HL 146

 

 1. U HET DIE BROOD GEBREEK 
    EENS BY DIE MEER; 
   BREEK TANS DIE LEWENSBROOD 
   VIR MY OOK, HEER! 
   U BEELD STRAAL UIT DIE SKRIF 
   GEDURIG VOORT, U SOEK EK HEER, 
   USELF, O LEWEND WOORD! 

2. U IS DIE LEWENSBROOD
   HEILAND, VIR MY; 
   U WOORD IS WAARHEID, HEER, EN MAAK MY VRY! 
   HELP MY MET U OMHOOG GEMEENSKAP HOU; 
   LEER MY U WOORD BEMIN, 
   U GANS VERTROU! 

3. STUUR, HEER, U HEIL’GE GEES, 
   LEER MY U DIEN; 
   RAAK TOG MY Oë AAN, OM U TE SIEN! 
   WIL STEEDS U WAARHEID MEER 
   AAN MY ONTVOU, 
   TOT EK IN ELKE BLAD MY HEER AANSKOU! 

4. HEILIG U WAARHEID, 
   HEER, DEEL MY DIT MEE, 
   NET SOOS DIE BROOD GEBREEK
   DAAR BY DIE SEE! 
   DAN KNEL GEEN BANDE MEER, EN BOEIE VAL; 
   DAN VIND EK VREE IN U, MY EEN EN AL!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00