DIE INSPIRASIE VAN DIE BYBEL:

INLEIDING:

Inspirasie is daardie sigbare onsigbare bewustelike werking van die Heilige Gees waarin hy iemand vul met die woorde en lewe van die Here Jesus en die wat dit hoor of sien van die Here alleen bewus mag wees.

Die Christen teorie is gabesseer opdie dokumentere verslag van die Here se openbaring van Homself in die Here Jesus. Die Heilige Woord is die verslag van dit aan ons deur gegee, wat die enigste en akkurate bron van bewyse is nl die Bybel. Die outoritiet lê daarin dat die geinspireërde openbaring van die Here aan die mens bekend is.

A)    DEFENISIE VAN INSPIRASIE:

Inspirasie dui op die handeling van die Heilige Gees op die skrywer van die boeke van die Bybel op so ‘n manier dat hulle produksie die uiting van die wil van die Here is. Die terme inspirasie word van die Griekse woord afgelei wat letterlik die “asem van die Here” aandui, of die “inblaas van die Here”.

Dit is daardie bo-natuurlike agent van die Heilige Gees op die ge-dagtes van die mens waarop die persoon wat daaraan deelneem instaat gestel is om dit te omhels en die waarhede van die Here te kommunikeer sonder enige fout, swakheid, tekortkoming of neerlaag

Dit sluit die onderwerp van kommunikasie of hulle bestaan uit, dit wat onmiddelik geopenbaar is tot die skrywers of dit waarmee hulle voorheen bekend was. Dr. Strong bring ‘n effense klemverskuiwing: Hy sê die klemverskuiwing is van die wyse van Goddelike inspirasie tot die omvang van waarheid wat die produk van hierdie agentskap is en wat verder sê hy dat inspirasie tot die hele omvang van die Woord van die Here geld, wanneer as ‘n geheel gesien word en dat elke deel met die deel vooraf of daarna perfek inmekaar skakel.

Sy defneisie is soos volg: Inspirasie is daardie invloed van die Hei-lige Gees van God wat op die gedagtes van die Skriftuurlike skrywer geplaas is, wat hulle geskrifte die verslagte van die progressiewe goddelike opebaring, genoegsaam maak wanneer as geheel gesien word en verklaar word deur dieselfde Heilige Gees wat hulle inspi-reër tot elke eerlike soeker van die Here Jesus en redding dit te laat vind.

Terwyl die sieninge van die kerk rakende teorieë van inspirasie verskil is daar geen onderwerp waarin daar ‘n beter ooreenstemming is as die feit van inspirasie. Om op te som: Dit is die beklemtonenede energie van die Heilige Gees waardeur die mens gekies is deur die Here om Sy offisiële wil te verklaar soos geopenbaar in die Heilige Skrifte van die Here.

B) INSPIRASIE EN OPENBARING:

Met openbaring verstaan ons die direkte kommunikasie van die Here aan die mens met so ‘n kennis as die wat ver bo die krag of vermoeë van die mens is wat dit ontvang. Met inspirasie bedoel ons die werk-like energie van die Heilige Gees waardeur heilige mense bekwaam gemaak was om geestelike waarhede te ontvang en dit aan ander te verklaar sonder enige valsheid daarin.

Openbaringe maak die skrywer wyser, en inspirasie stel die persoon instaat om hierdie openbaringe deur te gee sonder enige foute. Die openbaarmaking van die hart van die Here is Openbaring wanneer gesien word dat waarheid geopenbaar word, dit is inspirasie wanneer gesien word in verhouding tot die metode van meedeling en oordrag.

B)    DIE MOONTLIKHEID EN NOOD-

SAAKLIKHEID VAN INSPRIRASIE:

Sonder twyfel kan die Skepper van die mens handel op die gedag-tes van Sy skepsels en hierdie handeling kan uitgebrei word tot enige vlak nodig ten einde dit moontlik te maak om Sy doel te vervul. As die mens hulle gedagte kan kommunikeer deur middel van ‘n taal en hulle verstaanbaar maak vir andere kan die Outeur van ons wese Homself aan ons kom bekend maak soos Hy wil.

Ons vermoeë om die bo-natuurlike handelinge van die Here op die menslike gedagtes te verduidelik is geen waarde betwyfeling tot die leerstelling van inspirasie as ons dit sou wou betwyfel nie.

(Dit is onredelik om te veronderstel dat God die Vader)

Die outeur van die Bybel is die Heilige Gees, en is die bladsye van die Bybel ‘n outoritêre openbaring in geskrewe vorm van die natuur en doel van die Here. Die Bybel is die bron van ons kennis aangaan-de die Here en ons handboek vir Goddelike waarheid, en ons gids vir die ewige lewe.

Die woord Bybel is afkomstig van die Griekse woord “biblios” wat “’n boek” beteken. Die volume is bekend onder ander titels soos “Geskrifte” “Die Skrywe” “Die Woord van God” Luk.4:17; 11 Kor.3:14; Mark.12:10; Matt.22:29; Hebr.4:12.

Die Bybel is ‘n biblioteek van 66 boeke, wat in twee hoofafdelings ingedeel is nl. die Ou Testament wat uit 39 boeke bestaan en die Nuwe Testament wat uit 27 boeke bestaan.

Die Bybel was deur 36-40 outeure geskrywe oor ‘n tydperk van 1600 jaar en deur verskillende soorte (karakters) van mense uit ver-skillende dele van die wêreld. Die unieke ontwerp van die Bybel is een van die beste bewyse van sy Goddelike inspirasie. Daar is soveel verskillende persone wat aan hierdie een boek skrywe sonder teenstrydighede is ‘n wonderwerk. Die wonderwerk kan alleen ver-duidelik word as ‘n Meester Outeur wat dit gelei het.

Die kardinale tema van die Bybel is die Here Jesus Christus wat die sleutel word om dit te verstaan. Die Ou Testament was oor-spronklik in Hebreeus geskrywe, met dele van bv. Daniël in Arameërs. Die Nuwe Testament was in Grieks geskrywe, met dalk die uitsondering van die boek Hebreërs.

1)      DIE BETEKENIS VAN INSPIRASIE:

Met inspirasie bedoel ons die bo-natuurlike beheer van die Here oor die produksie van beide die Ou en Nuwe Testament. Die Bybel is ‘Theopneustos’ (God geblase of gedrywe) geskrywe 11 Tim.3:16 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weer- legging, tot teregwysing tot onderwysing in die geregtigheid”

Inspirasie is die sterk bewuste inblaas van die Here in die mens, wat die mens instaatstel om uiting aan waarheid te gee. Dit is die Here se waarheid wat tot die mens gespreek word. 11 Pet.1:21 “want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.” 

Die Heilige Gees was bo-natuurlik betrokke om te sorg vir absolute akkuraatheid. Heilige manne van God was oorskadu deur die Heilige Gees, om op Sy bevel te skrywe en was daarom van dwa-linge weerhou, soos hulle dinge neergeplot het wat aan hulle bekend of onbekend was. 

2) VERSKILLENDE TEORIë VAN INSPIRASIE:

Ons is nuuskierig om te weet hoe die Here die Heilige Gees gebruik om die Skrifte te gee. Sommige van die outuere het geskiedenis neergeplot waarvan hulle getuies was, andere het van dinge ge-skrywe wat lank terug gebeur het soos (Moses en die skepping) andere het profesië neergeskrywe.

A) Openbaring. Sommige mense dink dat die outeure in een of ander vorm van ‘n trans was en die Bybel gesien het en dinge wat gaan gebeur, en dit woord vir woord neergskrywe het, soos dit aan hulle deur die Here geopenbaar was. Ons erken dat baie van die skrywers profesieë geskrywe het maar die soort insirasie vind ons nie, anders was die mens in ‘n totale passiewe staat terwyl die Bybel dit nie so leer nie. Die opvoeding en logiese verstand van bv. Paulus is ‘n bewys in Rome en Galasieërs. Daar is waarskynlik die twee uitsonderings van Johannes op die eiland Patmos en Daniël.

B) Verligting. Die Heilige Gees het hulle verlig om die gebeure te sien in die geestelike vlak en het hulle hulle neergeskrywe in hulle eie woorde en styl. Ons weet dat nie net die gedagtes was geinspi-reerd nie, maar ook die woorde. Die Here het die skrywers toegelaat om Sy eie woorde en opleiding, en sy eie persoonlikheid te wees.

C) Ons kan die teorie nie aanvaar dat sekere persone spesiaal genoeg was om te kom kwalifiseer nie, hulle moes net rein gewees het. Die Bybel is nie die resultaat van Goddelike manne wat oor die Here gemediteer het nie, maar die Here self wat in die mens ingeblaas het om die gedates van die Here neer te plot.

D) Verbale verslae: Die Here het die Skrifte dikteer soos ‘n baas aan sy sekretaris sou gedoen het. Dit sou inspirasie uitgekanseleer het omdat dit bloot ‘n meganise proses sou wees. Dit is nie aanvaarbaar nie, omdat die persoonlikheid of individeulisme hierdeur verlore sou gaan van mense soos ‘n Dawid, Moses en Petrus wat baie duidelik in hulle persoonlikhede erken kan word.

Lukas die Dokter gebruik mediese termes soos in Luk.8:44 (bloed-vloeiing), Dawid die herder skrywe oor skape, en ‘n stok en ‘n slin-gervel, alles herders se wapens (stok en staf).

E) Natuurlike inspirasie:  Die teorie verhef die menslike vermoeëns bo die Goddelike inspirasie, en ontken die bo-natuurlike mistirieuse of spesifieke inspirasie. Dit sou die Bybel tot spesiale skrywer soos Shakespeare, Milton, Confucius of Jose Rizel veralgemeen het.

Inspiraise is veel meer as dit. Dit is die “So spreek die Here” Die Here spreek. Ons weerstaan die teorie omdat die idiologie die Bybel sien as uit die Woord van die Here en nie die Woord van die Here self nie.

F) Universieële Christen Inspirasie: Ons is almal seuns van God en elkeen uit verskillende tye wat in verskillende tye opgewek was om ‘n boek of ‘n gedig te skrywe, of om geinspireër te word om een of ander iets te doen. Van so ‘n teorie kan ons voorwaar ter enigertyd ‘n Nuwe Vertaling verwag. Bybelse inspirasie is veel meer as dit, dit was ‘n definitiewe, spesiale inspirasie vir ‘n spesifieke taak om die Bybel te skrywe. Dit was die Here se Boodskap aan die mens.    

G) Meganise Inspirasie: Die mens het bloot ‘n masjien geword wat onder ‘n vreemde invloed, dinge geskrywe het wat hulle nie kon verstaan of verklaar het nie. Ons verstaan hierdie gedagte omdat ons die lieflikheid van die lewe van Johannes die Evangelie, die ernstig-heid van Jakobus, en vurige emosionele temprament van Petrus opmerk in sy briewe.

H) Gedagte Inspirasie: Die teorie glo dat die Here die hoofgedagtes aan die skrywers ingegee het, en dat hulle vryheid van uiting gehad het om hulle eie woorde soos hulle die beste gedink het te gebruik. Ons glo ook nie dit nie, omdat elke woord deur die Here ingegee was en moes deur die Outeur die Heilige Gees ingegee gewees het.

I) Verbale Inspirasie: Hierdie teorie sê dat elke woord geinspireërd was, sommige gaan selfs so vêr om te sê dat elke komma en punt deur die Here geinspireër was. Daar was geen hoofletters of aanha-lings tekens in die oorspronklike manuskripte nie.

J) Gedeeltelike Inspirasie: Daar is gedeeltes van die Bybel wat gein-sprieerd is, en dan voorstel dat die Bybel die woorde van die Here besit, ons weerstaan ook hierdie teorie omdat 11 Tim.3:16 sê: “Die hele Woord is deur God ingegee…” Die teorie los elke persoon om te kies en te beoordeel of gedeeltes waarlik geinsprireerd is of nie. Die teorie word weerstaan omdat dit twyfel laat en onsekerheid en lei tot uiterste verwarring.

2)      DIE WARE VERDUIDELIKING –

DIE VOLKOME OF VOL INSPIRASIE:

Ons glo dat alle Skrif is eweveel geinspireërd gebassseer op die Skrif in 11 Tim.3:16.

Die hersiene weergawes van 11 Tim.3:16 sê: “Alle Skrif wat God-delik geinspireërd is, is ook nuttig.” Dit is so ironies want dit leer gedeeltelike inspirasie. Ons kan hierdie begrip nie verstaan nie, maar ons glo dat elke skrywer vryheid het om om in sy eie persoon-likheid, opvoeding, ondervinding met sekere beperkinge gebruik was. Die Heilige Gees het oor elke gedagte, aanhaling en woord gewaak om akkuraatheid te verseker.

4) DIE BYBEL MAAK OP INSPIRASIE AANSPRAAK:

1) Vir die skrywers van die Bybel: 11 Pet.1:21 “..deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek”

i) Vir die skrywe: 11 Tim.3:16 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig…”

ii) Vir die woorde: 1 Kor2:13 “Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike ver-gelyk.”

11 Per.3:2 “sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebed van ons, apostels van die Here en Verlosser.”

Jud.17 “Maar julle geliefdes moet die woorde onthou wat tevore

gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus.”

5) DINGE WAT ONS MOET ONT-

HOU RAKENDE INSPIRASIE:

Vertalings is nie altyd geinspireërd nie, daar is die wat oorvertaal en foute begaan; geen oorspronklike vertalings is vandag nog in serku-lasie nie, vroeëre afskrifte is ontdek en is feitlik identies dieselfde.

Die Bybel se verslag gee feite soos hulle is. Daar word van Anna-nias vertel wat gelieg het, en die leun is ook beskryf, die Skrif-geleerdes verklaar dat die Here Jesus ‘n duiwel het en dat Hy krank-sinnig was, en hierdie leun is ook neergeplot.

SLOT:

Ons aanvaar die Woord as die onfeilbare Woord van die Here, die 66 boeke as volledig, en aanvaar nie die Apokriewe boeke of enige ander boek as geinspireerd nie.

Die oorspronklike geskrifte is standaard vir oordeel in die laaste dae Joh.12:48.

Laat ons die Bybel daagliks lees en gehoorsaam in ons daaglikse lewe.

Die kinders van die Here moet hierdie Boek versigtig hanteer en met eerbied, Dit is God se Boek vir ons.

Laat ons dankbaar wees dat die Here gespreek het en bekragtig deur die krag van die Heilige Gees in die lig wandel van Sy openbaring.

*********************************

DIE BEWYSE VAN WONDERWERKE:

‘n Intrede van Goddelike krag in die bestaande gang van natuur bo-kant die verstand van die mens word as ‘n wonderwerk beskou, terwyl dieselfde Goddelike intrede in die vlak van kennis vertaal word as profesie. Wonderwerke verteenwoordig nie ‘n verbreking van natuurlike wette of ‘n ontkenning van dit nie. Die Here is ‘n vrye Persoon en word nie deur natuurlike wette gebind nie binne Sy eie skepping nie. Die Here mag ‘n voldoende rede gee van enige effek wat Hy ookal kies om voort te bring sonder om die natuurklike wet te vernietig.

Daar is ‘n aantal Skriftuurlike begrippe gebruik vir wonderwerke: Een van die woorde is krag: Dit dui op die besondersheid van die agent waardeur wonderwerke plaasvind. Die krag van God.

‘n Tweede terme is wonders: En beklemtoon die effek wat plaasvind op die persoon wat dit ontvang.

‘n Derde terme is tekens: Dit beklemtoon die wonderwerk soos verseël deur die Here en die stempel van bevestiging daarop plaas op die persoon deur wie die wonderwerk plaasvind. Die drie termes wonders tekens en krag word drie keer met mekaar verbind. O.a. in die genesing van die verlamde Mark.2:1-12

Dit was ‘n wonderwerk want almal was verbaas, dit was deur krag: Want op grond van die Woord van die Here Jesus het hierdie persoon opgestaan en sy bed opgeneem en voor hulle uitgestap en dit was ‘n teken: omdat dit gedoen was deur die Een wat groter as die mens was.

‘n Vierde terme is: Werke: Wat alleen in de  Evanglie van Johannes voorkom: Joh.10:38+15:24. Dit is verband met die Goddelikheid van die Here Jesus gebruik. En dui op wat die mens as ‘n wonder reken aangaande die werking van magtige kragte en was in die berekening van die Here net bloot woorde gewees, en het geen eis van Sy hand verwag nie, maar dit wat algemeen en gewoon van Sy Godheid was.

Die hoof waarde van wonderwerke soos bewys lê in die feit dat hulle in opdrag van die Here self kom. Dit was bewys deur Nikode-mus in die woorde deur die Here Jesus gespreek het: Rabi ons weet dat U ‘n leermeester is en dat U van die Here kom; want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen, behalwe dat die Here met hom is Joh.3;2.

Die wonderwerke in die Skrifte opgeteken voldoen aan al die toetse of kriteria van opregtheid en daarom was dit aan ‘n openbaring ge-koppel. Hulle is getrou t.o.v, die karakter van die Here, om of Sy krag te openbaar, wysheid, genade, of regverdigheid. Hulle is waar-dig die Here. Hulle is gewaarborg as historiese feite deur enige on-getwyfelde bewyse. Dit is seker van die opstanding van die Here Jesus, die sentrale wonderwerk van die Bybel. Dit was geglo deur ‘n groot aanal mense wat by hulle bewussyn was, baie van die wat hulle geloof deur bloed moes betaal.

2)      DIE PROFESIE VAN DIE WAARHEID VAN OPENBARING:

Anders as wonderwerke, is profesië opgesluit in individeule waar-des, elkeen vervul en weer die basis vir verdere openbaringe. Dit is ‘n vereiste van die hoogste orde. Profesie is die verklaring van dit wat buite die menslike krag is of wysheid wat ontek kan word. Dit is ‘n wonderwerk in die veld van kennis. Soos voorspel is daar ‘n God-delike deelname vir toekomstige kennis. Dit is die sin van vooruit voorspelling en bedoel om permanent te wees in die kerk. Dit het die Here Jesus verklaar: Joh.14:29 Nou het Ek julle vertel en dit sal gebeur dat wanneer dit sal gebeur dat julle dit sal weet.

Profesie volg ‘n sekere wel gedeffinieerde beginsel: Daar is 4 wette betrokke:

1) Die Here Jesus is die uiterste onderwerp. Dit is tot Hom waarop alle proefsiee dui.

2) Die wet van toenemendheid: Waarvolgens elke tydperk onder die bestuur geplaas is om sekere doele te bereik wat ‘n volgende stadium inlei van profesie verwagting.

3) Die wet van eerbied, waardeur die Here dit so gegee het dat elke voorspelling en elke sirkel van voorspelling, genoegsaam is om hoop te gee en verdere verwagting, en genoegsame verbintenis om die voorafgaande voorspellings af te seel.

4) Profesie is gegee as ‘n teken tot elke generasie. Die Profetiese boeke gee genoegsame inligting en onderrig buiten die bestaande bewyse om dit duidelik te maak dat dit ‘n blywende beginsel deur die hele tyd van geburtenis is.

3) DIE UNIEKE PERSOONLIKHEID VAN DIE HERE JESUS:

Die unieke waarde van Christenskap is die Here Jesus Homself. Hy is die groot vervuller van alle profesië. Aan Hom is alle mag in die hemel en op aarde gegee Matt.28:18. In Sy geheime teenwoordig-heid is die sfeer van wonderwerke, en Sy woorde en werke Sy lewe, Sy dood Sy opstanding en hemelvaart was een aanhoudende gebeurtenis van een groot wonderwerk.

Profesie neem ons na ‘n volgende aspek wanneer ons dink aan die direkte verhouding tot die unieke persoonlikheid van die Here Jesus. Geen aardse biografie was ooit aangebied deur so ‘n voorwoord as die van die Here Jesus nie en die Messiaanse profesieë nie.  Vir ‘n duisend jaar was ‘n prentjie geleidelik ontplooi van Een wat die Seun van die mens sal wees maar ook die Seun van God; en wie in Sy uniekheid en persoonlikheid manifisteer die volle omgang van God-delike en menslike eienskappe in ‘n heerlike harmonie.

Die rykdom van die Here Jesus se persoonlikheid, het elke profesie oortref. Dat die Here Homself ‘n Lewende wese sou skep in Sy beeld, ‘n weerspieëling van Homself, is wonderlik, maar dat die Here Homself in die Persoon van Sy Seun in die vlees sou verskyn, en op Hom die vorm van ‘n mens sal opneem wat alle ander heer-likhede sal oorskry, menslik of Goddelik.

As ons sal dink dat die geboorte op sigself verlossend, as verteen-woordigend van ‘n nuwe orde van skepping en dat dit voorsienend was tot die verhouding van die kruisiging, opstanding en hemelvaart en selfs verder, tot Sy heerlike Wese die krag gegee was van ver-heerliking van die sondige mens en hom in ‘n staat te bring van Goddelike heiligheid, en so te verhef dat iemand wat eens ‘n veragte en as ‘n wurm beskou was en wat uit die stof van die aarde geskape is, dat ons saam met Hom sal sit in heerlikheid en dit is nie genoeg  nie maar dat alles wat Syne is ons deel word. Hier word die heerlikheid van die aarde nie van die hemel verenig. In Hom vind ons ons heerlike hoop, en is ons gemaak tot die lof van Sy herlikheid

4)  GETUIENIS VAN DIE HEILIGE GEES:

Die laaste bewys van openbaring is gevind in die teenwoordigheid van die Heilige Gees in die kerk, en Sy getuienis tot seunskap in die harte van individue. Die Heilige Gees was nie gegee om die Here Jsus te oortref nie, maar om die werk van van geboorte af begin het te beklemtoon en te bevestig. (Joh.16:7; 14; 15:26)

Die vroeëre kerk het die belangrikheid van die getuienis van die Heilige Gees erken. Petrus spreek tot die Joodse raad: Ons is Sy getuienis van hierdie dinge en ook is die Heilige Gees, wat die Here gegee het aan die wat Hom gehoorsaam. (Hand.2:32; 33;  5;32.)

Die Apostel Paulus bou op hierdie sterk argument aangaande die getuienis van die Heilige Gees en beweer dat die teenwoordigheid van ongeloof aangaande die Christen openbaring direk te doene het met die weerstaning van die Heilige Gees ( 1 Kor.12:3) Die outeur van die brief Hebreers gee uiting aan die gedate dat die Heilige Gees die waarheid bevestig van versoening en intredende werk van die Here Jesus (Hebr.10:12-15)

Ons is daarvoor verplig en word gewaarsku om ag te gee en nie te weerstaan die Een wat vanuit die hemel spreek nie (Hebr.12:25-26).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00