1KORINTHIERS 7:14

WAT LÊ NADER AAN GELOWIGES SE HARTE AS DIE REDDING VAN HULLE KINDERS? En wat breek hulle harte meer as kinders wat hul rûe op die Here en Sy evangelie draai?
Baie Christene glo dat die Here anders met húlle kinders werk as met ongelowiges s’n  –  amper asof Hy twee stelle standaarde het. Meeste van hulle baseer dit op ‘n bepaalde verstaan van die genadeverbond. Die probleem is net dat sóvele wat in Christenhuise groot word, hulle opvoeding mettertyd oorboord gooi, of niks verder kom as ‘n bloot kulturele soort Christenskap nie.
Dit laat die vraag in ons harte brand: het Christenouers enige grond om te verwag dat hulle kinders ook gered sal word?

1KOR 7:14

As dit gaan oor die redding van hulle kinders, gryp baie ouers na 1Kor 14:7. Kyk net hoe stel die NAV dit: "Die ongelowige man is by God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou, en die ongelowige vrou is by God aanneemlik deur die band met die gelowige man. Anders sou julle kinders heidene wees, maar nou behoort hulle aan God." Dit is egter ‘n sterk bevooroordeelde parafrase. Veel nader aan die Grieks is die OAV: "Want die ongelowige man isgeheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig." 1 
Die idee van heiligheid kom drie keer in die teks voor. Hieroor twee opmerkings.

KOM ONS DINK BIETJIE DIEPER

In die soeke na ‘n Bybelse perspektief op die saak, moet 3 groot beginsels in balans of jukstaposisie gehou word  –  beginsels waarvan ons die samehang dikwels nie verstaan nie.

  1. Die beginsel dat God as ‘n reël middellik en organies werk. 
    Die begrip middellik dui op ‘n onregstreekse en indirekte werkswyse  –  op die gebruik van allerlei middele, omstandighede, instrumente en agente om ‘n doelwit te bereik. Veral staan dit vas dat God Sy kínders as instrumente en medewerkers gebruik.
    Die begrip organies wil sê dat daar gewoonlik ‘n aaneenlopende verband is tussen die dinge wat die Here doen. Die een ding lei tot die ander. Daar is ‘n oorsaak-gevolg-relasie.
    Wat sê dit oor ons en ons kinders? Ten minste twee dinge.
    Eerstens: die Christelike opvoeding, lering en voorbeeld wat kinders in die ouerhuis en gemeente kry, speel ‘n baie groot rol in die bekering van derduisende. Ons het dus goeie Bybelse grond vir die vertroue dat die Here ons insette middellik sal gebruik in die bekering van ons kinders.
    Tweedens: die gebede van Sy kinders word deur God ingeweef in die uitwerk van Sy raadsplan  –  ook dus ouers se gebede vir hulle kinders. En om ons aan te moedig tot getroue gebedsbetrokkenheid by die koms van Sy koninkryk, belowe Hy om op ons gebede ag te slaan; trouens, laat smaak Hy ons gereeld gebedsverhoring. Laat ons daarom voortdurend, gelowig en met verwagting vir ons kinders bid! Al is hulle nog baie klein, is elke gebed ‘n fondamentklip wat in plek geplaas word waarop godvrugtige lewens in latere jare gebou sal word.
  2. Die beginsel van menslike en individuele verantwoordelikheid. 
    As dit oor menslike verantwoordelikheid gaan, is Esegiël 18 die Bybel se locus classicus. Oor en oor verseker hierdie hoofstuk ons dat elke individu self voor God verantwoordelik en aanspreeklik is. Die basiese beginsel word in v.20 só gestel: "Die mens wat sondig, sal sterwe. ‘n Seun sal nie die straf op sy pa se sonde dra nie, en ‘n pa sal nie die straf op sy seun se sonde dra nie. Wie leef volgens my wil, sal die vrugte daarvan pluk. Wie goddeloos is, sal die straf daarvoor dra."
    Wat sê dit vir ons en ons kinders?
    Eerstens: ouers wat hulle plig versuim om hulle kinders volgens Bybelse voorskrifte op te voed, moenie verbaas wees as hulle in later jare die bittere vrugte daarvan moet pluk nie. Nog meer, as jy die opdrag ontduik om die rentmeesterskap van jou kinders ernstig op te neem, sal die Here eendag hulle bloed van jou hand eis.
    Tweedens: kinders wat die toegewyde opvoeding, lering en voorbeeld van heilige ouers oorboord gooi, moenie verwag om die regverdige en skrikwekkende toorn van God te ontkom nie.
    Derdens: Eseg 18 bevat van die aangrypendste oproepe tot bekering in die ganse Skrif (v.23, 30-32). Die Here put geen vreugde uit die dood van ‘n sondaar nie; nee, Sy behae lê in mense se bekering en die lewe wat daaruit voortkom. Laat elkeen van ons wat skuldig is  –  hetsy as ouer, hetsy as kind  –  hom of haar dus hartgrondig bekeer. En onthou, bekering het die neiging om uit te kring; tewens, diegene wat naaste aan jou is, word feitlik altyd ingrypend ten goede geraak. Besef jy watter langtermyn effekte jou bekering (of verharding) op jou kinders kan hê  –  en selfs volgende geslagte?
    Hou dit enige troos in vir ontroue ouers wat al ‘n onbekeerde kind aan die dood afgestaan het? Beswaarlik kan mens meer sê as dít: die berou van súlke ouers sal dieper wees as die van andere  –  en die offer wat God meer as enigiets behaag, is ‘n gebroke gees en ‘n verslae hart (Ps 51:19).
    O, mag diegene vir wie die uurglas nog nie leeggeloop het nie, die daadkrag hê om reg te stel wat hulle tot nou toe nagelaat het!
  3. Die beginsel van God se soewereiniteit. 
    Dis vir ons grootliks ‘n geheimenis hoe die mens se verantwoordelikheid en God se soewereiniteit  –  besonderlik Sy vrymag in die redding van sondaars  –  presies met mekaar te rym is. Maar dat beide sake vasstaande Bybelse waarhede is, kan deur geen regsinnige Bybelleser ontken word nie.
    Dwarsdeur die eeue het van die mees toegewyde gelowiges se kinders soms verlore gegaan  –  sonder dat dit terug herlei kon word tot ouerlike mislukking. Ouers kan eenvoudig nie hulle kinders se harte verander nie. Hulle kan net getuig; nie oortuig nie. Wedergeboorte is iets wat net God kan skenk. Geloof is ‘n gawe van die Here.
    Waarom gaan sommige verlore, al het hulle die evangelie aan moedersknie geleer? Die heel diepste redes bly gewoon vir ons verskuild. God is soewerein, en Hy openbaar nie alles aan ons nie. Ons begrip is te beperk; ons leef in mindere dimensies as Hy.
    Daarom, laat ons as ouers alles doen wat ons kan om ons kinders reg groot te maak en reg te leer  –  volgens die Here se geopenbaarde wil. Laat ons heilig voor hulle lewe. Laat ons sonder ophou vir hulle bid. En laat ons dan die res nederig in God se soewereine hand laat  –  in die wete dat Hy die Alwyse, Algoeie en Almagtige is wat op Sý tyd en op Sý manier doen wat Hom behaag en verheerlik.
    God se soewereiniteit moet ons nie bedreig nie; inteendeel. Baie oningeligtes het iewers die idee vandaan gekry dat hierdie attribuut van God wil sê dat Hy wispelturig doen net wat Hy wil en nie wil nie  –  ten spyte van ons mense se beste pogings. Nee! Die algoeie God se soewereiniteit funksioneer nooit in stryd met die res van Sy karakter en attribute nie. Wat meer is, in Sy liefde het Hy nie net besluit om Homself te verhéérlik nie, maar ook om dit te doen deur die redding van sondaars  –  en om Sy kinders as medewerkers in die proses te gebruik. En as Hy in Sy soewereiniteit besluit het om iemand te red, sál Hy dit doen  –  ongeag hoe balhorig en weerbarstig so ‘n persoon ook al is. Daarom, sonder God se soewereiniteit en uitverkiesende genade was daar geen kans dat ons kinders  –  in sonde ontvang en gebore  –  ooit gered sou kon word nie. Wie anders as net Hy sou immers hulle harte van klip kon vervang met harte van vlees?

‘N LAASTE WOORD

VOETNOTAS

1Enige goeie Engelse vertaling sal dit bevestig. Hou in gedagte dat "to sanctify" dieselfde beteken as "to make holy" (vgl. ESV).

 

Vir meer inligting oor die eienaar van der Walt, kliek hier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00