Blydskap gevlug
Jennifer Rene Daniel

Blydskap gevlug, diep mismoedig
Bukkend , bedroef, diep belas
Is jy gebind en gebroke
Donkerheid hou vir jou vas

Is daar ‘n rede dat vreugde
Nie deel is van elke dag
Geheime sonde  – miskien kind
Kan jou vasklou in sy mag

God roep in teerheid , aanhoudend
Hy wil jou sondes wegwas
maar as jy Sy stem aanhoudend
Ignoreer , bly jy belas

Dinge verkeerd ? Is dit satan
wat kom  in oorlog’s gewaad
Job was getrou en standvastig
Dus het hy nie God gehaat

Is jy miskien soos ‘n Daniel
wat nie die wereld wil ken
Tussen die leeus kon hy steeds nog
Vreugdevol God getrou sien

Stefanus weet dat die hemel
wag , al val klippe so seer
Dus sy gesig soos ‘n engel
terwyl hy sterwend verkeer

Is daar ‘n rede , O pelgrim
dat blydskap van jou wegvlug
Sonde? berou en bekeer jou
dat Christus dit kan uitwis

Maar as jy lei soos Stefanus
Of soos Job, Daniel en meer
Sien dat jou blydskap in Jesus
Vastaan wat ook al gebeur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00