HL 011 

 

1. HY IS KONING, HY IS KONING!
ELKE AFGOD MOET NOU HEEN!
HY VOER HEERSKAPPY OOR ALLES,
NIEMAND ANDERS, HY ALLEEN.

 

2. HY IS KONING, HY IS KONING!
ALLE TWYFEL MOET NOU HEEN!
WANT MY HART MOET ONVERDEELD WEES,
EIENDOM VAN GOD ALLEEN.

3. HY IS KONING, HY IS KONING!
MAAR DIT HET SY BLOED GEKOS;
NOU BRING EK MYSELF TEN OFFER
AAN HOM WAT MY SIEL VERLOS.

4. HY IS KONING, HY IS KONING!
WEG DAN KLAGTES, WEG DAN VREES!
WANT WAAR JESUS HEERS AS KONING,
MAG GEEN SMART OF DROEFHEID WEES.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00