·    Sendbrief aan die HEBREëRS

 

·    ’n Baie diep en kosbare brief aan Joodse gelowiges wat hewig versoek was om toe te gee aan druk van eie volksgenote om terug te keer na en weer deel te neem aan die offers, feeste gebruike en wette van die Joodse godsdiens, waarvan díé vernaamste teken vir hulle, die besnydenis was. Die kern van die Joodse godsdiens – die tempeldiens – het nog bestaan. Die Tempel is eers in 70 AD verwoes!
·   
·    Die anonieme skrywer van Hebreërs bewys meesterlik aan hierdie Joodse gelowiges, uit hulle eie agtergrond, geloof en geskrifte dat die eenmalige, volmaakte offer van Jesus Christus nou allesvervul én vervang het. Ook dat enige verwerping van Christus se volmaakte offer of enige toevoeging daarby, nie net gevaarlik nie, maar uiters rampspoedig vir hulle geloof sou wees. Daarom is flikker daar ook 5 baie ernstige waarskuwingssoos helder rooi ligte: 1) Wegdrywe(2:1-4). 2) Geestelike verhardinga.g.v. ’n bose hart van ongeloof (3-4). 3) Geestelike stilstanden gevolglike agteruitgang (5:11-6:12). 4) Die gevaar van opsetlik te sondig(10:26-31). 5) As mense nie luister nie God praat(12:25-29).

·    Een vd uitstaande kenmerke – die 7 wonderlike NAME van Christus: Seun, Apostel(gestuurde), Hoëpriester, Leidsman, Middelaar, Voleinder  Herder. Sleutelwoord ‘beter’ (13 keer). Hoe die verlossing in Christus ver beter is as alle diens van engele, profete en priesters. Deur Christus se beter en Sy allerbestegeestelike erfenis, bereik God Sy hoogstedoel met ons. Só vind ons in: Hfst.1&2 die beter Verlosseras engele, profete en priesters. Hfst. 3 – beter Apostel(gestuurde) as Moses. Hfst 4 beter Leidsmanas Josua.  Hfst 5&6 – die beter Hoëpriesteras Aäron en die Leviete. Hfst 8  – die ver beter Verbondmet beter beloftes, waarborge en resultate as die Ou Verbond. Hfst 9-10 – die beter heiligdomen offerbloed as die bloed van offerdiere. Hfst.10:19 – beter toegangtot die heiligdomas ooit tevore.  Hfst.11 – die beter Verhoudingmet God deur die geloof as met werke. Hfst 12&13 – die onbeskryflike beter erfenisin Christus.

**********************

·   
·    DEEL 1  CHRISTUS, ons beter VERLOSSER(as profete … engele …) Heb. 1 & 2
·   
·    Hfst.1 Verlosser-God verheerlikas Seun van Godof, Christus as God in Sy heerlikheid. 
·    Hfst.2 Verlosser-God vernederas Seun vd mensof, Christus as Seun in Sy vernedering. 
·   
·    Hfst.1  Ons Verlosser-God as Seun van God in sy verheerliking (Hfst.1) :
 
·    1.1  DieSeun: God se persoonlike Boodskapper(v.1). Johannes evangelie sê Christus is God se ‘gestuurde’. Hebreër brief sê God is ʼn God wat spreek. en is Sy laaste, beste, duidelikste, finale ‘Woord’. Praat Hy? “My skape kén My stem en hulle volg My.” 2:3,4; 3:7,15; 4:7; 9:8; 10:15; 12:25. Elia herken God se stem as Hy storms vervang metdie ‘gesuis van ʼn sagte koelte’ (Op.3:20).
·   
·    1.2  Die Seun, wettige Erfgenaam; deur ‘aanneming’ ‘seuns’ in/metHom, verhef en verklaar God óns in status, mondig! át beteken dit? Kan onmiddellik erf! (v.2; Rom.8:17; Ef.1:5). Veral in Gal.4:7 nie onvolwasse ‘neppios’ , gelyk aan slawe en diensknegte onder wet; maar mondige ‘huios’ met volwasse status‘in Christus’. Nie net latererfgename – in status gestel nóú te erf. Díé ‘mondig’ het niks te doen met ouderdom, maar met geloof! (Ef.1:11). Pas wedergeborene wat GLO is reeds ’n mede-erfgenaammet Christus – op God se ererol, saam op ’n troonvan majesteit, met ’n septervan krag en met ’n kroonvan heerlikheid! Lewe & oorvloed! (Portret: ‘Wie die seun kry, kry alles!’). Let noukeurig op Efésiërs 1:18. Dit sê, Sý erfdeel, die heiliges (die bruid van Christus)!
·   
·    1.3  Seun as die ewige, onveranderlikeSkepper- deur net te praat… en alle dinge ‘dra’deur die woordvan Sy krag (1:2); ‘hulle sal verslyt … toerol … verander word’(v.12). Maar Hy bly . Ons anker van geloof is, Hy verander nooit! (10:12; 13:8). Nuwe skepping is Sý meesterstuk! (Ef.2:10; 4:24).
·   
·    1.4  Seun as die ware beeld- nie foto- of standbeeld, maar ewebeeld(NAB) van God (1:3; Joh.14:9). Wys ons die Vader! Verbaas, ‘hier’ is die Vader; lyk , aard Jesus! (Ef.1:6,12,14).
·   
·    1.5  Seun as Verlosser, Reiniger (1:3): Water verkwik; dou verfris; olie versag, vuurreinig.
·    – 2 –
·   
·    1.5a Vanselfgepleegdesondeskuld,só hemelhoog en vuil; as Hy dit totaal uitwis met sy bloed, op jou kyk jy nooit gesondig het nie. totaal uitwis (Exaleipho), uitvee by Kruis! (Kol.3:14).
·   
·    1.5b Van selfverwerfdesondesmetvan verdorwenheid (ma vergeef dogtertjie, moet nogtans  rokkie was). …van stoutigheid – ‘naugthiness’ -moedswillig met ‘modder’ speel (Jak.1:21): ‘ons het elkeen sy eie pad geloop …’rug op God (Jes 51). Maar uit God gebore, opgewek uit geestelike dood; nou deelgenote .d. Goddelike natuur (2 Pet.1:4) … én deelgenote Christus (Heb 3:14). Dán eers is daar sprake van ’n nuwe skepsel Christus Jesus (2 Kor.5:17). Net die wedergeborene is in staat om sy dieper, oorgeërfde, innerlikesondesmet/in te sien/ontdek. Jesus noem dit ’n onrein hart(Mark.7:21-23). As jy dit nie raaksien of onrein hart jou nie hinder, grief – is dit te betwyfel of jy al ooit die Heilige Gees ontvang het! Is Hy dan miskien by jou bedroef? God wil ook jou diepste wese – jou hart -met Sy bloed kom reinigvan ALLE sonde – die bose magsowel as die aaklige smet(‘While You are at it Lord, kill the spider!’). Erken eerlik jou dieper behoefte, vertrou God en laat jou reinig in ’n besliste wils- en krisisvan volkome oorgawe en geloof(Hand.15:8,9). Hy is getrou Hý doen dit!.
 
   1.5c  Van innerlikesondesmet/,kon Hy nie net praat of vergewenie, maar moes Hy bloei! Adeur ‘bloed/vuur’ (soos Jesaja) van ALLE ongeregtigheid reinig! (werkwoord aoristus tyd krisis; 1 Joh.1:9). Prosesdaarná, hou aan reinig (teenw. tyd) ás in lig isen wandel (1 Joh.1:7).
   ‘Gegenereer’ in v.5 verwys na Christus se opstanding (Hand.13:32-34); ‘Eersgeborene’ beteken nie in tyd, maar in rang of status. Let asseblief op en vergelyk die volgende: Ps. 89:28; Jer.31:9; Kol.1:15,18.
·   
·    1.6  Die Seun as gesalfde Koning(1:3,8,9; Dan.7:13,14; Mat.28:18; Hand.10:38). Amptelik deur God as Messias ‘gesalf’toe die Heilige Gees ‘soos ’n duif’ Hom. (Luk.3:21,22; Joh.1:32,33; Luk.4:18 – amptelikdeur God aangestel en toegerus as Jode se Messias en die wêreld se ‘Christus’. “Daarom … (waarom?) … omdat Hy geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat het! Die een kant van God se heiligheid is Sy ewige toorn (op sonde) én die ander kant Sy onveranderlike liefde (vir die sondaar). Christus Self was nooit eers ‘gereinig’ nie- Hy was reeds volkome rein; ook nie vervul Hy het reeds die H.G. besit; ‘nie met mate nie’. Maar gesalf met vreugde-olie? Vreugde-olie vir fees! Amptelik deur God aangewys, aangestel. (Ons word ‘Gesalf…verseël…ontvang die Gees as onderpand ’ Kor.1:21,22).
·   
·    1.7  Die Seun as magtige Oorwinnaar
·    Sit in posisie van rus,sy hervoltooi, oorwinning klaar behaal (1:3,13; 8:1; Jes.63:1,2).
·    Sit in posisie van mag en eer die Váder neem Sý vyande oor (v.12,13)! Hy kon hulle net oorgee!
·   
·   
·    (Hoofstuk 2)
·   
·    Hfst. 2  Ons Verlosser-God as Mens in sy vernedering

   In die eerste hoofstuk is die beeld van Jesus Christus, gelyk aan God in Sy almag, grootheid, majesteit en heerlikheid. Alle gelowiges aanvaar en glo dit so. Dit wek ontsag en eerbied! Maar hierdie groot en heilige God het nog géén menslike oog werklik gesien nie, hoe sterk die begeerte ook al was! Maar in hoofstuk twee openbaar die Heilige Gees God se HART en KARAKTER deur Jesus Christus in Sy vernedering as MENS … Sy omgee, liefde, barmhartigheid en getrouheid as die ‘Leidsman tot die verlossing’ (v.10 NAB). Dít is wat sondaars harte die diepste roer. Aangrypend dat God Sy HART en KARAKTER vir óns SIGBAAR kom maak deur die lewe en gesindheid van Jesus Christus by ons! “The look that melted Peter’s heart, the face that Stephen saw; the heart that wept with Mary’s grief, that will us from idols draw.”

    1.2.1  ‘Mens’ só spesiaal ná 5de dag eers raadsvergadering deur 3 Enige God: Laat Ons … beeld – moet ‘lyk’na Ons; na Ons gelykenis ‘aard’ Ons. Toe vir die eerste keer, sê God, dít is baie !
·   
·    1.2.2  Mens só belangrik- gekroon(‘stefanos’ oorwinnaars; ‘diadema’is koningskroon) die mens is gekroon te kan heers; God kroon hom vooruitas potensiële oorwinnaar! “Wat is die mens …? U het hom … met eer en heerlikheid gekroon… maar nou …(tragedie van sondeval?) sien ons nog nie dat alles aan hom onderwerp is nie” (2:6-8).
·   
·   
·    – 3 –
·   
·    1.2.3  Mens só kosbaar- toe die eerste ‘wenner’ (eerste Adam) sy geveg verloor en die eerste ‘heerser’ sy kroon, het God hom nie oorboord gegooi – (v.8b “Maar ons sien Hom, naamlik Jesus (laaste Adam) … met heerlikheid en eer gekroon (‘stefanos’)” Hý kom buig tot in die stof om die verlore ‘oorwinnaarskroon’ weer op te tel en aan ons terug te gee. In Sy geval, nádatHy die oorwinning behaal het (2:9). In die ‘maar nou …’sien God se meesterplan – in Sy soektog en reddingskrag buigHy … en word ‘minder as die engele’: om te ly- v.10,18; ook te offer: – sy trane, gebede (5:7), sy liggaam (10:10) en bloed (9:14) en uiteindelik, Sy ALLES – Homsélf!!! (7:27; 9:14). Hy het Homsélf vir ons ‘oorgegee’ (Ef.5:2); vir sy bruid ‘oorgegee’ (Ef.5:25-27). Só lyk ‘volle/volkome oor’! Dáárdeur word Hy die Bewerker van óns (‘ewige’ – 5:9) saligheid (2:10)!
·   
·    1.2.4  Verlossing só effektief …. want nou lei Hy:
·   
·    a)  Die slawe tot vryheid(2:15). Beteras gewaande vryheid van sondeslawe (Joh.8:33,36), nou vryheid van keuse soos die ‘liefdeslaaf’ (Ek.21). Boeie los, vryom self reg kies en bemagtigom jou Geliefde se wil te doen, Hom te behaag, te heers! Aan die Een wat jóú vrygekoop om jou vry te maak, het jy jouself uitverkoop!Vryheidsdag! “Heers temidde van (nie weg van) U vyande …” (Ps.110:2). “As die Seun jou vrygemaak het, sal jy waarlik vry wees!” Septer heerskappy herstel. Grootste wonder – kan nou rug draai op en nee sê vir sonde, soos die sondares in egbreuk betrap!
·   
·    b)  Die kinders tot heerlikheid: 2:10. Beteras net oorspronklike skepsel soos Adam, nou Kinders! – nou dra ons Sý beeld en daardie beeld is die herstelde heerlikheid! Dit is niks ander nie as die gesindheid van Jesus in Sy nederigheid, opregtheid, teerheid en liefde – Sy onbesproke KARAKTER!Deelgenote van die Goddelike natuur, wóón Gees nou IN ons! (Rom.8:9,11; Gal.4:6)
   
    c)  Die broeders tot heiligheid (:11 én Joh.20:17) beter/veiliger as net onskuld – stabiel, kan toetse deurstaan (10:10,14; 13:12) – gelykenis(aard na en heers – kroon – soos Hy) herstel!  “Daarom (om hierdie rede …omdat Hy hulle gelei het toe heiligheid) skaam Hy Hom nie om hulle ‘broeders’ (Sy eie familie) te noem nie!” Maar ons staan verbaas dat hierdie God Hom bekommer! In 16 toon Hy Sy bekommernis, Sy hartseer en diepe teleurstelling oor ‘die geslag van Abraham’as hulle nie besef WIE Hy is, wat Hy kom doen het en wat Hy hulle aanbied nie! Oor sulkes hang ʼn baie sterk vraagteken! “Daarom, heilige broeders …” (3:1) (Brief uit die Ooste net aan: ‘Die heilige man van God’ en sy dorp bereik sy bestemming veilig in Brittanje). Pas jóú naam ook só in, ná ‘heilige’ …. (Dawid)?
   Vers 18: “Want deurdat Hý self onder versoeking gely het, KAN Hy dié HELP (‘boaytheho’ is gebruik wanneer ʼn kind huil en ouers snel kind tot hulp!) wat versoek word.”
 
·    1.2.5  Die Verlosser-God word gruwelik beledig(2:3): Eerste Rooi lig spel gevaar!

(a)     Gevaar van wegdrywe- moontlik en maklik om tydens herlewing, by kamp, net te ‘drywe’ (float). Gewoonlik na kant van meerderheid, waar dit maklik is, warm by ander se vure. Maar wat gebeur ná so ’n kamp waar geen ‘atmosfeer’ van herlewing is nie! Waar dit lyk en voel asof die duiwel los, Satan regeer, septer swaai; alleen moet staan – om dan juis dáár vaste staan! Saam drywe beteken – wegdrywe – ongemerk en weet dit self nie!Wat moet jy doen – net nikste doen nie, dan gebeur dit!
·   
(b)    Gevaar van Verontagsaam: Beteken nie dat jy NIE daaraan glo nie. Ook nie dat jy dit doelbewus minag of verwerp nie. Dit beteken net ‘ek steur my nie’ daaraan nie! Koue skouer draai. Elkeen het weggegaan … een na sy eie stuk land en ’n ander na sy besigheid! Aan die neutrales wat vir ewig op draad sit, nooit kant wil kies nie – “raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan?” – uit My mond spuug!
 
(c)    Gevaar van Regverdige vergelding- Hand.17:31 – geen sprake van ontvlugting of beloning, slegs vergelding! (Drenkeling gered deur regter en pleeg toe ernstige misdaad. “Toe was ek jou Redder, nou is ek jou Regter!”) Hóé sal ons ontvlug…? Enigste vraag waarop Bybel geen antwoord.

·   
·   
·   
·    DEEL 2  CHRISTUS, ons LEIDSMAN tot RUS … beter as JOSUA (Heb. 3:7-4:13)  

·     Hfst 3 begin met Christus as gestuurde Apostel en deur God aangestelde Hoëpriester van ons belydenis – groter as Moses – want Moses was maar net ’n Bouer van Sy ‘huis’, maar Christus is Self ook die Besitter van die ‘huis’. Vanaf v.7-4:11 is Hy die nuwe en beter Leidsman – beter as Josua wat die volk Israel in húlle Kanaänsrus ingelei het – omdat Christus sy bloed gekoopte volk Sý beter sabbatsrus inlei wat “oorgebly het vir die volk van God!” Wáár en hoe het dit ‘oorgebly’? As slawerny in Egipte ʼn beeld of tipe is van die sondaar, die Woestyn as tipe van die val-en-opstaan Christen, dan is Kanaän sékerlik nie ʼn tipe van die hemel nie (dáár was nog reuse, vyande om uit te roei, land om in besit te neem en selfs nog neerlaag (uitsondering, net een keer in 7 jr. by Ai). Kanaän tipe van volheids- of oorwinningslewe; van Geesvervulling, vrugbaarheid en toerus met krag! En omdat dit ook nou God die H.G. is wat spreek (3:7) is hier ook dan die 2de, baie ernstige waarskuwing in die brief (3:7; 4:1)!
·   
·    Toe Jesus Christus in Mat.11:28 elke vermoeide en belaste siel geroep het om na Hóm toe te kom vir RUS wat Hý gee en dieper RUS wat onder Sy juk ‘gevind’ of ontdek kan word,, en in Joh.7:37 elke dorstige siel na Hom geroep het om by Hómsélf te kom drink van die WATER van die lewe (wat die Heilige Gees is), het Hy die vinger gelê op die twee grootste node of behoeftes van elke mens se hart!
·   
·    Hier vind ons die woord RUS nie minder nie, as 12 keer en feitlik elke vers verwys daarna. Dit is die ‘SABBATSRUS van God’; die ‘RUS van werke’ en keer op keer is dit "Sy RUS" of "My RUS". Die RUS wat Josua aan Israel gegee het toe hy hulle die Beloofde Land ingelei het is ʼn beeld of tipe daarvan (1 Kor.10:11). Die diep geestelike sieleRUS word dus verhelder met die beeld van die "Kanaänslewe" in die O.T. en met die werklikheid van die ‘volheidslewe’ of ‘lewe en oorvloed van lewe’ in die N.T.

·    2.1  GOD VOORSIEN SY SABBATSRUS:
·   
·    Die beeld van ‘Israel’ se erfenis in Kanaän; die werklikheid van God se ‘sabbatsrus’ of die ‘volheidslewe’ (nab Ef.3:19) van heiligmaking; van reiniging van die hart en Geesvervulling vir die kind van God, is verskillende terme vir presies dieselfde geestelike ondervinding. Israel se ondervinding in 1 Kor.10:11 genoem as ’n “voorbeeld vir ‘ons …’”. Net soos die volk Israel, is elke mens geestelik op net een vd drie plekke: In Egipte (slawerny). In woestyn uit Egipte, maar E. nog nie uit hulle. IN Kanaän, die land van belofte, oorvloed, volheid en oorwinning! God se beter ‘sabbatsrus’ wat oorgebly het vir die volk van God! “Egipte” (v.16) en “die woestyn” (v.17) word inderdaad hier genoem, maar nie ‘Kanaän’ nie. In plaas daarvan rus … My rus … Sý rus … Sabbatsrus! Wat beteken dit?
·     
·    2.1.1  Dié RUS van OPHOU met sonde deur Leidsman tot RUS:  Sonde het ʼn bose werking:
·   
·    Sy Bedrieglike genot – sonde IS lekker – maar net vir ’n tyd, in kiem vorm; maar wanneer dit ontkiem is die vrug en loon bitter! Tog is die blinde sondaar nie bang vir sy loon; hý glo dit sal vir ewig lekker bly en daar is nog so baie tyd en geleentheid vir die ‘só baie lekker’ wat hy nog WIL te gaan doen!
·   
·    Sy Beskuldigende veroordeling – Wanneer dit die Satan pas wek hy alle ‘ou koeie’ wat hy by mekaar kan skraap weer op! Begin afkraak en beskuldig as die grootste, vuilste sondaar en hopeloosste Christen – géén geen hoop vir jóú! Alle geraamtes uit verlede opdiep, jou beskuldig dat jý die grootste mislukking is! Sy doel – jou só depressief en wanhopig, só mismoedig dat jy die ‘wit vlag’ hys!
·   
·    Sy Besoedelende smet – vuil, onrein, soos melaatsheid! Ergste – afskuwelik van binne – nie altyd van buite sigbaar! Innerlike besoedeling diep van binne; die nes van onrein gedagtes en begeertes in die verborge dieptes van onrein hart! Selfsug, gemaksug, eersug wat ‘woestyn-Christen’ geestelik lamslaan, om nie eens te praat nie van die giftige adders van jaloesie en hardheid in hul bose hart van ongeloof opgekrul. Tevergeefs probeer om dit weg te steek! Geen mens kan werklik in eie krag sy HART reinig en rein bewaar nie. Elkeen weet dat, as ‘omstandighede’ toeslaan en slange skielik hul lelike koppe begin uitsteek, mense verbaas staan WIE almal skielik in sonde ‘val’ of deur watter ‘Christene’ se slegte gesindhede en kwaadpraat teer harte van geliefdes geskok en gebreek word en vriende uitmekaar spat! Die Christen se humeur uitbarstings, afguns, hebsug, kwaadpraat en hoogmoed laat die wêreld alle respek vir Christendom, en sy vrees vir God se heiligheid verloor! “Soos troebel fontein en vuile bron, só is die regverdige wat wankel voor die goddelose!” (Spr.25:26).
·   
  Sy Bose, verblindende mag: Ontstellendste feit van sonde: Sonde verblind! Onkundig van gevaar en eie toestand (Simson … Laodécia …). Waar ongehoorsaamheid verskyn, begin openbaring verdwyn!
  – 5 –

  Begin sonde verskoon. Liggeraak en kleinserig, maklik aanstoot gee en neem en handhaaf eie ‘regte’. Kan moontlik aaklige uitbarsting na buite beheer, maar God kyk na die HART. As die nek en rug en knieë nooit voor God buig nie, weet jy ook niks van ’n ‘gebroke hart en ’n verslae gees’ nie. Gruwel van hoogmoed (‘penwortel van sonde’ A.Murray), sterker is as eie wil; maak bedoelde koning ’n armsalige slaaf! Vergelyk 70 konings met afgekapte duime en groottone (Rigters 1). Dank God daar IS vergifnis vir sondeS én verlossing van sondE (Mat.1:21; Joh.8:36; Tit. 2:14), vrymaking (Rom.6:17,18,21), reiniging deur die bloed gaan dieper as die gif van die slang! (1 Joh.1:7,9; Heb.9:14)
·   
·    2.1.2  Dit is die RUS van werke (4:10; 9:14). Werke (wettiese) met verkeerde motiewe, in eie krag. Gedryf deur vleeslike metodes met eersugtige/selfsugtige motiewe. Soek verdienste, trek aandag. Uiters sensitief/gevoelig vir eer en applous, maar onwillig vir die smaad van Christus voor mense (koning Saul).
·   
·    2.1.3   Dit is ‘Sý/Mý RUS’ (6 keer) ná Sý volmaakte oorwinning:  Ná Sy volmaakte oorwinning, ná Sy stryd, ná Sy voltooide werk, het Hy gaan ‘SIT’ aan die regterhand vd Vader (1:3,13 en in 3:1 en 3:14 – is ons ‘deelgenote’ van Christus). Óns SIT saam met Hom in ‘hemelse plekke’ (Ef. 2:6). IN Hom is nie net jou voorreg, ook jou volste ‘Christen-REG’ om dáár met Hom te SIT – AS Hy jou ‘Sý rus’ inlei.
·   
·    Die vyand IS klaar oorwin, ontwapen, meegevoer! Val in by Sy triomferende stoet en juig (Kol.2:15; Ef.4:8 NAB); sit saam op Sy oorwinnaarstroon en rus; leun aan Sy boesem en deel in Sy vrede – “My vrede …"; sit aan by Sy tafel en word versadig! Skryf in by Sy leerskool en slaag in die twee vakke waarin jy die geheim van ‘rus’ onder Sy juk – nederig en sagmoedig van hart (Mat.11:28,29) kan leer. Dít is die positiewe aspek van verlossing! ‘Dit is die vrug van die lippe wat Sy Naam bely’ (Heb.13:15). 
·   
·    Soos die boodskap van LIEFDE die soetste is vir die verlore sondaar – só is dié van siele-RUS vir die verloor-Christen wat moeg is van ’n verloorstryd van val-en-opstaan en wat smag na diep en blywende sielerus! Slegs die ware Christen, binne sy ‘SabbatsRUS’, geniet egte vreugde en blywende vrede! Alle ander vreugdes en vredes val gou weer plat, gaan verby en is oppervlakkig, kunsmatig en bedrieglik! 
  
   2.2   VERSPERRINGS TOT DIE RUS:

·    2.2.1  Verharde hart (3:7-11; Ps.95:7): DAG van versoeking in die woestyn het volk God se stem gehoor. ’n Geweldige ‘beroering’! Hom weerstaan, versoek, beproef (getoets) en soos in v.8,9 lees, Hom verbitter! Daarom by Mara (smart) drinkwater bitter! Dáár die blaam van húlle misdade en ongeloof op Moses (sondebok) … te lafhartig direkte opstand teen God! Net één ding maak water weer soet – "hout in water" – Kruis! By Massa (versoeking) en Mériba (twis) opstand teen Moses hewiger. God versoek deur te vra – waar is God? Is God in ons midde en ongeloof slaan dáár die Rots – weer ʼn tipe van die Kruis!
·    Dit wil voorkom asof in Numeri 20:2 tot uiterste verharding/opstand teen Moses en eintlik teen God! Selfs kant gekies met Korag en sy bende wat priesteramp begeer het (Num.16:9). Rots helaas, wéér geslaan! (Hoeveel keer neem Christene hulle Christus weer kruis toe? (Heb.6:6). Dit was híer, by Kades (Num.20:14), waar God vertoornd geword het; só dat Hy gesweer het dat hulle in Sy RUS nie sal ingaan nie (Heb.3:10). Die SUG van die Heilige Gees in Ps.95 is, "AG! as julle maar VANDAG na My stem wou luister!" Waar twyfel en opstand broei, floreer verharding! (v.13b). Die Satan trap die grond van die mens se hart só hard tot ’n "klipharde pad". ‘Voëls’ pik dan die ‘saad’ onmiddellik weg!
·   
·    2.2.2  Dwalende hart 3:18): Eers verlei, dan verharding en daarná verdwaal – soos Israel in die woestyn; altyd aan die beweeg, baie aksie, bedrywig, maar geen werklike vordering – al in rondte vir 40 jr. Sonder vastigheid, sekerheid – dwaal – altyd wég … van God, van Jesus; van kernwaarhede van die Skrif; van heiligmaking, van die voorbeeld en betekenis van die "SABBATSRUS van God" Paulus kon eerstehands en persoonlik getuig (1 Thes.2:10,11)! Daar is DRIE kenmerke van die dwalende hart:
·   
   2.2.2a  Verblind: "Hulle het My werke (Sy voorsiening) 40 jr lank in die woestyn gesien, maar hulle het My weë (die RUS in te gaan) nie leer ken nie" (3:9,10). Verblinde siele hóór die boodskap – evangelie – maar dit baat hulle nie, want dit is nie by hulle met die geloof verenig nie (Heb. 4:2).

2.2.2b  Vasgekeer: binne goed bewaakte woestyn grense, waar God hulle vir 40 jr wel verdra het (Hand.13:18) deur die voorbidding van Moses en die offers van Aaron, maar daardie selfde 40 jr was Hy op hulle vertoornd (3:17) omdat buite die beloofde land hulle buite Sy wil en Hom gewantrou!

·    – 6 –
·   
·    2.2.3c  Vermoeid: tot die dood toe! Onophoudelike stof, ontelbare klippe en die ondraaglike hitte en barheid van die woestyn waar meer as 600,000 lyke op ’n streep geval het! Wanneer die tot die dood toe vermoeide Christen egter begin SMAG na RUS, beweeg hy al nader aan God se "VANDAG …"!
·   
·    2.3  Ongelowige hart (‘Bose hart van ongeloof 3:12,19; 4:2): Heb.3:12 is ’n openbaring – nie net  WAAR (die hart) verdwaal, verhard en ongeloof sy setel het en WAT (hoe subtiel) dit is nie, maar ook in watter LIG (dis boos)! God daarna kyk.  Hóé funksioneer die ‘bose hart van ongeloof’?
·   
·    (i) Dit glo ALLES in die Bybel, maar dit is nie vir MY nie – terwyl die Belofte vir JOU is!
·    (ii) Dit aanvaar ALLES, maar dit is nie vir NOU nie – terwyl God in die teenwoordige tyd seën! 
·    (iii) Dit sien vir God raak, maar die REUSE is groter as jou God!
·    (iv) Dit bly net besig en sukkel met SELF, nie met grootheid, almag en goedheid van God nie!
·    (v) Dit maak die Waaragtige tot Leuenaar; erger as ongehoorsaamheid; wil éérs sien voor GLO!
·    (vi) Dit is uiteindelik blatante ongehoorsaamheid aan drie dinge:
·   
·    ’n dierbare Stem (3:7,15; 4:7);
·    ’n duidelike Evangelie (4:2,6);
·    ’n dringende bevel (4:1,12; Rom.10:21)! 
·   
·    Hierdie veragtelike "TWEELING" van ongeloof en ongehoorsaamheid loop hand aan hand en werk saam in die Christen (3:16) se siel, waar hulle mekaar kweek en versterk!  Saam terg en vertoorn hulle die liefdevolle en lankmoedige God, in so ’n mate, dat Hy ’n EED moet SWEER dat Hy die deur na ‘DIE RUS’ / ‘SY RUS’ finaal vir hulle moet tóéslaan! Onder die oppervlak van hierdie sonde boom is sy onsigbare giftige wortel van ongeloof, en aan sy sigbare takke die misrabele vrug van ongehoorsaamheid wat jou arme siel in een-weg-drukgang – terug na die barre woestyn forseer!

·    2.4  DIE INGAAN IN DIE RUS: GELOOF! (4:3)
·   
Die ‘Vandag’ (van geloof)! God se “vandag as julle Sy stem hoor” (Hand.13:32,33) is: 
·   
·    Die dag van Sy genade – dit kan ‘môre’ dalk te laat wees!
·    Die oomblik van jóú belangrikste keuse – dit kan vandag met jóú gebeur ás jy gewillig is?
·    Die waarborg dit sál gebeur – die getroue God het dit beloof en beveel!
·   
·    Die Leidsman tot die Sabbatsrus van God is Jesus Christus. In Hom God se KARAKTER leer ken, wat RUS belowe, RUS aanbied en RUS meedeel! Onder ALLE omstandighede is Hy getrou (3:2; 11:11; 1 Thes.5:24); magtig volkome te verlos (Heb.7:25), ewig te red (5:9; 9:12) en volmaak te heilig (10:14).
·    Hy is ook onveranderlik in Sy wese en karakter (1:12; 13:8) en in Sy raad (6:17,18) en wie in Hom GLO, sal NIE beskaamd staan nie! "Ons wat GEGLO het, gaan die RUS in!" (4:3).
·   
·    Geloof WAAG DIT – neem die sprong en werp hom op Christus in volkome vertroue en oorgawe en leun met sy hele gewig op Sy beloftes, werk, Kruisverdienste, opstanding en verheerliking! Soos Israel se priesters hulle voete in die water van die Jordaan moes steek in geloof!
·    Geloof verbind die siel aan God se ALMAG en maak dit die maatstaf van sy verwagting!
·    Geloof baan die weg waar menslik gesproke geen weg bestaan nie. Dit klief die see; dit verdeel die Jordaan en dit laat groot ‘Jerigo’s’ se mure val! Geloof KAN DOEN WAT GOD KAN DOEN! Onthou – Hý is die Leidsman (die Een wat die weg baan, die Beginner) én Voleinder van geloof.
·    Geloof word gebore in ’n wilsbesluit van gehoorsaamheid, nie deur werke nie; daarom is die ‘ingaan in die RUS’ nie ’n proses van werke nie, maar ’n KRISIS van geloof! Om ‘volkome tot rus’ te kom BINNE die beloofde land, vir altyd te deel in Sy rus, is wel ook die voortgaande proses ná die krisis.
·    Sonder GELOOF kán u Hom níé behaag nie! Reddende én heiligmakende geloof is geanker in God se karakter, kan wortel skiet in die mens se hart en gees en kom in die praktyk tot uiting deur ’n definitiewe WILSDAAD van gehoorsaamheid – altyd in die teenwoordige tyd – ‘vandag’ (Heb.4:11). "VANDAG as julle Sy stem hoor …” spreek van:  ’n waarskuwing: kan te laat word;  ’n belofte: kan NOU … ‘vandag’ gebeur. ’n bevel: gaan vandag in!  Toe hulle die volgende dag wou ingaan, toe wou God nie! Dit is ʼn ernstige waarskuwing aan elkeen wat God se welaangename ‘VANDAG’ wil verander tot sy eie gerieflike, maar rampspoedige ‘môre …’! 
·    – 7 –
·   
·    “Daar bly dus ʼn Sabbatsrus oor vir die volk van God.” (4:9). “Hy het ons daarvandaan uitgelei … om ons IN te bring …” (Deut.6:23). “ … en ons het tot by Kades-Bernia (lees Numeri 13:26-14:45) gekom.” (Deut.1:19b). “Daarna het ons gedraai en weggetrek na die woestyn …” (Deut.2:1).

Moses het gesê, ‘Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons inte bring’ en ‘ons het TOT BY Kades-Bernea gekom …’ Toe hulle die grens tussen Egipte en die Woestyn oorgesteek het, het Hy hulle langs die kortste moontlike pad, tot by die volgende grens, Kades-Bernia – tussen die woestyn en Kanaän – gelei. Dit is God se ‘oop deur’ na Sy volheid in Christus Jesus ná die wedergeboorte. Kades-Bernia staan o.a. vir die Christen se volkome oorgawewat die weg open na sy lewe in die heiligdom, vrugbaarheid, ware dissipelskap en lewe en oorvloed van lewe, soos Jesus belowe het! Dit was God se volmaaktewil om Israel net dáár IN te lei. Veel minder was dit Sy toelatendewil, dat hulle eers 38 jr later in die rus van Kanaän in gegaan het, maar met die ontsettende verliese van soveel vermorste, verlore jare!

2.5  GEBRUIKE VAN ‘RUS’

   2.5.1CHRISTUS HET EERS GEWERK, TOE GERUS: JesusChristus is die Een wat éérs Sy herskeppingwerk moes voltooi voordat Hy Sý Sabbat rus ingegaan . Hy het, terwyl en nadat Hy skynbaar die Joodse Saterdag-Sabbat ‘gebreek’ het, gesê: “My Vader werk tot nou toe en Ek werk ook …” (Joh.5:17). “Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.” (Joh.17:4). Uiteindelik “TETTELESTAI !!!” (Joh.19:30) beteken klaar, voltooi, volkome afgehandel! Toe het Jesus‘Sy Rus’ ingegaan deur Sy opstanding en hemelvaart, nádat Hy klaar ‘gewerk’ het. ‘… nádat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het Hy gaan SIT aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte’ (1:3). “Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het en,nádat Hy volmaak is, vir almal wat Hom gehoorsaam IS (nou, teenwoordige tyd vir ons), die Bewerker van ewige saligheid geword”(5:9). Vir Israel wat moes ingaan in hulle Kanaänsrus was Hy die ‘Ark in die middel’ van die Jordaan waar elkeen persoonlik, man vir man, moes verby stap, vereenselwig word met die ‘Ark in die middel’; deurgaan deur die Jordaan en anderkant uitklim!

   2.5.2  MOET EGTER EERS RUS, DAN WERK: Óns moet egter éérs RUS …éérs kom en Sý rus ontvang en ‘vind’, voordat óns kan begin ‘werk’! Ons heel eerste en noodsaaklikste ‘werk’ is, volgens Jesus, in Johannes 6:28,29, om IN Hóm te GLO wat die Vader gestuur het. By Hom, as vermoeides in GELOOF na Hom toe KOM, ‘gee’ Hy hulle die GELOOFSRUS wat Hy beloof het (Mat.11:28). (Kwaliteit rus en kwaliteit werk is net moontlik terwyl ons innerlik ‘RUS’! (Rut, moeder van Obed …)

  2.5.3  ONS KAN IN ONS WERK ‘RUS’:  En dáár, onder Sy juk, om van Hom te leer, nederigheid en sagmoedigheid van hart (terwyl hulle Sý sagte juk en ligte las dra), ‘vind’ elkeen wat na Hom gekom het, RUS vir hulle siel (diep innerlik … Mat.11:29). Die ‘gee’ is die ontvang van ʼn gawe, maar die ‘vind’ is ʼn ontdekking van dieper waardes ‘onder Sy juk’! Ons sou sê, die ‘vind’ van die dieper innerlike rus is die ingaan in die ‘Sabbatsrus van God’ (Heb.4:9). Diep sielerus wat vrede ervaar en bewaar, te midde van gevaar en sekerheid te midde van onrus … vry van kommer, want ‘die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en sinne bewaar (militêre term, beteken wag staan rondom jou soos afdeling soldate) in Christus Jesus’ (Fil.4:7). (Wesley en Morawiese sendelinge in storm). “Die volmaakte liefde dryf die vrees buite …” (1 Joh.4:17). Selfs in dood (Lamprecht: ‘Nog net een tree’).

2.5.4  KLAAR GEWERK, EWIGE RUS: “Salig is van nou af die wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan RUS van hulle arbeid en hulle werke volg met hulle” (Op.14:13) “Beloon volgens wat elkeen se werk sal wees …” “Ek het die goeie stryd gestry …( kos bloed); wedloop voleindig …” (kos sweet en inspanning); geloof behou …” (kos konsentrasie, waaksaamheid en volharding).

2.5.5 SE SABBATSRUS IS DIE POORT NA DIE HEILIGDOM: “Want, as Josua aan hulle rus gegee, sou Hy nie van ʼn ander dag daarná spreek nie …”Jesus Christus, groter as Josua, lei Sy gehoorsame, gelowige verlostes op die nuwe, ‘ander dag’ daarná, tot BINNE húlle groter, veiliger,heerliker, sékerder, volheidslewe! Vir óns lê die dag van Christus, die ‘ander dag daarná’, die fondament vir ons ‘voortgaan na volmaaktheid’ en ons ‘ingaan in die Heiligdom’ met vrymoedigheid!

2.5.6  GOD SE SABBATSRUS vir Sy volk is ʼn beter ‘RUS’ as wat JOSUA ISRAEL gegee het (4:8,9). Moses, van die Ou Verbond, van WET en WERKE, het Israel UITGELEI (“die wet was ons ‘tugmeester’ na Christus toe”(Gal.3:24). Josua, die tipe van die Nuwe Verbond, van geloof 
 – 8 –

genade het Israel in húlle beloofde Kanaänsrus INGELEI!

Kanaän van ouds se vyande moes uitgeroei word, nie net ‘oorwin’ nie. Só reken God met óns vyande af as ons met Christus ‘SIT’ in Sý RUS, ‘in hemelse plekke in Christus’ aan Sy regterhand!
  
   Israel van ouds moes hulle één neerlaag, net een keer in die eerste sewe jaar, by Ai wat ‘klein murasie’ beteken, voor God bely en regmaak. Toe was hulle onmiddellik terug op die wenpad!

   Josua van ouds wat sy volk ingelei en toe self voor die ‘Leërowerste van die Here’ gebuig en aan Hóm oorgegee het as Aanvoerder van Sý hemelse leërmagte vir die stryd IN Kanaän, ʼn tipe van Christus. Toe hulle wegdwaal en weer verdwaal agter afgode aan het hulle nie net hulle land verloor nie, hulle God het teen hulle gedraai en hulle oorgegee in die hand van hul vyande. Toe hulle Messias verwerp het hulle ALLES verloor! Daar is geen gewaarborgde ‘veilige plek’ vir ongehoorsames nie!

2.6  DIE RAMPSPOED VAN AGTERBLY! (4:1)

Die tragiese gevolg van ‘nie ingaan nie’ (3:18), van … miskien agterbly’ (4:1), is uiters rampspoedig!

2.6.1    Bedrieg deur die leuen dat dit vir jou ‘beter’ is om terug na Egipte! al is jy fisies ‘uit’ Egipte, is “Egipte’ nog nie uit jou hart nie. Jy maak jou ‘draaie’ so naby moontlik aan ‘Egipte’ en bly dus uiters vatbaar vir sy magnetiese krag wat jou lok en soos ʼn Lot by sy maalkolk wil insuig. Probleem van die begin, as jy nooit ʼn finale breek met die ‘wêreld’ wou maak nie! (1 Joh.2:15). 

2.6.2    Beroof van jou grootste en heerlikste erfenis. RUS … ‘vreugde-olie …’ ‘My vrede …’ krag om te oorwin, heilig leef, oorvloed, vyande uitroei, nouste verbintenis saam op Sy troon, aan Sy boesem, voete, tafel! As jy nie in God se ‘vandag in Sy rus ‘ingaan’, sal jy nie na volmaaktheid kan ‘voortgaan’, in heiligdom kan ‘ingaan’ en saam met Hom buitekant die laer ‘uitgaan’ om Sy smaad te dra nie! Ongehoorsaam en onverskillig … begin van, onbewus ‘wegdrywe …’ (Heb.2:1) 

2.6.3    Bedreig deur aartsvyand in woestyn, ‘Amalek’, wat gedurig teen jou sal veg (Ek.17:8; Num.14:45), sy ‘hand’ uitsteek na die ‘troon van die Here’ in jou hart (Ek.17:16), wat ‘van geslag tot geslag’ in opstand teen God is en onvatbaar vir bekering (Ek.17:16), wat jou van ‘agter’ … by jou swak plekke, in jou rug sal steek (Deut.25:17-19) en jou aaneen sal ‘berowe’ (1 Sam.14:48). In die woestyn sal jy hom ‘miskien’ oorwin maar nooit uitroei nie. Amalek is tipe van inwonende sonde … die sondige natuur … onreinheid … ongeregtigheid … begeerlikheid … wetteloosheid … die ‘bose hart van ongeloof’ ens. Alleen IN Kanaän sou hulle Amalek kon uitroei (Deut.25:19). Voorbeeld van Saul taak opgelê en getoets om Amalek uit te roei, maar bestes van alles gespaar omdat die ‘manskappe’ so sê, vir Agab spaar, seker om mee te spog, toe word hý deur God veroordeel en uiteindelik deur Amalekiet deurboor! 

   Bedreig ergste van alles, want dáár, in woestyn, leef jy elke dag onder wolk van God se toorn! (Heb.3:17). Vgl. met Hand 13:8 en moenie jou verbeel dat as God jou 40 jr. kan ‘verdra’ en versorg en seën, en dit so goed met jou gaan, jy sal wegkom van Sy toorn nie! Die mans ouer as 40 – verantwoordelike besluitnemers namens hul families – almal ‘neergeslaan’ in die woestyn!
  
Die vasberade Christen wat die Evangelie LIG van ʼn oorwinnings- of volheidslewe, van die WIL van ware dissipelskap begeer en dan die MOET daarvan met vreugde gehoorsaam, kan dit NIE BEKOSTIG om só naby te kom en daar om te draai en weg te trek na die woestyn nie! Moenie bereken wat dit jou sal KOS om in te gaan nie, bereken liewer wat jy sal VERLOOR as jy NIE ingaan nie!
  Hebreërs 4:12,13 is die laaste gedeelte van die TWEEDE WAARSKUWING (3:7-4:13).

Die Woord van God is lewend en kragtig, soos ’n skerp swaard wat sny en skei! (Heb.4:1).
  Die Woord van God is ‘die onverganklike saad van die Woord’ met die kiem van ewige lewe (1 Pet.1:23) wat lewend maak (5:25) en ‘alles onderhou deur die woord van Sy krag’ (Heb.1:3);
  Die Woord van God reinig diep soos vuur (Jer.23:29; Heb.12:26, Ps.29);
  Die Woord van God breek die klipharde rots, soos ’n kragtige hamer (Jer.23:29), maar maak skaars ʼn vaal kol op die stuk ‘rubber’!

      DEEL 3  Christus, ons BETER Hoëpriester:  Hebreërs 5-10 

·    “Ons het só ’n Hoëpriester …” (8:1); “ … getroue Hoëpriester” (2:17); “ … groot Hoëpriester oor die huis van God …” (4:14). Die kenmerk van ’n koning is sy septer; van ’n profeet sy boodskap; van ’n priester sy offer. Ons herken én kén vir Christus aan sy offer toe Hy Homself oorgegee het vir die gemeente, vir sy bruidskerk (Ef.5:2,25)! Christus was nooit op aarde amptelik ʼn hoëpriester nie. Hy word amptelik ons hemelse Hoëpriester toe Hy Homself offer (7:27; 9:14), Sy volmaakte liggaam (10:10) aan die Kruis en Sy heilige bloed in die Heiligdom (hemel, 9:12,14; 1.Pet.1:19). ‘Sy heilige lewe het die krag en waarde aan Sy bloed’ verleen’ (Andrew Murray Heb.10:19).
·   
·    Die rebelse sondaar kan slegs met sy God versoen word met ʼn offer van bloed (Rom.3:25) want, ‘sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie’ (Heb.9:22). Vir Israel in Egipte, eis en voorsien God die bloed van ʼn lam vir hulle deurposte. Vir elke sondaar voorsien God die ‘Bloed van besprenkeling’ (12:24) van Jesus Christus self.
·   
·    Die seël van God se Genadeverbond met Abraham in Gen.15, as ʼn God van liefde en genade, was met bloed! Maar die openbaring van Sy liefde en nie ook van Sy heiligheid nie, het sondaars mislei om te handel asof ʼn God van ‘liefde en genade’hulle nooit sal straf en oordeel vir hulle sonde nie! Daarom volg die openbaring van Sy skrikwekkende heiligheid tydens die Verbond van die Wet, gepaard met ʼn harde stem, 430 later op Sinai.
·   
·    Maar deur die verbond van die wet was God ver en heilig, en die volk was verskrik en bevrees! Onmiddellik voorsien God toe Tabernakel (tent) in hulle midde as tipe van Sy Verbond van genade; ingewy eers met bloed op die altaar, toe bloed op die wetboek, toe bloed op die volk self. TOE eers kom God naby; tot by hulle (12:18,22,24; Ek.25:8) en praat Hy met ʼn sagte, teer en duidelike stem met Moses by die ingang van die tent (Lev.1:1).
·   
·    Hierdie Sendbrief is uniek in sy beskrywing van ‘ons Hoëpriester’, Sy amp, Sy offer en bediening; van al die voordele en voorregte van die Nuwe Verbond. In die Evangelies is Hy ‘profeet’ as God se Boodskapper, in Handelinge en die Sendbriewe ‘Hoëpriester’ wat die mens by God verteenwoordig en in Openbaring is Hy ‘Koning’ as God se verteenwoordiger by mense!  Vóór die offer van Sy liggaam en sy bloed aan die Kruis, offer Hy ook Sy gebede, met trane! (5:7). Sy ‘hoëpriesterlike’ gebed (Joh.17) vir Sy dissipels was ʼn aanwysing van die aard en voortsetting daarvan in die hemel self, waar Hy “aan die regterhand van God … vir ons intree” (Rom.8:34; 1 Joh.2:1). Hy, as die ‘ander Engel’ met die goue wierookbak by die altaar, meng Sý offerwierook met die van die heiliges, van hulle gebede en lê dit op die goue altaar voor die troon (Op.5:8; 8:3).
·   
·    3.1  ‘BEDIENAAR’ HOëPRIESTER:  (8:2) (DIENAAR):  “Ons hét só … gaan SIT het …8:2. Hy, die Bedienaar van heilige dinge en die ware Tabernakel (8:2). Nie langer net die skaduwee, die beeld, die voorbeeld of TIPE – nou die antitipe, die werklikheid self; waar Hy nie net Self die ‘dinge van die hemel’ aan ons bedien nie, maar ook ‘in die hemel self’ vír ons (9:24)! Daar waar Hy Self ‘deur die hemele deurgegaan het’ (4:14) … ‘hoër as die hemele geword’ het (7:26); daar waar Jesus ‘as Voorloper vir ons ingegaan het … volgens die orde van Melgisédek’ (6:20) – om wát te doen?
·   
·    3.1.1  Om daar vir ons plek te berei, maar ook om ons hier voor te berei om daar in te pas. (Diep bedroefde en beproefde man hoor … “Ek kap hierdie klip hier onder reg dat dit daarbo perfek kan inpas”).
·   
·    3.1.2  Ook om ons ankertoue dáár vas te maak, op die één plek (soos Heb. 6:19,20 sê) waar dit veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel! Dáár het Hy die ankertou gaan vasmaak. (Godloënaar op sterfbed: ‘Hou net vas wat jy het … Ek het niks om aan vas te hou nie!’ Fondament op sand! Pa gryp enigste dogter se hand vas voordat sy as offer aan die ‘god van die Niagra valle’ oor die afgrond stort).
·   
·    3.1.3  Ook waar Hy letterlik van die ‘berg’ tot by ons afdaal (soos met Moses), by ons bootjie op die stormsee inklim; op die pad by ons soos by die Emmaüsgangers, inval, saam te stap en sy Woord bedien totdat hul harte brandend word; by hulle tafel aansit op die strand waar Hý die ontbyt bedien en Sy dissipels verseker van Sy voorsiening; ons saam die heiligdom inlei dat die oë van ons hart dáár kan oopgaan vir die verborge geestelike skatte! Waar Hy ons droefheid in blydskap verander (‘My blydskap’). – 10 –
·    – 10 –
·   
·    By die openbaring dat Hy God is, dat Hy die dood oorwin het en as Verlosser leef en by die besef van Sy opstandingskrag, dat elke Christen saam met Hom aan die wenkant is – spring die Emmaüsgangers van die tafel af op van vreugde en pak die ‘nagreis’ van 12 km terug aan, gaan vertel daarvan! 
·   
·    3.2  BEKWAME HOëPRIESTER:  “Só ’n Hoëpriester was vir ons gepas …” (2:14,17;7:26) omdat die Seun van God, ook as Seun vd mens, volmaak by ons behoeftes kon aanpas. Daarom kan Hy nou volmaak by ons sʼn inpas! Selfs in ons grootste node en behoeftes kan Hy vervul want:
·   
·    3.2.1 “Hy kan volkome red …” (7:25) die wat verlore was (Luk.19:6,24,32; 19:10) en  van sonde red én verlos ….! Die wat Hy red kan (en wil) Hy ook “waarlik vry” maak! (Joh.8:36). “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree” (7:25).
·   
·    3.2.2  Hy kan ook medelye hê met ons swakhede… want…. (4:15). Hy kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes … omdat… (5:2). Lankmoedigheid is geduld met foute van ander. Nie net om sondaars, oortreders, moedswilliges en onkundiges te verdra nie, maar waarlik lief te hê met Goddelike liefde. Die grootste uitdaging besorg die grootste oorwinning. Betrokke raak!
·   
·    3.2.3  Hy kan die help die wat versoek word’ … deurdat, omdat … (2:18) ‘… op die regte tyd’ (4:16). As jy so hewig versoek word, tot só ’n mate dat die Satan vurig begeer om jou in sy sif (maar Jesus by Sý dorsvloer, het ʼn skop …’fan’ Engels) te gooi en soos koring te sif (‘ … dan sal geen korrel op die grond val nie’ Amos 9:9). Bring ons tot by die troon van genade. Genade beteken ‘onverdiende guns’ – nie eers soek na verdienste nie. “ … genade is uitgestort op U lippe” (Ps.45:3). ‘Help’ in Grieks beteken as kind huil, dan hardloop jy! “As Hulp in benoudhede is Hy in ’n hoë mate beproef” (Ps.46:2).
 
  3.3  BARMHARTIGE HOëPRIESTER:   Díé kenmerk en Sy getrouheid is immers die eerste wat van ons Hoëpriester genoem word in Hebreërs, in 2:17 (sien ook Neh.9:17,31,32). Vergelyk die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. “Soos ’n Vader Hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees” (Ps.103:13). “My (Teknia klein kindertjies – verkleinwoordjie van moeder aan haar liefling kindjie) kinders …” (Joh.13:33). Soos die Pa van die verlore seun – geen verwyte – net ope arms, ouerhuis en herstelde status as sy eie ‘seun’. Enigste wat hom weer aan sy verlede herinner, oudste broer! Jesus voel saam en het medelye met ons swakhede, hou die deur oop na die troon van genade. Ons hoef nie tou te staan, beurt afwag. Hy staan gereed met ‘barmhartigheid’. Hier het ‘genade’ geen verband met die vergifnis van sonde nie, maar met ‘hulp op die regte tyd’! (4:15-5:2). Dit kan die Satan nooit vir ons doen! Christus as Seun vd. Mens, bring God ‘naby’ mense. Hý sien uit menslike oë, wink met menslike hande, voel saam met menslike emosies!
·   
  3.4  BIDDENDE HOëPRIESTER:   Dat Jesus Christus op aarde enigsins moes BID, is ʼn misterie van sy vernedering; dat Hy nou nog in die hemel moet BID, is ʼn misterie van Sy verheerliking! Bid met sieleangs in Getsemané toe Hy vir die sondaar en sy sonde, moes sterf (5:7). Nou LEEF Hy met blydskap en outoriteit vir ’n volmaakte verlossing (redding) as Middelaar (3 keer 8:6; 9:15; 12:24). Middelaar praat na albei kante … van God na mense en van mense na God … want Hy is op regte plek, ‘aan regterhand van die ‘Majesteit in die hoogte’ (1:3; Rom.8:34).
  Nou is Hy ook die ‘ander Engel’ van Openbaring 8:3-5, roep stilte uit in die hemel as die heiliges bid! Die Heilige Gees is God se Voorspraak/Trooster by ons. Christus is ons Voorspraak by die Vader (l Joh.2:1). Hy loop voor en verwyder alle vrees … met vrymoedigheid na troon van genade (4:16) … lei tot in Allerheiligste (6:20; 10:19; 10:35; 13:6). Hy ‘op die berg’ maak sy gebede vir ons persoonlik – Petrus, Stefanus, dissipels in skuit. (Jes.49:16 – in Sy handpalms gegraveer, diep en duidelik in sy gewonde hande). Brei Sy hande ‘die hele dag’ uit, selfs na ’n ongehoorsame en teësprekende volk (Rom.10:21).
·   
  3.5  BORGSTAANDE HOëPRIESTER:  (Engels – ‘surety’) (7:22)  Hy het nie borg gestaan vir ons wat moontlik bankrot sou speel nie, maar vir ons wat reeds bankrot was! Om ons daarvan te red. Hy staan nie net borg vir bankrotskap nie … veel meer … Hy gee ons waarborge van beter dinge – veral met ʼn beter verbond, want Hy is die Borg van ’n beter verbond (7:22). Nie net ’n beter verbond met baie wonderlike en beter beloftes nie, maar met waarborg dat Hy, as die beter Leidsman en Verlosser, dit BETER sal laat uitwerk! Hy verkoop nie Sy hulp en krag nie, maar skenk alles uit louter genade!  “ … soos Ek ook oorwin het …” (Op.3:21) Waarborg dit sal werk – van beide kante – óns en God s’n.
·   
  – 11 –

  3.6  BEKOMMERDE HOëPRIESTER:  Kán God dan ‘bekommerd’ raak? Ja, nie oor engele nie, maar oor die geslag van Abraham (2:16). Die bekommernis van die Herder oor die ‘een’ skaap wat nog buite die kraal is, wat afgedwaal het. Oor die gaste wat nog buite die bruilofsaal is terwyl sy maaltyd en alles reeds gereed is. Oor die een gas wat wel binne is, maar sonder ’n bruilofskleed aan; wat die feesmaal wil misbruik deur daar te gaan aansit sonder om seker te maak van die egtheid, skoonheid en reinheid van sy bruilofskleed! Oor Jerusalem was Hy nie net diep bekommerd nie, ook bedroef … hoe dikwels wou Ek, maar julle wou nie …! “My kinders … oor wie ek weer in barensnood is …!” (Gal.4:19).
    
   3.7  BEMINDE HOëPRIESTER:  Wát is dit wat veroorsaak dat ’n mens nooit moeg word om die Bybel te lees nie en wát is dit wat die Skrif só lewend maak dat jy nooit genoeg daarvan kry nie? Ontdek die SON dan verflou die sterlig!  Wat het gemaak dat ons vir Jesus Christus liefgekry het?

Omdat Jesus ons Beminde is (Gal.5:25 – ons kwaliteit van ‘behoort’ geheim om die vlees te ‘kruisig’!) Omdat die liefdesbrief van ons Beminde sê, Sý Naam is soos salf wat uitgegiet is (Hooglied 1:3)
Omdat die ware, egte ‘prent’ of portret van die ‘Seun’ daarin is. (“Wie die Seun kry, erf alles!)
Omdat ons Beminde Hoëpriester se hart altyd net verlang, ja brand om te seën!

Abraham leer belangrike les ná sy groot oorwinning (gevaarlike tyd), dat God ’n middelaar (middelman) na hom toe stuur deur wie Hy Sy belofte van die ‘seën’ prakties wou toepas:  Toe die Koning-Priester, Melgisédek, hom met brood en wyn bedien en hom ‘seën’ met die seën van God, die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde …! ‘ … sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang’ (Gal.3:14).
Christus se heel eerste ‘seën’, in Sy heel eerste preek in Matteüs, begin met: ‘Salig …”  Sy heel eerste woorde aan dissipels in die storm: ‘EK IS … moenie vrees nie!’ Sy heel eerste woord aan die bewende, beskaamde dissipels ná Sy opstanding, was: ‘Vrede vir julle!’
 
   Toe Hy Abraham se naam verander van Abram – hoë, eerbare vader, na Abraham – vader van nasies, sê God: “Ek is God, die ALMAGTIGE (El-Shaddai – vader-moeder God, Gen.17), wandel voor My aangesig, dan sal jy opreg wees” ( … en wees volmaak – and be thou perfect). Hy kan en wil ALLES verander – (‘alles het nuut geword’) – jou naam, hart, natuur, doelwitte en erfenis.
·   
·    *****************************

·    DEEL 4  CHRISTUS, die BORG van die NUWE, beter VERBOND (Heb 7-10)

·    Geestelik volwasse op grond van die Nuwe Verbond! Ná die ‘ingaan’ in die Sabbatsrus en ‘… na die volmaaktheid voortgaan’ (6:1), na ‘die Seun wat vir ewig volmaak is’ (7:28), ‘ … deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word’ (10:14) … ‘Die geeste vd volmaakte regverdiges’ (12:23).

Afsprake, kontrakte, ooreenkomste – van mens tot mens en mens tot God – dikwels niks werd! God tot mens – heilige verbond. Maar, “Kan 2 met mekaar saam wandel tensy eers afgespreek het?”(Amos 3:3)

  In Hebreërs is treffende vergelykings en verduideliking van die verskil tussen die 2 groot VERBONDE in die Bybel – die Oue en die Nuwe – en watter voordele/uitwerking elk daarvan gehad het op gelowiges van alle tye, en nog het. Hou in gedagte dat die beloftes en beginsels van die Nuwe Verbond – van geloof en genade vir alle gelowiges, alreeds by Abraham begin het en dat die Oue – van werke en wet – eers 430 jr later deur Moses, spesifiek aan die volk Israel, gegee is. Kortliks die vernaamste verskille:

·    Die Oue is die verbond van wet en werke en die Nuwe, die van geloof en genade.
·    Die Oue lê meer klem op God se heiligheid en geregtigheid, die Nuwe op Sy liefde en genade.
·    Die Oue diens volgens die priesterorde van Levi, maar die Nuwe van priesterorde van Melgisédek.
·    Die Oue is bedryf in aardse tabernakel, maar die Nuwe in die ‘groter en volmaakter T’ (8:2; 9:11)
·    Die Oue vereis offerbloed van diere, maar Nuwe, die offerbloed vd ‘Lam, sonder gebrek en …’ 
·    Die Oue is vervul by vloekdood van Christus aan die kruis – die Nuwe by Sy opstanding uit dood.
·    In Oue bied géén toegang vir enige een uit die volk tot Heiligdom … beperkte vir priesters en vir
·    hoëpriester net een maal elke jaar tot Allerheiligste; maar nou in die Nuwe, onbeperkte toegang vir
·    alle gelowiges tot binne die Allerheiligste, die teenwoordigheid van God Self!
·    – 12 –
·   
·    4.1  DIE BETER, NUWE VERBOND:

Met Abraham – toe hy in Gen.15, ‘in God geglo en dit hom tot geregtigheid (toe)gereken is’ – het God die Verbond van Genade gesluit. Dit behels dat almal wat soos hy, sou GLO dat God die mens nie op grond van werke van sonde sou regverdig of vryspreek nie, maar alleen op grond van geloof en uit louter genade. Húlle sou Abraham se geestelike nageslag wees. Die kern van die verbondsbelofte was ’n ‘Nakomeling’ (Gal.3:16), uit hom gebore wat hierdie verlossing in werking sou stel en dat almal wat in Hom en Sy verlossingswerk sou glo, ook soos Abraham vrygespreek (gered) sou word. Verdere beloftes van lewe en oorvloed, krag en oorwinning vir elke boetvaardige, gelowige sondaar vorm deel uit van die Verbond van genade, deur die geloof.

Die mens se grootste probleem met die belofte aan Abraham, was sy eie onkunde vir sy verlore en sondige toestand. Dit volg dat hy dan ook onbewus is van sy behoefte aan ’n Verlosser, van die krag en betekenis van God se verlossing en onbekwaam om die omvang van sy skuld en verlorenheid en die grootheid van God se genade te verstaan, of te waardeer. Die neiging is dan om ‘God se genade’ te misbruik en ‘God is ʼn God van liefde’ te oorbeklemtoon, sonder om rekening te hou met Sy heiligheid en geregtigheid! Sonde laat die mens totaal weerloos; magteloos, besoedeld en geestelik verblind en te onwaardig om by God se heiligheid in te pas. Die Verbond van genade is ook die Verbond van ‘belofte’. God se belofte moes by mense geloof opwek dat Hy die mens, ten spyte van sy sonde, nog liefhet en wil en kan red. Só het verlore mense geglo en God se voorneme vir hul verlossing aanvaar.

Só ’n verbond van belofte alleen was nie genoeg nie want dit het wel die kant van Sy genade en liefde geopenbaar, maar nie so pertinent ook God se geregtigheid en heiligheid nie. Daarom het Hy … 430 jr later … ook die Verbond van die Wet deur Moses vir Israel ingestel as ‘Tugmeester na Christus toe’. Dít moes aanvul wat die Verbond van Genade alleen nie kon doen nie – om die mens RYP te maak vir genade deur éérs die aakligheid, die aard en die straf/oordeel van ’n heilige God op sy sonde en sy verlore en doemwaardige toestand te openbaar. Die Skrif sê, ‘deur die wet is die kennis van sonde’!

Ongelukkig het baie in Israel – en baie ander tot vandag toe – hulle ywer vir die WET begin sien as ʼn verdienste. Hulle kan nie verstaan dat géén verdienste deur werke, die mens van God se oordeel en die verdoemenis kan vrywaar of verdienstelik by God kan maak nie. Wat sulkes nie kan of wil verstaan nie, is dat die funksie van die wet is om sonde uit te wys, maar dit nooit kan vergewe of lewe aan sondaars kan gee nie. Vergifnis kan alleen verkry word deur God se genade, maar slegs as die sondaar sy verlore toestand besef en erken deur dit openlik en met berou te bely. As hy ontdek dat Iemand anders in sy plek gesterf het om sy ontsettende skuld te betaal, kan hy dit GLO! Só neem hy dan in geloof vir Jesus Christus wat in sy plek gesterf het, as sy persoonlike Verlosser aan en ontvang so geestelike/ewige lewe.

Albei hierdie verbonde was dus nodig – dié van genade om geloof te versterk en op te wek, en dié van die wet om die sondaar van sy sonde en sy behoefte aan ’n Verlosser te oortuig. Die wonder van alles is dat albei in Christus VERVUL IS! Die verbond van die WET wat die dood van die sondaar eis, het Jesus aan die Kruis vervul en die verbond van GENADE wat aan berouvolle sondaar vergifnis, verlossing en lewe waarborg en skenk, is vervul deur die Opstanding en verheerliking van Jesus.

4.2  DIE PRIESTERORDE van Aäron en Levi

4.2.1   Die priesterorde van die Ou Verbond se diens was gebrekkig want:  

Hulle kon nie volkome met alle sondaars vereenselwig en saamvoel nie (1:18; 5:2).
Hulle was self sondig en sterflik as priesters van die Ou Verbond en moes gedurig vir hulleself offer.
Hulle offers wat net ‘heilig maak tot reiniging van die vlees’, was meer uiterlik en tydelik (9:9,13).
Hulle heiligdom was deur mense gemaak en het net gedien as beeld van die ware (vgl.9:1 en 9:11).
Hulle kon ook nooit die volk saamneem tot in die heiligdom nie; alleen daar verteenwoordig.
Hulle toegang was slegs tot die heilige beperk – waar God gewerk het, maar nie gewoon het nie,
want Hy Self het in die Allerheiligste gewoon waar net die Hoëpriester, één keer p.j. kon ingaan.

4.2.2   Hulle offers vir vergifnis van sonde was onvoldoende want:
 
Hulle offers was bedoel vir versoening, maar nie vir verlossing (om daarmee op te hou) nie!
– 13 –

Hulle offers moes en het die sondes ‘bedek’ maar kon dit nie uit sondaars se gewete wegneem nie.
Hulle offers en diens het lig op sonde gegee, maar nie lewe en oorvloed aan die sondaar nie.
·   
     4.3   DIE BETER HOëPRIESTERSKAP VOLGENS DIE ORDE VAN MELGISéDEK

    In ’n vergelyking van die Levitiese priesterskap volgens die ORDE VAN AäRON (7:11) en dié volgens die ORDE VAN MELGISéDEK is daar baie bewyse dat albei – éérs die een en toe die ander – deur God ingestel en noodsaaklik was. Sonder enige twyfel het dié van Melgisédek, waarvolgens Jesus Christus Hoëpriester geword het – die vorige een totaal vervul én vervang. Die verandering was noodsaaklik, want die eerste moes tot niet gaan "weens die swakheid en nutteloosheid daarvan, omdat die wet niks volkome gemaak het nie" (7:18) en dit sluit die hele stelsel van Joodse godsdiens in. Om die verskille tussen die twee ORDES en die volle betekenis daarvan goed te begryp, vergelyk die skrywer dit op twee vlakke – PROFETIES en PRAKTIES:
 
   PROFETIES:  Hier word aan elke Jood skriftuurlik/profeties bewys dat die "Messias" nie net ’n Gesalfde Koning/Heerser, sou wees nie, maar ook ’n Priester; dus ’n Priester-Koning, net soos in die geval van Melgisédek.
·   
   Hierdie misterieuse persoon het 1000 jr vóór Dawid geleef. Die profeet Dawid het in sy Messiaanse Ps.110, waar hy die koms van die Messias aangekondig het, verklaar dat die Messias ’n Heerser, maar ook ’n "priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek" sou wees. Hierdie feit, dat die Messias – soos Melgisédek – ’n Koning EN Priester sou wees, word trouens in al drie die Skrifgedeeltes waar van Melgisédek geskryf word, aangehaal. Dit is dus vir ons baie belangrik om deeglik te kyk na hierdie baie belangrike persoon – Melgisédek – na sy afkoms, karakter, stand en amp. Net DRIE keer lees ons van hom: Eers in Genesis 14:18-20. Duisend jaar later skryf Dawid van Hom in Ps 110. Nog 1000 jr later verskyn Christus en word Hy in hierdie Sendbrief met Melgisédek vergelyk. 1000 – 1000 – 1000.
·   
·    Let noukeurig op die treffende ooreenkomste tussen Melgisédek en Jesus:

·    (i) Sy afkoms: Melgisédek was NIE uit Israel nie, dus was hy nie ’n Jood nie, maar sy verbintenis en ontmoeting met hulle stamvader Abraham en die verwysing na hom deur Dawid in Ps.110, maak hom baie belangrik vir die Jode! Hebreërs 7:3 is baie insiggewend en verwys blykbaar na die moontlikheid dat sy naam uit sy familieregister uitgewis kon gewees het (soos dit toe die gebruik was) toe hy hom van die afgode van sy voorvaders afgekeer en tot geloof in die ware God gekom het.

·    (ii) Sy dubbele amp: Melgisédek was onbetwisbaar KONING en PRIESTER! Hierdie feit word onderstreep en beklemtoon in AL DRIE Skrifgedeeltes wat na Hom verwys! Daarom verwys Sy afkoms as Priester nie na Levi, uit wie die priesters van die Ou Verbond gekom het óf na Juda, uit wie die Konings gekom het nie maar na Melgisédek, die nie-Jood, maar die Priester-Koning!
·   
·    (iii) Sy heerskappy: Melgisédek was "volgens uitleg, Koning van die geregtigheid en ook koning van Salem (Jerusalem), dit is Koning van vrede". Volgens Ps.72:3 en Jes.32:17 sou geregtigheid en vrede juis ook die kenmerke van die Messias-ryk wees. Geregtigheid is nog altyd die enigste grondslag en vereiste vir ware VREDE!

·    (iv) Sy meerderwaardigheid bo Abraham: en dus ook bo Levi/Aaron wat maar net uit Abraham se nageslag gebore is! Hierdie feit is van die allergrootste belang! "Let nou op hoe GROOT hierdie man (Melgisédek) was" (Heb.7:4). Dit word op 3 MANIERE bewys:

     (1)  Hy kom hom tegemoet ná sy hewige geveg en versterk hom met brood en wyn.
     (2)  Hy ontvang van Abraham die tiendes van die buit wat bewys hy is groter as Abraham.
  (3)  Hy spreek die seën namens God en van die Almagtige God oor hom uit. God se amptelike ‘seën’ versterk vir Abraham sodanig, dat hy NEE sê vir al die goed en skatte van Sodom – selfs nie eens ’n skoenriem sou hy vir homself neem nie! Direk ná elke groot oorwinning kom die Satan ook na ons met sy felste en mees subtiele versoekings! (Gen.14:23,24). Die wonder van daardie selfde ‘seën van Abraham’ word in Galasiërs 3:14 vir die gelowige nageslag van Abraham beskryf as ‘die ontvang van die BELOFTE van die Gees deur die geloof’! Lees WIE is nóu die Middelaar tussen God en Abraham se gelowige ‘nageslag’ vir die ‘gee’, die ‘aangee’ en die ‘ontvang vd Heilige Gees – Christus Jesus!
– 14 –

(Hand.2:33,39). Dan verstaan ons nou dat dít die eintlike "seën" is waarvoor ons Priester-Koning vir ewig as Middelaar leef – om die volheid van die Heilige Gees in ALLE gelowiges se harte uit te stort, en nie net in die van Jode nie!

Abraham doen ook DRIE DINGE: Hy buig voor Melgisédek neer, gee aan hom tiendes en ontvang van hom – as Middelaar tussen hom en God – die ‘seën van God, die Allerhoogste! Hy het hom geseën (Gen.14:1,2; Heb.7:4). Melgisédek "ontvang tiendes" van Abraham en daarom is hy groter as Abraham, en dus ook as die Levi-Aäron kombinasie wat uit Abraham gebore is! In werklikheid het Abraham namens sy hele nageslag wat die hele stam van Levi insluit, aan Melgisédek tiendes gegee (Heb.7:6-10). Die tiende is die uiterlike bewys van volle oorgawe van ALLES wat die gewer is en besit, aan die ontvanger! Net só heelhartig en volkome moet ons VOLLE OORGAWE aan ons Priester-Koning wees!
·   
·    PRAKTIES: Die verskille tussen die Orde van Aaron en Melgisédek is:

    (i)  Levi/Aäron beeld slegs die kant van Christus se Hoëpriesterskap op aarde uit. Dit bied versoening en vergifnis deur offerande en aanneming, maar van ware koningskap, heerskappy en outoriteit in hemelse plekke, soos die van Christus en saam met Christus, volgens die orde van Melgisédek, is daar geen sprake nie!
·   
    (ii)  Die offers van Aäron kon slegs "heilig maak tot reiniging van die vlees" (9:13) en "verlossing van die oortredinge" bewerk, maar nooit iemand se "gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien", soos die bloed van Christus dit wel doen nie (9:14). Daarom moes die priesters dag vir dag en voortdurend "dieselfde slagoffers bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie" (10:1-4). Maar Christus het "deur EEN offer vir altyd volmaak die wat geheilig word!" (10:11,14).

 (iii)  Die aanstelling as Priesters volgens die orde van Aaron was deur oorerwing, maar die van Christus volgens die orde van Melgisédek, was deur ’n eedswering deur God! (7:21). Hý, anders as met die orde van Levi, is met ’n eedswering deur God as Hoëpriester aangestel … ‘vir ewig, volgens die orde van Melgisédek’. Vir ewig volmaak en sonder sonde, het Hy ’n volmaakte verlossing vir almal bewerk (Joël 2:28,29). ʼn Ver ‘beter’ hemelse Heiligdom en ʼn ver ‘beter’ aardse verlossing! Vrymoedig toetree, tot waar God woon – nie net vir toevallige ‘besoekies’ nie – maar om self in God se teenwoordigheid te gaan woon! “Laat ons toetree …” met vrymoedigheid, op die nuwe en lewende weg ….(10:19). Watter skatte ontdek die Heilige Gees vir óns alles daar, in die Allerheiligste?

Die goue wierookbak – spreek van gebed en aanbidding – (Openbaring 8:3).
Dáár ook die “Verbondsark” (Vgl.Op.11:19). Daarop was die ‘versoendeksel’ besprinkel met bloed! 
Daar in was 3 dinge: Die Kruik met manna – (Jesus die brood) wat neerdaal en oorwinnaars se siele
kom voed en versadig (‘verborge manna’ Op.2:17); die staf van Aäron – nuwe, oorvloedige lewe uit
die dood! Ook die tafels van die verbond – die ‘nuwe wet’ op die ‘vleestafels’ (sagte) van die hart!
 
  Dáár nie net vry nie, maar waarlik vry; nie net moedig nie … vrymoedig; nie net oorwinnaars nie … meer as oorwinnaars; nie net volwasse nie … sterk, stabiel en intiem in jou verhouding met God!
·   
 (vi)  Die stelsel onder die wet wat Aäron verteenwoordig het, was gebrekkig – dit kon "lig" gee, tug en drywe, asook regverdig oordeel, maar dit ontbreek "die krag van die onvernietigbare LEWE" (7:16) Dit kon nie, soos die van Christus, LEWE gee, genade bewys en die siel na God bring nie (7:18,19).

    (vii)  Die toegang tot die Heiligdom deur die priesterskap van Aäron was dikwels onderbreek deur hulle beperkte dienstydperk (25-50 jaar) van die priesters. Dit was ook veral m.b.t. die Allerheiligste beperk wat net die Hoëpriester alleen, NET EEN KEER PER JAAR, mag besoek het – nie sonder bloed nie! Dit was ook beperk deurdat dit toe net vir die Joodse volk was. Die Heilige Gees sê dat daardeur (of só) was die weg na die HEILIGDOM nog nie geopen nie (9:8)! Die priesterskap van Christus was tot ’n "groter en volmaakter Tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie" (9:11). Dáár het Christus "een maal ingegaan en ’n ewige verlossing teweeggebring" (9:12). Nou is die weg tot die Allerheiligste ook vir elkeen, van alle nasies oop (10:19) en dit BLY oop, nie net om in te gaan nie, maar om daar te bly WOON, dáár waar God woon én werk!

  
   – 15 –

   (viii)  Die Priesterskap volgens die orde van Aäron was gebrekkig, onvolmaak, beperk en tydelik van aard, en die Hoëpriester moes weens die dood gedurig vervang word. Die Priesterskap volgens die orde van Melgisédek was "sonder vader, sonder moeder, sonder geslagregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, BLY hy priester ALTYDDEUR" (7:3). Dit gaan nie oor op ’n ander nie! Melgisédek was nes Christus – sonder naam, eer, reputasie of aanbeveling deur mense, maar sy karakter, persoon en werk spreek van VERHOGING deur God, VEREWIGING in sy amp en VOLKOMENHEID in Sy volmaakte verlossingswerk vir ALLE Christene, van alle eeue! In elke opsig is Jesus Christus vir ons ’n Priester-Koning soos Melgisédek en maak die Ou Verbond en Hoëpriesterskap volgens die orde van Levi/Aäron nou plek vir die veel heerliker Nuwe Verbond en ’n nuwe Hoëpriesterskap volgens die orde van Melgisédek! Van hierdie "beter verbond" of nuwe testament het Jesus die "borg" (waarborg, om borg te staan, soos Juda vir Benjamin; soos Paulus vir Philémon) geword, om te waarborg dat dit sal uitwerk! Dit hang dus van die keuse van elke Christen af of hy wil glo en dien onder die orde van Aäron, óf volgens die van Christus; volgens die Ou Verbond van Wet en werke, óf van die Nuwe Verbond van geloof en genade.

4.4  DIE VER BETER VOORDELE VAN DIE NUWE VERBOND

4.4.1  BETER BELOFTES: 

“My wette in hulle verstand …” (8:10; Rom.12:2); “… én op hulle hart” (10:16; Eseg.36:25-28). Diep innerlike verandering (Deut.10:16). Hartverandering deur ’n hartoperasie (Deut.30:6;10:16; Kol.2:11; Ek.13:13; Spr.29:1). Dan skryf God op daardie hart Sý nuwe wet van Goddelike liefde! God se eie, hoogste kwaliteit liefde deur die Heilige Gees (Rom.5:5) wat elke toets kan deurstaan. Nie afgewater, verander of ooit vergaan! Net maar ’n breukdeel daarvan bly nog dieselfde kwaliteit. (Bottel in die oseaan – die oseaan is in die bottel solank dit in die oseaan bly, maar bevat net ’n baie klein deeltjie van die wye oseaan). Maar hierdie liefde vra, vereis en bring die hoogste offers en kom net in werking waar en wanneer jy betrokke raak by jou goddelike roeping (by mense in nood), gewapen met Goddelike liefde. Daardie liefde maak jouself soms lekker seer, maar maak ander, jouself én jou God so onbeskryflik gelukkig!

4.4.2  BETER, MEER Intieme verhouding: (9:10b) 

“Ek vir jou ’n God” en “jy vir My ’n volk!” (9:10). ’n God-volk en ’n Vader-kind verhouding (260 keer ‘Vader’ in N.T. – 50 keer net in Johannes Evangelie!). Het jý ’n God nodig vir jou nood? Onthou, net so het God jóú ook as Sy volk/kind nodig om Hóm gelukkig te maak, Sy hart te versadig! Jy sal God meer intiem ken (9:11) – nie net ‘ervaar’ God nie, maar Hom persoonlik kén! “Ek is al so lank by julle en het jy My nie geken nie Filippus?” (Joh.14:9). Nie net van hoorsê – persoonlik. Beter – intieme verhouding soos Abraham Sy vriend; soos dissipels Sy ‘klein’ – Teknia – kindertjies! Hom hoor praat: “heilige Vader …” vir Wie Hy is en, “regverdige Vader” in wat Hy doen! ”Sodat ek Hóm kan kén …!” (Paulus)

4.4.3  BETER EN MEER VOLKOME VERGIFNIS  (9:12) 

Nooit meer aan jou sondes dink, dit weer onthou, weer voor jou kop gooi, ou koeie en ‘geraamtes’ opgrawe! Die Nuwe Verbond sê God vergewe en vergeet! Sondes nie net ‘bedek’ maar die gewete is van dooie werke gereinig! Kan dit waar wees? Beste wat mense kan doen is vergewe, maar nooit vergeet hulle nie!

  4.4.3   BETER TOERUSTING: 

  “MY GEES in julle binneste!”  (Eseg.36:26,27; Joël 2:28,29; Hand.2:33,39). In Eseg.36:26,27 – twee keer: “My Gees in julle binneste!” Nou is dit ook vir ALLE gelowiges! Vergelyk Joël 2 en Handelinge 2. Van bedelaars en slawe tot kinders, konings en priesters!

Status as erfgenaam – kind (‘huios’, nie ‘neppios’,) ‘… daarom ook erfgename …’! Neem besit!
Outoriteit as oorwinnaar – voet op nek van vyand (Kol.2:9,10).
Posisie as konings om te heers – ‘septer van U koninkryk is ’n regverdige septer’ (1:8.9)

– 16 –

Roeping as priesters om ander te seën – wapens van Sý bloed vir versoening, salf vir heling en lig vir vordering en vreugde! (Levi neem stand in, reageer op Moses se uitdaging/uitnodiging. ‘Seun van sy Pa se vloek’ verander in ‘seun van God se guns!’  Simeon wat by Sigem en Sinai saam met Levi was – geen reaksie! Jakob verander naam ‘Ben-Oni’ (seun van my smart) na Benjamin (seun van my regterhand!).

4.4.5  GOD SE ALLERBESTE TWEE WAARBORGE – óns ankers van geloof.

DIE EED waarmee God dit aan Abraham gewaarborg het (Heb.6:17) en DIE EED waarmee God vir Jesus Christus amptelik aangestel het as ‘priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek’ (Heb.7:21; Ps.110:4) sodat ons daardeur kragtige bemoediging kan hê … om vas te hou aan twee dinge:

1ste – anker van siel, veilig en vas – want ingaan tot binne die voorhangsel waar geen geheime meer of beperkinge meer is nie. 2de aan die hoop wat voorlê – die Christen glo die beste lê altyd nog voor!

DIE PERSOON deur Wie God dit waarborg is Jesus Christus (Heb.7:22). ‘Surity’ – Hý staan sowaar vir ons borg! Waarborg dit sal werk en uitwerk en standhou – as die Almagtige sê: “Ek sal maak ….” Nie langer sê God, soos in die Ou Verbond: “As julle, dan sal Ek …” Nou net: “Ék sal … Ek sal … Ek sal!”
Weier die juk van diensbaarheid, wet en werke wat jou net beperk tot die Ou Verbond (Gal.5:1). Aanvaar die juk van Jesus van Mat.11:28.29 wat jou ophef tot God se Nuwe Verbond. RUS gee (bied)… RUS VIND (geheim kom self, buig jou nek, ontdek dit self, vind dit en ondervind dit prakties!) Los met albei hande, gryp met albei hande vir ewig en onwrikbaar vas! (Swart man gered uit sinkgat)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

   – 17 –

·    4.5  DIE BETER OFFERANDE  (9:15-28): 
·     
·    4.5.1  Sy offerbloed (9:12): "Met Sy eie bloed een maal ingegaan." Die ernstige en
·          onverbiddelike waarskuwing van God is telkemale: NIE sonder BLOED nie (vgl 9:7,18; 1 Sam.6:19)! By die ou Tabernakel is toegang slegs deur bloed verkry. By die altaar, in die voorhof was dit die bloed vir hulle vir versoening en vergifnis. Binne die Heiligdom was dit bloed aan hulle vir persoonlike reiniging. In die Allerheiligste was dit bloed voor, oor en aan hulle, vir vrymoedige toetrede! Waar SONDE die mens uitgedryf het tot die buitenste duisternis van vrees vir God, en haat teen God, bring die BLOED ons na God toe en God na ons toe terug! Christus se onvernietigbare bloed open vir ons weer die weg na die Allerheiligste!

·     Die "bloed" waarvan hier sprake is, kom nie van die altaar in die voorhof nie, maar van die "altaar" (13:10) waar die sondoffer diere se liggame op die groot versoendag, BUITEKANT die laer, in hulle geheel tot as verbrand word! (vlg 13:10-13; Lev.16). Dié bloed wat die diepste en verste tot in die Allerheiligste reik om die mees effektiewe reiniging en versoening van alle offers te bewerk, en wat ‘n beeld is van die bloed van Jesus, kom dus ook van ver – van "buitekant die laer" – waar Jesus vir ons buitekant die laer gely het! Deur die krag/verdienste van hierdie kosbare bloed, waarborg Hy ook deur die Nuwe Testament (9:18) aan ons die ERFENIS van Sy volheid. Hy het uit die dode opgestaan en is Self die Ekseketeur van Sy boedel. Hy waarborg dit!

·    4.5.2  Sy Offerliggaam (10:10): "Die offer van die liggaam van Christus, net een maal".
·           Die wet en die offers het die sondaar voortdurend (v.3) aan die sondes HERINNER, maar kon dit nie effektief en ewig uit die mens se gewete nie, of uit God se boeke en uit die HART van die mens wegneem nie! (v.4,11,16,17). Maar Christus het in die wêreld gekom: "U het vir My ‘n (offer)liggaam berei". Deur die aanvaarding van Sy offerliggaam beweeg Hy in lyn met God se wil en word daardeur volmaak, daarmee een: "Om U WIL TE DOEN, o God". Vir Christus om te sê: "U WIL geskied … " het dit oorgawe van Sý WIL gekos tot die dood van die Kruis met sy smarte, skande en bloedsweet van benoudheid! God se WIL vir Hom was nie uit die lug gegryp nie, maar was streng in lyn met God se Woord: "In die boekrol is dit van My geskrywe … " (10:7; Ps.40:7-9).

·    4.6  VER BETER RESULTATE (10:1-31):
·   
·    "Deur EEN offer het Hy vir altyd volmaak (teleioo  – make perfect, complete) die wat geheilig word" (10:14). Sy eenmalige offer dra die waarmerk van afronding, volmaaktheid en voleinding! Anders as die priesters wat nooit in die Heiligdom gaan SIT het nie, het Hy "gaan SIT" (v.12) as ‘n Oorwinnaar om te HEERS nadat Hy kant en klaar "gewerk" het! (Die volbragte werk van Christus – "Dit IS volbring" – Hudson Taylor). Nou wag Hy totdat Sy bruid voltallig gemaak is, wanneer daar nie meer vyande nodig sal wees om haar te vorm, te louter en sterk te maak deur aanvalle, teenstand en beproewings nie! By ons gaan die proses van volmaking voortdurend voort in die teenwoordige tyd: "… die wat geheilig word … " Hy SPREEK om alles te skape en te onderhou (1:3), om die Evangelie te verkondig (2:3) en Sy volk tot die Sabbatsrus te beveel (3:7; 4:7). Uiteindelik SPREEK Hy ook om die wonderwerk van verandering deur die NUWE VERBOND met al sy seëninge van lewe, krag, vryheid en reinheid en al sy voordele van onbelemmerde toegang tot God, en ononderbroke gemeenskap met God in die Allerheiligste aan te kondig, waar Hy dit ook in Sy volk se hart en verstand bewerk (10:16,17)! Christus het inderdaad in die voleinding van die eeue verskyn om die SONDE deur Sy offer "weg te doen" (9:26 – katargeo) en die sondige mens deur Sy volkome verlossing ‘n deelgenoot van Sy volheid en heerlikheid te maak! Só ’n heerlike openbaring en kennis van Hom as "Hoëpriester volgens die orde van Melgisédek", lei noodwendig tot so ‘n wonderlike vertrouensverhouding dat kragtige, triomferende GELOOF wat hiervandaan tot die einde van die Sendbrief die HOOFTEMA is, een van die mees uitstaande "beter resultate" van die nuwe en beter verbond is. Om ons GELOOF nog verder te versterk, gee die HEILIGE GEES aan ons getuienis van Sy volmaakte werk van genade en verlossing (v.15).

·     Let a.u.b. ook op die DRIE verskynings van Christus: 9:26; 9:24; 9:28. "Eenmaal in die voleinding van die eeue om DIE SONDE deur sy offer weg te doen". "In die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn". "Vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid".

·    – 18 –
·   
·    5. GELOOF DIE WARE EN BETER BEGINSEL (10 – 13)

·     GELOOF is die logiese, praktiese resultaat van ‘n beter verbintenis met die nuwe en beter Verlosser wat Sy kind die RUS inlei en gegrond op ‘n nuwe en beter Verbond, Sy kind tot in die GEOPENDE HEILIGDOM voortlei, en hom/haar (die toegeruste soldaat) dan volgens ‘n nuwe en beter beginsel van oorgawe en gehoorsaamheid aan geloof, tot BUITEKANT DIE LAER uitlei, om dáár Sy smaad saam met Hom te dra!

·    5 .1  DIE BESITTING VAN GELOOF (10:19-39):
·   
·     "Laat ons toetree met ‘n waaragtige hart, in volle geloofsversekerdheid … " (10:22). Dit is ʼn bevel wat verbind word met ʼn krisis. Let a.u.b. op die VIER X VIER dinge wat ons nou ontdek:

·    5 .1.1  VIER VOORREGTE waarom ons mag, moet en behoort toe te tree (v.19-21):
·   
·     (i)  ‘n Geopende Heiligdom – God se kind het die reg/voorreg om in te gaan!
·     (ii)  Die bloed van Jesus verdien en waarborg direkte toegang om in te gaan!
·     (iii)  Daar is ’n nuwe en lewende Weg oop: altyd nuut, vars en lewenskragtig!
·     (vi)  Ons het ‘n groot Hoëpriester wat ons Self inlei, bystaan en begelei!

·    5 .1.2  VIER VOORWAARDES waarop ons mag, moet en behoort toe te tree (v.22):

·     (i)  "’n waaragtige hart" – ‘n eerlike, opregte, onverdeelde hart is nodig!
·     (ii)  "Volle geloofsversekerdheid" – sonder enige huiwering! Met die verstand wil
·         ons eers verstaan en met gevoel eers ondervind, maar GELOOF kyk na Hom!
·     (iii)  "Die harte gereinig" (vlg 9:14). Van ‘n slegte, veroordelende gewete!
·     (vi)  "Liggame gewas met rein water" – in die O.T. was die klem op die uiterlike. In die N.T.
·         is die gevaar dat dit alles op die innerlike sal wees. Die Skrif verbind die Woord van God met die reiniging deur water (vgl Efes.5:26; Joh.13:10; 15:3). "Liggaam" is hier sinnebeeldig vir die uiterlike (teenoor “harte” vir die innerlike) wat dan volgens die standaard van God ook aangepas moet word.

·    5 .1.3  VIER VERMANINGS uit die Heiligdom terwyl ons toetree (v.23-25):
·   
·     (i)  "Laat ons die belydenis vd hoop onwankelbaar vashou!" As jy vasklou, dan
·          sal Hy jou ook onwankelbaar vashou, want Hy wat beloof het is getrou!
·     (ii)  "Laat ons op mekaar ag gee." Die opwaartse kyk na God word die
·          sywaartse kyk na diegene wat ook behoefte aan liefde het.
·     (iii)  "Laat ons ons onderlinge byeenkomste nie versuim nie." Anders is daar
·          vervreemding en verwydering van mekaar, van Homself en van Sy kerk!
·     (vi)  "Laat ons mekaar vermaan." Dit is nooit maklik nie, maar ons duurste
·          plig en voorreg. Dit moet wees in die lig van die "dag" wat nader kom!

·     Die VIERDE WAARSKUWING teen opsetlik sondig volg in v.26-31. Omdat die seëning en die voorregte onder die Nuwe Verbond soveel groter en heerliker is, maar ook soveel MEER gekos het, is ons verantwoordelikheid en God se straf/oordeel op diegene wat opsetlik sondig (self, aanhoudend en moedswillig verkies om in sonde voort te lewe) ook soveel groter en swaarder as die hoogste tol op aarde nl. die DOODSTRAF vir die wetsoortreder van die Ou Verbond!
·     God Self wreek, vergeld en oordeel (v.30) die veragting van die bloedoffer van Jesus, sodat die skrywer in v.31 uitroep: "VREESLIK is dit om te val in die hande van die Lewende God!" Die mens durf nie speel met sonde nie, maar moet OPHOU met sondig! Daar is géén outomatiese genade vir volharding in sonde nie! Hierdie persoon sondig teen die Vader se wet (v.28), teen die offer van die Seun (v.29) en teen die genade van die Gees (v.29.b).
·   
·    5 .1.4  VIER VERTROOSTINGE uit die Heiligdom as ons toegetree het (v.32-39):
·   
·    (i) Verdraagsaamheid in vervolging, as hulle ‘n "skouspel" word vir almal!
·    – 19 –
·   
·    (ii) Verblyding in wêreld verliese, is "in julleself" ‘n blywende in die hemele!
·    (iii) Vrymoedigheid word beloon met ALLES wat God Self is en gee! (v.35,36)
·    (vi) Volharding in geloof is God se eis en die prys vir die LEWE! (v.38,39).

·    6 .1  DIE BELYDENIS VAN GELOOF (11:1-5):
·   
·     Die positiewe definisie van ware, egte geloof vind u in 11:1. Die betekenis van "vaste vertroue" in Grieks is, "fondament". Dít is die GELOOF waarop die Heilige Gees getuienis gee en waarsonder dit onmoontlik is om God te behaag! Deur die geloof "vertrou" ons (v.1); "ontvang" ons (v.2) en "verstaan" ons (v.3).
·   
·    Dan volg die SEWE voorbeelde van geloofspare (twee wat saam een waarheid illustreer) om elke belangrike aspek en eienskap van GELOOF in God se verlossing te illustreer. Die eerste paar illustreer die voorreg van ‘n begeesterde belydenis, waardeur hulle tot vandag toe nog getuig!

EERSTE PAAR
 GELOOF TOT REDDING  (ABEL EN HENOG):

·    6 .1.1  ABEL – redding deur ‘n plaasvervangende offer.

·     (i)  "’n Beter offer as Kain" (v.4) omdat dít – die bloedoffer – volgens God se voorskrif die
·        enigste voldoende plaasvervangende offer kan wees! Met sy hand op die kop van die lam (vereenselwiging) pleit Abel skuldig, want hy wéét dat hy doemwaardig en verlore is en verplaas hy in geloof sý skuld op die lam. Terwyl die bloed (lewe) uit die lam vloei, GLO hy dat dit in SY plek sterwe! Kain inteendeel, ken en toon geen teken van verlorenheid, skuldgevoel of berou nie. Die offer van sy "beste" uit die aarde wat God vervloek het, was in sy opinie goed genoeg. Dit moes net HELP om hom ’n bietjie meer verdienstelik by God te maak. Vir hom was die offer van die vrug van sy hande baie beter as die "aaklige bloedstorting" van sy broer Abel se offer!        

·     (ii)  "Hy het getuienis ontvang" (v.4): Die feit van die Kruis is die basis van ons geloof
·        (Hand.5:30-32; 1 Joh.5:10). God gee slegs getuienis op die BLOEDOFFER! As God getuienis gee, bewys dit Hy aanvaar wat die sondaar bied, omdat hy aanvaar het wat God hom in Jesus Christus aanbied. Dán eers aanvaar God ook die offer van die sondaar van homself, in volle oorgawe (Rom.12:1,2). Gen.4:4b bewys dat Abel, saam met sy offer, ook homself aan God gegee het.
·   
·     (iii)  "Hy spreek nog … " (11:4b): Abel se eerste ‘gesprek’ was waarskynlik met sy eie broer       
·         Kain, om teenoor hom te GETUIG! Was die versekering, vrede en vreugde wat uit hom gestraal het, miskien deur Kain as lastering beskou met ‘n verwyt dat niemand so ’n sekere WETE kan hê nie? Daaruit het gespruit jaloesie – toe haat – toe moord (Gen.4:8)! Maar "Abel spreek nog … " Nie van sy martelaarskap nie, maar van sy GELOOF! Selfs die dood kon dié getuienis gedurende die afgelope 6,000 jaar, nie stilmaak nie!
·   
·    6.1.2  HENOG – redding deur ʼn lewende offer (Rom.12:2,3) – oorwinning oor die dood.

·     (i)  "Henog het met God gewandel" (Gen.5:22; Amos 3:3): Dit het BEGIN by die geboorte van
 sy seun Metusalag, want dié naam wat God aan Henog voorgestel het, beteken: "In die jaar wat hy sterwe, sal dit (die oordeel, vloed) kom!" God het nie gesê wanneer nie, maar wel dat genade net sou duur so lank en terwyl Metusalag lewe. Presies van daardie dág af haak Henog by God in en wandel hy vir 300 jaar in harmonie en gelid met God, ten spyte van die feit dat hy terselfdertyd ook tussen goddelose mense (Judas v.15) in ‘n goddelose tydperk (Judas & Gen.4:22-24) gewandel het.

·     (ii)  "Hy het getuienis ontvang" (v.5): Dat hy God behaag het deur in Hom te GLO!(v.6).
·        Verlossing van ongeloof, onsekerheid en twyfel is inderdaad klaar HEMEL op aarde!

·     (iii)  "Deur die geloof is Henog weggeneem" (v.5): Saam met Elia is hy ‘n tipe van die
·          Bruid van Christus wat die Here sal ontmoet in die lug, sonder om te sterwe!
   – 20 –

·    6.2   DIE BESTEMMING VAN GELOOF:(11:6-10; 13-16)

TWEEDE PAAR
 – GELOOF TOT AFSONDERING (NOAG en ABRAHAM)

·    6 .2.1  NOAG – afsondering tot veroordeling van die ongelowige wêreld.

·     (i)  Hy was opreg en regverdig (6:9): Hy was ‘n profeet en prediker van geregtigheid
·       (2 Pet.2:5). Ons weet nie hoe en waar Noag met ontmoet het nie, maar hy word ‘n "erfgenaam van die geregtigheid wat volgens die geloof is" (v.7). Noag het "genade gevind" (Gen.6:8) wat sekerlik meer is, as genade tot redding. Dit was vir ‘n spesifieke doel – afsondering tot die roeping om ‘n WOONPLEK vir God BY Sy volk en vir God se volk by Hom, in die vorm van ‘n ARK, te berei. Dit het gebeur op grond van sy afsondering van die wêreld en toewyding aan God – al moes hy alleen staan. Onder pynlike veragting en vervolging het hy volhard. Om met God te wandel, moes hy God gehoorsaam en die smaad van mense verduur!

·     (ii)  Noag was ‘n man van gebed (Eseg.14:14,16,18,20)

·     (iii)  Noag was ‘n man van visioen: Sy geloof het te doen gehad met dit wat "nog nie gesien
·         was nie"  (v.7) – blykbaar beteken dit die oordeel wat aan die kom was deur ‘n vloed, want reën was toe nog onbekend aan mense. Die helder visioen van geloof kan "sien" (11:13,27b) wat die menslike oog nog nie kan sien nie. Dit sien die toekoms in die lig van God en die ewigheid! Dit beteken ‘n regte begrip van waardes.

·     (vi)  Noag was besiel met ‘n "eerbiedige vrees" vir God. Toe God van OORDEEL op sonde          
         spreek, GLO hy dit en handel daarop! Geloof werk uit wat God IN werk.

·     (v)  Noag was gehoorsaam om die ark gereed te maak tot redding van sy huisgesin. Deur sy
·        geloof en voorbeeld waarsku hy die wêreld! Dit laat almal sonder enige verskoning en niemand sal kan sê, ek het nie geweet nie! Toe hulle nie wou luister nie, word sy waarskuwing ‘n veroordeling! Noag het geweet dat die vloed sou kom in die jaar wat oupa Metusalag sou sterwe. Hy was al baie oud, daarom het Noag die werk inderhaas voltooi! Die DAG (na sewe dae wat die deur oop was) toe GOD die deur van die Ark sluit, was genadetyd finaal verby! (Gen.7:4,10,16).

·    6.2. 2  ABRAHAM – afsondering tot die begin van ‘n nuwe NASIE.
·   
·     (i)  Die verstandhouding van geloof:  Die BEVEL vereis gehoorsaamheid. Dit was nie
·        emosie, persoonlike ambisie, avontuurlustigheid of die nabootsing van ander nie, maar ‘n GODDELIKE OPDRAG en ROEPING! "Toe hy geroep is … " God trek en roep eerder as om te dryf en te beveel! Geloof het Abraham gehoorsaam gemaak! Die BELOFTE inspireer tot aksie. Let op die 4 voudige belofte (Gen.12:2). God beloof dat Hy hom sou seën, hom tot ‘n groot nasie sou maak, sy naam groot sou maak en hom tot ‘n seën sou maak!
·   
·     (ii)  Die vreemde pad van geloof:  Hy het "gehoorsaam weggetrek sonder om te weet waar
·        hy sou kom"  (v.8). ALLEEN moes hy trek – uit sy land, familie en vader se huis – na ‘n "vreemde land" wat hy eers sou sien as hy daar sou aankom. Daar moes hy "as vreemdeling, in ‘n vreemde land, in tente" gaan woon. Juis in ‘n tydperk toe wonderlike ontwikkeling in argitektuur, die boubedryf laat bloei het! Abraham bou nooit ‘n stad nie – nie eers ‘n huis vir Sara nie, ten spyte van sy groot rykdom – maar woon in TENTE. Hy stuur daardeur aan almal ʼn kragtige boodskap uit. Hy het selfs die "land van Belofte" net as ‘n deurpad na ‘n "beter Land" beskou (v.9)! "Geloof weet nooit waarheen hy gelei word nie, maar hy KEN en VERTROU die EEN wat hom lei" (O.C.).

·     (iii)  Die verwagting van geloof: "Hy het die stad VERWAG wat fondamente het, waarvan
·         God die Boumeester en Oprigter is" (v.10). Met die oog van geloof kon hy hierdie STAD sien, soos God dit bou, met lewende stene van verloste siele uit alle nasies, volke en tale! In teenstelling met die stad BABEL wat die mens as sy Paradys op aarde wou bou om daardeur vir GOD uit te sluit! Hy moes juis eers uit Babilon wegtrek, voordat hy die Godstad kon sien.
·   
·   
·    – 21 –
·   
·    6.3   DIE BEVESTIGING VAN GELOOF: (11:11-21)

DERDE PAAR
 – GELOOF TOT VRUGBAARHEID (SARA EN ABRAHAM)

·    6.3 .1  SARA – geloof tot vrugbaarheid: Geboorte van Isak.

·     (i)  Die uitdaging van geloof: Sy was al "oor die leeftyd" en menslik gesproke was dit
·        onmoontlik dat sy ’n kind sou kon hê! Net ‘n wonderwerk kon so iets moontlik maak! By die aanhoor van die nuus dat sy oor een jaar ‘n seun sou hê, het Sara in die lig van die ware feite, GELAG (Genesis 18:12). Selfs Abraham het ook GEGLIMLAG (Gen.17:17). In Genesis 21:6 lag Sara egter die lag van vreugde! Die naam "ISAK" beteken ook, LAG!
·   
·     (ii)  Die uitweg van geloof: Sy was swak, magteloos, hulpeloos, maar sy het "krag ontvang om                                                                                                                                                            bevrug te word" deur die herhaalde beloftes en die verandering van name; van Abram na Abraham en van Sarai na Sara. Sy is in haar geloof versterk deur die verskyning van God in menslike gedaante in Genesis 18. Sy het "Hom getrou geag wat beloof het".

   (iii)  Die uitwerking van geloof: "Gebore uit een…’n menigte…ontelbaar".
·         Kinders soos die sterre – geestelike nageslag? Soos sand – die aardse?

·    6.3 .2  ABRAHAM – geloof tot oorvloedige vrugbaarheid – OFFER van Isak.

(i)     Die proef van geloof:   Abraham was dubbeld gehoorsaam – deur Ismael uit te werp én                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                            Isak te offer! Elke keer staan hy "vroeg" op om God se bevele uit te voer! Isak, sy geliefde, sy enigste (‘eniggeborene’ van sy wettige vrou Sara) moet altaar toe! Dit was teen daardie tyd ook al Abraham se leuse, dat vir God altyd "net die beste" gegee moes word (Gen.18:6).

  (ii)  Die pynlike pad van geloof: ALLEEN moes Hy gaan. Wat sou Sara en die ander mense sê?
·       Berséba was 65 km van Jerusalem/Moria af geleë. Op die "derde dag" sien hy die plek van
·       ver af. Toe gaan hulle twee alleen verder. Op die laaste ent pad vra Isak: "Vader, hier is die 
·       vuur en die hout, maar WAAR IS DIE LAM ?"
·   
·     (iii)  Die plek waar geloof uitwerk: Toe Abraham die "PLEK" die derde dag duidelik van ver
·         af sien, sê hy aan die twee dienaars/getuies: "Ek EN die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan (sal ONS) na julle terugkom (vgl Gen.22:5; Heb.11:17)". Dit bewys Abraham het geglo dat God die seun van belofte selfs uit die dood kan opwek! By die bestemde plek het hy Isak (25/33 jr oud) gebind en sy geliefde seun (Gen.22:2) as brandoffer op die altaar reg gelê, die mes geneem en dit opgehef! Toe SPREEK God: "Nou WEET Ek dat jy God vrees …"
·     Dáár het God hom wéér geseën en voeg by die vorige "seën" die beskrywende woorde by: "Ryklik … grootliks … jou nageslag sal die poorte van sy vyande in besit neem!" Kan dit duideliker tot ons van God se voorskrif en geheim van OORVLOED en OORWINNING spreek?
·   
VIERDE PAAR
 – GELOOF OM TE SEëN (ISAK EN JAKOB)

·    6.4 .1  ISAK seën sy seuns (v.20): Abram, die vriend en vertroueling van God ontvang die
·         verbondsbeloftes (Gen.12:2,3), wat God weer bevestig in Gen.15 en 17; waarvan die teken die besnydenis is. Abram se naam word verander na Abraham. Ná die offer van Isak op Moria word die beloftes versterk deur die woorde, "ryklik" en "grootliks" en God voeg by, "Jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem". Toe Isak leer dat God hierdie ‘seën’ van die VERBOND vir Jakob bedoel het, herhaal hy dit vir hom meer volledig, duidelik en persoonlik (Gen.27; 28:3,4). Oor Esau het Hy net ‘n meer algemene, tydelike seën uitgespreek.

6.4 .2  JAKOB seën sy kleinseuns (v.20): Josef, die seun van Jakob, GLO in God se verbond met die nageslag. Hy reis spesiaal na Jakob om sy twee seuns, Efraim en Manasse, voor hom te stel, om ook dáárdie seën van God, oor hulle uit te spreek! 

·   
·    – 22 –
·   
·    6.5   DIE BELONING VAN GELOOF:(11:22-27)

VYFDE PAAR
 – GELOOF TOT REDDING VAN ‘N NASIE! (JOSEF EN MOSES)

·    6.5 .1.  JOSEF se geloof red sy nasie deur in Egipte te BLY! Hy is een van die wonderlikste
·          tipes van Christus in die O.T. Daar is 23 hoofstukke oor sy lewe! Sy lewe, gedrag en 
·          karakter was onbesproke. Josef het:
·     
(i)    Melding gemaak van die uittog vd volk uit Egipte  (v.22): Hulle was toe nog maar ‘n                                           
      handjievol mense, maar Josef ken reeds die land van belofte en verstaan God se 
      voorneme met Israel. Hy het GEWEET daar sou ‘n uittog wees!
·   
   (ii)  Hulle moes sy gebeente saamneem (v.22; Gen.50:26): Daar sou geen begrafnis vir Josef
·        in Egipteland wees nie! In die moeilike, donker tye wanneer die volk verdruk, vervolg en 
·        mishandel sou word, sou sy sigbare beendere die boodskap van hoop verkondig – daar sou
·        ‘n dag kom wanneer hulle sou uittrek!

·    6.5 .2  MOSES se geloof red sy nasie deur Egipte te VERLAAT! Deur sy ouers se vreeslose
·         geloofskeuse (v.23) is Moses as kind gered. Uit eie keuse (v.27) het hy GEWEIER om die kroonprins van Egipte te wees! Hy weier die mag, die eer, die rykdom en plesier (posisie en prestasies) van Egipte en KIES doelbewus om met sý volk, die slawevolk, vereenselwig te word. Hy het die smaad van Christus groter rykdom geag as al die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die BELONING, daarom het hy Egipte VERLAAT en VOLGEHOU soos een wat die "Onsienlike" sien! Vance Havner sê, Moses het die onverganklike gekies, die onsigbare gesien en daarom die onmoontlike vermag!

·    6.5   DIE BEVRYDING VAN GELOOF: 11:28-31)

SESDE PAAR
 – GELOOF TOT BESKERMING TEEN DIE VYAND

·    6.6 .1  TEEN DIE VERDERWER (die oordeel op die eersgeborenes v.28): 

·     (i)  Deur die besprenkeling met bloed:  Die hart en kern van die Evangelie is alles van die
·        KOSBARE BLOED! Die verderwer was NIE die swaard van Egipte nie, maar die oordeel van ‘n Regverdige en Heilige God wat die engel van die verderf gebruik het in Sy oordeel! By die BLOED aan die deurpos, kon die engel nie verby kom nie. Agter en onder die bloed was daar genade, lewe, verwagting en vreugde en almal daar was wakker en gereed vir die verlossing! BUITE – weg van die bloed – was duisternis, angs, droefheid, oordeel en almal het geslaap!

·     (ii)  Deur die belydenis met bloed: Aan hulle deurkosyne en bo-drumpel het hulle hul geloof
·        BELY! Dit het gewerk, al sou ander ook al daarmee spot en dit verag! Die bloed is ‘n tipe
·        van die KRUIS van Christus.

·    6.6 .2  TEEN DIE VERVOLGER (die oordeel op Farao en sy leërmagte v.29)
·   
·    Deur die wolk- en vuurkolom. Dit bied beskerming teen ‘n dreigende vyand. Aan Israel se kant het dit lig, leiding en beskerming gebied. Aan die vyand se kant het dit duisternis en verwarring veroorsaak! Die wolk en vuur is tipes van die Heilige Gees! (vgl. Ps.91 en 121)

7de PAAR
 – GELOOF TOT OORDEEL EN VERLOSSING DAARUIT (JERIGO EN RAGAB)

·    6 .7.1  JERIGO – ‘n algehele VERWOESTING (11:30):

·     (i)  Die uitdaging van geloof was om Jerigo, die grootste en sterkste stad in die hele land,   wat reg in die pad van Israel was; die poort tot die inbesitneming van die van die land, te vernietig!
Hierdie eerste vyand in die "land" se koning en manskappe was almal dapper helde, maar die stad
·    – 23 –
·   
·    se mense was verrot in hul gruwelike sonde voor God!
·     
   (ii)  Die uitvoering van geloof was gehoorsaamheid, dissipline en bo alles – GOD in hulle
·         midde! Die "mure van Jerigo het geval". Net GOD kan so iets doen!

6.7.2  RAGAB – ‘n algehele VERLOSSING (v.31):

·     (i)  Voorwerp van genade: Sy was in die laer van die vyand, in ‘n berugte huis van sonde, en
·        in  ‘n stad wat alreeds deur God tot vernietiging gedoem was! God het haar dáár raakgesien
·        en ‘n kans gegee om gered te word.

·     (ii)  Voorbereiding tot genade: God stuur twee anonieme verkenners na haar. Sy ontvang
        hulle, getuig teenoor hulle dat sy gehoor het van God se groot dade, vra hulle toe ‘n 
        betroubare teken en sy verklaar dat sy weet dat God die land aan Israel gegee het. Toe 
        stuur sy hulle met ‘n ander pad terug na die ‘gebergte’.

 (iii)  Voorwaardes van genade: Die Saligheid is verniet, maar nie goedkoop nie! "AS" sy die 
     rooi lyn sou uithang. "AS" sy binne sou bly. "AS" sy getrou/lojaal aan God sou bly.

·    7.  DIE BETER BEëINDIGING VAN GELOOF:(11:32- 12)

 Die lys geloofshelde wat nou volg, sommige bekend en ander anoniem, wat eindig met die voorbeeld van die grootste geloofsheld – JESUS in hoofstuk 12 –  was almal goed toegerus vir ‘n aggressiewe geloofstryd teen die vyand met al sy lis, mag en geweld! Die wat in Hfst. 11 en 12 genoem word EN die wat nie hier genoem word nie, maak almal saam ’n deel uit van die "groot wolk van getuies rondom ons" (12:1). Húlle voorbeeld, waagmoed, lyding, volharding en sukses is vir ONS van lewensbelang op die gebied van die GELOOF!
·   
·     7.l  GELOOFSGEREGTIGHEID (11:33): Geregtigheid is uitgeoefen deur diegene en oor 
·         diegene wat hulle verower en reeds oorwin het! Om geregtigheid of regverdigheid te bewys en uit te oefen, vereis ‘n persoonlike kennis daarvan en is die uitstaande kenmerk van ons EREKONING en van almal wat Sy gesindheid in hulle het (Heb 1:9).

·     7.2  GELOOFSAFHANKLIKHEID (v.33,34): "Beloftes verkry … krag uit swakheid ontvang
·         het …" Die ware geloofsheld/reus is die een wat diep van God afhanklik is en die kuns verstaan om sy/haar swakheid om te ruil vir Sy krag!

·     7.3  GELOOFSWAAGHALSIGHEID – Hulle het "bekke van leeus (wrede vyande)
·         toegestop, die krag van vuur (vernietigende invloede) uitgeblus, die skerpte van die swaard (van die sielemoordenaar) ontvlug, dapper gewees in die oorlog (in die geestelike stryd, op die voorste linies), leërs van vreemdes (die aanslae van die Satan) op die vlug gedryf!

·     7.5  GELOOFSBELONING: "Vroue (die swakkere) het hulle dode deur opstanding terug
·        gekry (soos bewys in tyd van Elia en Elisa, Marta en Maria en baie vandag nog wat deur gebed en geloof dierbares red). En ander (allos – ‘ander van dieselfde soort’ as bostaande ‘vroue’) is gefolter en wou geen bevryding (loslating) aanneem nie, om ‘n "beter" opstanding te kan verkry.

·     7.5  GELOOFSVOLHARDING (Lees 11:35b-40).  “Maar ander (heteros) weer …" van 11:36
·        beteken – ander van ’n ander soort). Want God se wil vir húlle was nie bevryding en uitredding of sigbare en onmiddellike oorwinning nie. Die wat as martelare moes sterf, het dit triomfantlik gedoen en die wat as die uitvaagsels van die wêreld moes leef, het dit ook triomferend en tot die dood toe getrou gedoen! Verag deur die wêreld, maar God sê, die wêreld was hulle nie werd nie! Ons kan met reg wonder of húlle nie miskien, in God se opinie, van die grootste en lojaalste geloofshelde was wat die hoogste deur Hom vereer sal word nie!

·    7 .6  GELOOFSBEREIKING (12:4-27)  God se HOOFDOEL met geloof is, "sodat ons SY
·        HEILIGHEID kan deelagtig word"  (v.10). Daar is egter DRIE vereistes:
 – 24 –

·     (i)  Hy vra jou aandag (12:1-4): Terwyl ons die "groot wolk van getuies rondom ons het" wat
·         aan ons getuienis gee dat húlle tot die einde toe volhard het, word ons vermaan om veral noukeurig "ag te gee op HOM" en Hóm bo alles en almal, as ons volmaakte VOORBEELD, nooit uit die oog te verloor nie!
·   
·     HY is die Leidsman (die Beginner by die wegspringplek) EN die Voleinder (Beloner by die wenpaal) van ons GELOOF, wat ons leer om te VERDRA: die Kruis (v.2) en die kritiek (v.3)! Ons moet ook nog TWEE dinge aflê (aoristus tyd) – elke LAS (laste wat ons spoed laat inboet, ons vermoei) en "dié SONDE (van ongeloof?) wat ons so maklik omring (entangle)".
·   
·     (ii)  Hy wil jou aanspreek as Vader Sy "seun" oor dissipline (v.5-17).  As Wetgewer by Sinai, 
·        en oor heiligheid by Sion. Ook as jou Redder, oor genade! (v.18-24). Hier, waar Sy stem weer die Evangelie van GENADE deur die "bloed van besprekeling" so duidelik uitroep, volg dan die laaste en VYFDE ERNSTIGE WAARSKUWING (v25-29) teen uitstel, afwysing en verwaarlosing!
·   
·    Die skrik en vrees van die dag toe God van Sinai af gespreek het, sal kinderspeletjies wees in vergelyking met die dag as Hy in OORDEEL, uit die HEMELE spreek tot die wat Hom afwys, en teen hulle wat Sy heilige, Nuwe Verbond, verwerp!

·     (iii)  Hy moet jou afrig (v.4-24): Hy moet jou leer om NIE TE BESWYK onder Sy dissipline
·         óf om dit GERING TE AG nie, maar dit te VERDRA (v.5,7)! Hy wil jou lei na ontsag en onderworpenheid aan Hom wat ons ryp en gereed maak, dat ons "Sy heiligheid deelagtig kan word" (v.10). Hy wil jou leer om te handel met die slap hande, die verlamde knieë en die krom paaie! (v.12,13). Hy wil jou leer om te: "jaag!!! … die vrede ná met ALMAL EN die HEILIGMAKING waarsonder niemand die HERE ("Kurios" Koning, Bruidegom) sal sien nie!"
·   
·    7 .7  GELOOFSGEHOORSAAMHEID (13:1-19): "LAAT ons dan uitgaan na Hom toe
·        buitekant die laer en Sy smaad dra!"  Soos die groot Sondoffer, wat in sy geheel buitekant die laer verbrand moes word, het Jesus ook buite die poort van Sy volk, van Jerusalem, gely. Soos hierdie Sondoffer se bloed ingedra is tot in die Allerheiligste, is Jesus s’n ook ingedra tot binne die onsigbare, hemelse Heiligdom! Hy was "buite die laer" uitgewerp deur die godsdienstige Jerusalem, omdat Hy hulle lëe dop- en vormgodsdiens wat hulle net vir die skyn bedryf het, aan die kaak gestel en bestraf het!
·   
·     Die verskil tussen die voorbeeld en boodskap van Jesus en die herleefde, uiters onberispelike, streng wettiese vorm van Judaïsme met al sy wette, oorleweringe en seremonies, was só radikaal verskillend, dat óf die een óf die ander, sou moes gaan! Die skynheilige en blinde Fariseërs en Skrifgeleerdes het besluit dat dit geriefliker vir hulleself sou wees om aan hulle eie leë dop en vorm vas te klou, eerder as om die Evangelie van Christus te aanvaar wat ‘n radikale lewensverandering vereis het! Hulle het die menigte oorgehaal om deur smaadhede, bespotting, bespuwing, veragting en ontbloting en géseling van Sy liggaam, Hom van ALLE eer, waardigheid en heerlikheid te probeer beroof! "Deur die hande van goddelose manne" het hulle Hom laat vang en gekruisig! Saam met die onreinheid van die stad was Hy buitekant die stad uitgewerp, verag en verfoei!
·   
·     Deur die eeue heen – ook vandag – is alles presies nog dieselfde. In die teenswoordige GODSDIENSTIGE wêreld kan u Hom nog met groot sekerheid SOEK en VIND – waar? – dikwels BUITE die laer van publieke opinie, populariteit, eer en vormgodsdiens! Die Apostels het dit só ondervind (1 Kor.4:10-13). Josef en andere, soos ʼn Dawid, het dit ook só ondervind (Rom.8:36). Ons dra Sy smaad saam met Hom buitekant die laer wanneer ons "vreemdelinge en bywoners op die aarde" is (1 Pet.2:11,12). Wanneer ons Sy Naam bely (Joh.15:20,21). Wanneer ons beledig word oor die Naam van Christus (1 Pet.4:14). Wanneer ons godvrugtig wil lewe (2 Tim.3:12). Wanneer ons bekering, verlossing en afsondering aan die wêreld van ons dag, vol vormgodsdiens, maar wat die KRAG daarvan verloën het, verkondig! God kan en wil Sy dissipel en volgeling VERTROU; net met Sy eer vertrou as hy/sy gewillig geword het vir Sy SMAAD!
   
    "Laat ons dan uitgaan na Hóm toe” – nie na ‘n "ander laer" of makliker groep toe vlug waar ons minder of nooit weer verag en vervolg sal word nie! Die volwasse, toegeruste Christen wat 
   – 25 –

    INGEGAAN het in Sy rus, VOORTGEGAAN het na volwassenheid INGEGAAN het in die Heiligdom, moet dit nou bewys deur UIT TE GAAN na die vegterrein waar die stryd woed, waar die Satan sy bors uitstoot, waar die geveg woed en sonde sy klimaks bereik! Juis dáár moet en kan die vyand oorwin word! God het nog nooit iemand wat Sy eer verdedig het, in die steek gelaat nie!

·    7.8  GELOOFSBEëINDIGING: Hfst 13

·     In hierdie wêreld het ons "hier geen blywende stad" nie – omdat hier geen vaste fondamente is wat sal staan as God alles wat wankelbaar is, sal laat bewe nie! Maar ons soek die "toekomstige" (13:14). Daarom praat die skrywer nou dikwels van die "stad wat fondamente het" (11:10), die "hemelse Jerusalem" (12:22), die "onwankelbare koninkryk" wat ons ontvang (12:28). Ook van die "uiteinde" van die lewenswandel van ons voorgangers waarop ons moet let, wie se GELOOF ons moet navolg (13:7).

·    Ons het nie net die HERE as Beginner en Voleinder van ons geloof nie, maar ook vir Hom as:

·     (i)  Helper (13:5,6): Let a.u.b. op 3 x herhaling van 2 x "nooit" in Grieks! Die oorspronklike
·        woord vir ‘Helper’ in Grieks is : boethos {bo-ay-thos’} Wiersbe sê dat ‘help’ in 2:18 –
·     boetheo {bo-ay-theh’-o} beteken jy hardloop as ’n kind om hulp roep, of om enige rede, skree!
·     Hy help in gebrek (konteks van v5). "As HULP in benoudhede is Hy in ‘n hoë mate beproef!"
·     Hy help as daar gevaar is (konteks van v6).

·     (ii)  Heiligmaker (13:12): Heiligmaking beteken afsondering van sonde en die ‘wêreld’ en reiniging – tot toewyding wat volkome oorgawe insluit. Van "buite die poort" tot "binne die Voorhangsel." Daar waar die gelowige dan SY HEILIGHEID deelagtig word deur die BLOED (9:14; 10:29: 13:12), in die werk van God deur "HEILIGMAKING" (12:14).
·   
·     (iii)  Herder (13:20,21): Die "Groot Herder" wat volkome kan red, omdat Hy nie net gesterf
·         het nie, maar ook opgewek is deur die bloed van die ewige Testament, is ook die "Goeie Herder" wat Sy lewe vir die skape afgelê het en die "Opperherder" wat oor ál Sy skape regeer en elkeen van hulle wil "volmaak in elke goeie werk om Sy wil te doen".
·   
·     Bogenoemde werkwoord ‘volmaak’ is vertaal van die Griekse woord katartidzo. Dit was in daardie tyd ’n bekende woord vir dokters wat ’n gebreekte been gespalk het; vir vissers wat hulle stukkende nette heelgemaak het (Mat.4:21); vir matrose wat ’n skip seewaardig gemaak het en vir soldate wat hulle weermag toegerus het vir oorlog. (1 Thes.3:10 – voltooi; 1 Pet.5:10). Hy is ook die God wat "in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus … AMEN!"

    Die Sendbrief aan die Hebreërs is inderdaad die Brief wat elke gelowige met die lig van hemelse waarhede omstraal, met onwankelbare en beproefde beloftes versterk en met God se onfeilbare Verbond aan Homself verbind! Alles wat jou en my aanspoor en aanvuur om in die GELOOF toe te tree, in die GELOOF te volhard en die stryd en wedloop triomferend met daardie soort en kwaliteit GELOOF wat God behaag, te beëindig! Mag dit so wees!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00