Hagar (Gen 21)

 

Stuur haar weg, laat haar gaan- die slavin met haar seun
Net een broodjie en water in die dorre woestyn
Dis daar waar sy opkyk, afhanklikheid leer
Natuurlike bronne bestaan daar nie meer
 
Sonder water, alleen met die las wat sy dra
Verward en geen hulp wat sy êrens kon vra
Die enigste uitweg: sit neer daardie seun
Jy kan hom nie red nie, net God kan alleen.
 
En toe sy hom neerlê was haar hart verskeur
Sy weet hy gaan sterwe, dis waarom sy treur
Maar God hoor die stem van die seun waar hy lê
Sy moeder was raadop, God wou dit so hê.
 
“Moenie vrees nie, staan op want Ek het reeds gehoor
Die stem van die seun het weerklink in My oor”
Kyk op, sien jy voor jou die ou waterput
Wat Ek reeds voorsien het, nog voor jy kon bid.
 
Dit lyk so onmoontlik, maar God sal voorsien
Ver bo jou gedagtes, of wat jy verdien
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00