkies in Mark.12:41-44 ingegooi het, het Hy haar hoog geag, omdat sy nie uit die oorvloed ingegooi het nie, maar uit haar gebrek.

In Matt.15:14-30 leer die Here Jesus dat ons, ons God gegewe talente moet gebruik vir Sy eer.

In Luk.19:11-27 gee Hy die opdrag aan Sy disspels om “besig te wees” todat Hy kom, deur die ponde te gebruik wat Hy hulle gegee het, tot eer van die Here en tot die uitbreiding van Sy koningkryk.

Christene is rent-meesters van hulle geld, tyd, talente en geleenthede.

5) DIE HERE JESUS SE LERING

AANGAANDE DIE HEMEL EN DIE HEL:

Die Here Jesus het oor die hel en die ewige straf minstens 70 keer in die Evangelies gepraat. Matt.25:41 “Gaan weg van My, julle ver-vloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.”

Dit was die Here Jesus wat ons die duidelikste beelde gegee het van straf en pyniging in die hel Luk.16:19-31.

Mark.9:42-48 Is ‘n ernstige waarskuwing om die hel te vermy, waar die wurm nie sal; sterf en die vuur nie uitgeblus word nie. vs.44,46, 48.

In die Bo-vetrek Gesprek met die dissipels het die Here Jesus hulle verseker dat Hy net vir ‘n kort tydjie sal gaan om vir ons ‘n plek te gaan berei en terug te kom om ons weer te kom haal. Joh. 14:1-3.

Aan die sterwende berouvolle dief het die Here Jesus gesê: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.”  Die Here Jesus het die hemel as ‘n huis vir ons geskilder met die Vader Matt.6:9; Luk.11:2. Die Here Jesus het van die hemel gekom om te sterf en vele seuns saam met Hom te neem Hebr.2:10.

6) DIE HERE JESUS SE LERING

AANGAANDE EFFEKTIWITEIT:

Joh.15:1-17 Deel die Here Jesus met hulle in die Bo-vetrek aangaan-de die wynstok en die lote, met die begeerte dat ons “vrug” “meer vrug” en “veel vrug” sal dra.

In die gelykenis van die vyeboom wat verdroog was in Luk.13:6-9 was die boom (die Christen) wat nie vrug gedra het nie wat afgekap, vernietig was en in die vuur gewerp was.

In Matt.7:16-20 leer die Here Jesus “Dat ons vrugte moet dra wat by die bekring pas.” En dat ons “aan ons vrugte geken sal word.”  

In die gelykenis van die saaier en die saad in Matt.13:1-23 spreek die Here Jesus Sy begeerte uit dat elke Christen vrugte sal dra – sommi-ge dertig voudig, ander sestig voudig, en ander honderd voudig.

As ‘n Christen moet ons skoonmaak sodat ons meer vrug kan dra Joh. 15:2.

Die skoonmaak proses is soms bitter seer, waarin daar soms gegrawe en gespit moet word Luk.13:8 maar noodsaaklik.

Luk.6:43-46. Moet ons as Christene die vrug  van die Gees dra en siele vir die Here Jesus wen.

7) JESUS SE LERING AANGAANDE PROFESIë.

Die Profetiese rede of die Olyfberg prediking in Matt.24-25 het meestal met profetiese onderwerpe te doen.

Matt.24:1-3 Handel oor die vernietiging van Jerusalem wat in 70 n.C plaasgevind het.

Matt.24:4-14 Handel oor die uitrafeling van die tyd waarin ons leef.

Matt.24:15-26 Handel oor die Groot verdrukking, die tyd van Jakob se teëspoed.

Matt.26:27-31 Vertel van die terugkeer van die Here Jesus in Sy heerlikheid, met verdere detail wat in die gelykenis van die vye boom (vs.32-51) wat Israel voorstel, en dan die tien maagde van Matt.25:1-13 wat die kerk voorstel wat nie gereed was nie.

Matt.25:31-46 Vertel van die oordeel van die nasies, en die skeiding tussen die skaap en die bok nasies. Die sewe verborgenhede van Matt.13:1-25 is verskillende sieninge van die Koninkryk van die hemele                             

SLOT:

Ons kan seker die leringe van die Here Jesus in een woord opsom nl. – liefde. Hy het die 600 bevele (gebooie) wat die Ortodokse Jood onder twee afdelinge moes onderhou in 1) Jy moet die Here jou God liefhê, en 2) en jou naaste soos jouself Matt.22:37-39 .

Liefde is die uistaande kenmerk van ‘n ware kind van die Here Joh. 13:35 “Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is as julle liefde onder mekaar het.”

Joh.15:13 Het die Here Jesus na Sy plaasvervangende dood verwys aan die kruis en daardeur verklaar dat Hy die grootste vorm van lief-de geopenbaar het moontlik aan ‘n individu. Rom.5:8-9.

Die intredende gebed van die Here Jesus in Joh.17 was ‘n pleidooi vir eenheid vs.11, 21-23. Nie die georganiseerde eenheid maar die eenheid om verlore siele te win.

Die Here Jesus het die kerk, Sy liggaam en die aarde verlaat om ‘n getuie te wees in Sy afwesigheid Matt.28:19; Mark.16:15.

Die lering van die Here Jesus het ons nie net vertel dat ons moet lief-hê nie, maar om elkeen lief te hê, selfs ons vyande, omdat Hy hulle reeds liefgehad het Matt.5:44; 1 Joh.4:19; Rom.5:8.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00