DIE GROOTSHEID VAN JESUS CHRISTUS: JES.61.

Die duiwel wil altyd die Here so hoog stel dat ons Hom nie kan bereik nie, of so laag dat ons nie wil aanbid nie. Hy is ons plaasvervanger en ons God.

INLEIDING:

Ons aanbid die God nie van die filosowe en die wyses nie, maar die God van die profete en Apostels, die God van onse Here Jesus Christus, mag ek u onberispelik aanbid.

Wat in ons gedagtes kom wanneer ons aan die Here dink is van uiterste belang vir ons.

Geskiedenis het bewys dat niemand hoër kan uitstyg as wat hy glo nie. Net so in ons geestelike lewe kan ons nie verder kom in ons geestelike as wat ons van die Here dink nie. Aanbidding is rein as die aanbidder se hart en gedagtes onverdeeld op die Here gerig is.

Die vraag wat voor die deur van die kerk lê is dit: Is die Here Jesus eerste en alles in ons lewens. Dit is nie soseer wat ‘n mens dink wat tel nie, maar wat my begrip van die Here diep in my hart is. Die begrip van die Here en wat ek van Hom sê vorm die kerk se gedagte patroon.

Wat leef in jou gedagtes as jy aan die Here dink. Wat ons in ons lewens vandag vaslê sal die kerk van more ondervind.

Die wonderlikste gedagtes wat die hart van die mens kan omsluit is die Here self. Merkwaardig dat die eerste woord in die Bybel was Woorde van God. Joh.1 “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.”

Ons gedates moet ooreenstem met die van die Here, to have the mind of Christ. ‘n Regte begrip van die Here sal my begrippe aangaande sekere leerstellige waarhede in orde bring, en sal ook ‘n lewende praktiese uitleef van ‘n Bybels gebalanseerde beeld van die Here gee.

Dit is om Hom te aanbid wat die fandasie van ons geloof in Hom vasgemaak het. As die fondasie reg is, sal die struktuur daarna reg opgerig word. Verkeerde optredes het dikwels met verkeerde begrippe aangaande die Here te doen.

Al die probleme wat ons op aarde vind is maar ‘n drupel in die emmer in vergelyking met die oorweldigende God. Dat Hy is wat Hy is, en dat ons as morele wesens met Hom gaan doen.

Die persoon wat die regte begrip van die Here het, kan 10 000 probleme oplos. Die werk wat die Here in ons wil kom doen is om Hom met ons hele hart, en hele siel en hele liggaam lief te hê.

Die Here kan uit die as Sy skoonheid in ons lewens voortbring,  In ons harte lê die wonder van die skat van Sy rykdom in die as van ons harte, maar Hy wil lewe kom bied en Sy grootsheid aan u kom openbaar. Ons ware begrip van die Here kan onder godsdiens beoefening uit gewoonte begrawe lê, maar Hy wil u lewend maak.

Ons word geroep om die Here lief te hê met elke deel van ons wese, met al ons kragte en ons hele siel lief te hê.

Uit die as kan daar alleen iets opstaan as daar ‘n visie van die Here is. ‘n lae siening van die Here vernietig alles wat die Here vir u in pag het. Afgodediens is seker een van die laagste sondes waarin ‘n mens kan verval omdat dit die grootheid van die Here totaal beperk.

Die afgodediens wil iets deurgee dat die Here nie is wat Hy is nie, en dit is ‘n vreeslike sonde, ‘n plaasvervanger van die ware God, en wie Hy is.

Die wese van afgodedien si nie net om voor vreemde voorwerpe te buig nie, maar ook die genietinge van ons gedagtes aangaande die Here wat onwaardig is aangaande Sy karkater.

Verkeerde begrippe van die Here sal die fontien van onsuiwer waters voortbring, van afgodediens, maar is op sigself afgodediens. Die afgode aanbiddrs kry eenvoudig gedagtes aangaande die Here soos dit hom pas en is dood gelukkig om te dink dat ek so hemel toe sal gaan. Vinnig sal die verottenheid daarvan geopenbaar word.

Die kerk begin van wanneer daardie hoë roeping van toewyding begin te vervaag. Die gif van die slang aan Eva was juis hierdie begrip dat die Here nie regtig is wat Hy sê Hy is ie.

O, God of Bethel, by whose hand

Thy people still are fed;

Who through this weary pilgrimage

Hast all our fathers led!

Our vows, our prayers we now present

Before Thy throne of grace;

God of our fathers! Be the God

Of their succeeding race.

DIE HERE IS ONVERGELYKBAAR:

Hoe groot is U nie, as ons in U teenwoordigheid kom word alle storms stil, en word met liefde vervang, en verul ons harte met U vuur opnuut.

As ons ons vrede sal hou, sal die klippe dit uitroep, wat sal ons sê? Leer ons om te weet dat ons nie weet nie, want die dinge van die Here weet geen mens nie, maar alleen die Gees van God wat dit aan ons kom verklaar. Laat geloof ons ondersteun waar rede faal, en dat ons sal dink omdat ons glo, nie sodat ons moet glo nie.

Die vraag wat die mens so lief is om te vra: HOE LY DIE HERE:?

Ons moet besef dat die Here nie is soos enige iets wat ons ken of weet nie. Hy is ook nie soos enige persoon of enige iets nie.

Ons kan leer deur dit wat ons weet, soos ‘n brug waaroor ons kan gaan. Wat die wetenskap kan saamvoeg en meng en resultate kry, is nie ‘n deeltjie van die grootheid van die Here nie.

Wanneer die Heilige Gees Sy Woord aan ons sal openbaar sal dit ver verhewe bo die intelek van di emens wees. Toe Esegiël die hemel geopend gesien het, en ‘n gesig van die Here gesien het, vind ons dat hy nie kan omskrywe wat hy gesien het nie. Wat hy gesien het was totaal anders as iets wat hy ooit aan kon dink of droom. Hy moes teruval op ‘n woordeskat wat aan die mens bekend was omdat dit te groot en wonderbaar was om te omskrywe. Ese.1

Hoe vreemd hierdie woordeskat was, was dit nie fantasie nie, dit was letterlik. Die profeet moes woorde gebruik soos, verskyn, asof dit was soos, ens.

Wanneer die Bybel sê dat ons na die beeld vand ie Here geskape is, bedoel dit nie, die letterlike beeld van die Here nie, om dit te doen sou ons net soos die Here moes gelyk het, en dit is onmoontlik. Deur die samesmelting van twee wille nl. die wil van die Here in die wil van die mens word in die vermenging iets van die heerlikheid van die Here geopenbaar.

Ons wil graag die Here beperk tot die vlak waar ons Hom kan ken wanneer ons in nood is, of om ten minste te weet waar Hy is as ons Hom nodig het. Ons wil graag ‘n God hê wat ons op een of ander manier kan beheer. As Hy aan die ander kant onbereikbaar is, sal daar geen begeerte wees om Hom te aanbid nie.

Geloof is ‘n orgaan van kennis, en liefde en ondervinding. Die Here kom na ons in Sy vleeswording, in Sy versoening, en herstel ons in Homself, en deur geloof en liefde word ons in Sy troonsale ingelei.

Die Here is van onbeperkte grootsheid, meer as wat die mens ooit sal van kan dink. Wanneer die hart vir die Here begin brand, is die hart by magte om die ongeskepte lig in di esiel te inspireer, en te vervul deur die gawe van die Heilige Gees, word die vreugde van die hemel ons deel.

Ons word verhoog tot die hoogtes van die ewige lewe. Hierin is volmaakte liefde, wanneer alles van die gedagtes en van die hart geopenbaar word, en tot die liefde van die Here opgelig word.

Dat die Here in tere persoonlike ondervinding geken kan word, is waar, war daar duisternis in die verstand is maar lig deurbreek in die hart van die mens.

Die wolk wat daar tussen die soeker en die Here is, wat verhinder dat die persoon die Here kan sien, of ervaar nie, word gelig deur die genade van God, en word die persoon in die Teenwoordigheid van die Here ingebring.

Die Here neem die siel by die hand, en lei ons deur die weg van suiwer geloof, en lei ons in tye van onverklaarbaarheid op hoër hoogtes.

Ons word soms net deur liefde gelei, sonder dat enige verstand dit sal kan begryp of verstaan.

Hoe lyk die Here? Hy is onuitspreeklike liefde wat in Sy eienskappe geopenbaar word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00