GESANG 217 

 

1. ‘N VASTE BURG IS ONSE GOD, ONS SKUIL IN HOM, DIE STERKE.
   HY IS ‘N VESTING IN DIE NOOD – VIR EWIG STAAN SY WERKE. 
   AL KOM DIE BOSE AAN IN SY OORWINNAARSWAAN, ONS WEET BY AL SY LIS, 
   SY LOT IS REEDS BESLIS – GOD SELF STEL AAN HOM PERKE. 

2. GORD ONS MET EIE KRAG ONS AAN DAN IS DIE STRYD VERLORE; 
   NET EEN KAN SATANSMAG WEERSTAAN, DEUR GOD DAARTOE VERKORE. 
   VRA U SY NAAM, SO WEET DAT HY DIE CHRISTUS HEET; GAAN HY VOOR IN GEVAAR, 
   HEER VAN SY ENG’LESKAAR, NOOIT IS DIE STRYD VERLORE ! 

3. AL STORM HUL OOK VAN ELKE KANT, DIE HEL SE LE~RMAGTE, 
   DIE EEN WAT STERKER IS, HOU STAND, HY STERK ONS SWAKKE KRAGTE. 
   VEG MET GEWELD EN LIS DIE VORS VAN DUISTERNIS – ONS VREES GEEN DOOD OF HEL; 
   SY VONNIS IS GEVEL, ONS IS SY VAL TE WAGTE. 

4. GODS WOORD HOU STAND IN EWIGHEID, GEEN MAG KAN DIT LAAT WYK NIE ! 
   BEEF, SATAN, GOD VOER HIER ONS STRYD; SY TROU SAL NOOIT BESWYK NIE ! 
   AL EIS JY DAN ONS GOED, ONS DIERBARES, ONS BLOED: DIT BRING JOU GEEN GEWIN – 
   ONS GAAN DIE HEMEL IN, JY ROOF ONS NOOIT GODS RYK NIE.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00