Hy het opgestaan
Vol sonde was die wereld gewees
En wie het die Almagtige God gevrees?
n Heilige God moet die sonde straf
Want niemand wou van die bree weg af
Die Here Jesus Christus het vir daai sonde gesterf
Sodat elke-een wat bekeer en glo die ewige lewe kon erf
Persoonlik het Hy vir my dood gegaan
En op die derde dag weer opgestaan
Dankie Jesus my Verlosser, vir die dood hoef ek nie meer te bewe
Deur U is ek wedergebore, U geskenk die ewige lewe