HOE RYK IS JY?
Dit is winter en die koue slaan deur die klere van elke mens wat buite is. Die wind dra die koue tot teen die vel en die behoefte na hitte is by elkeen. By elke huis se koorsteen trek die kaggel rook van die vuur wat die huise verhit.
Die klop aan die deur is hard en benoud. Die vrou maak die deur oop en voor haar staan twee kinders , bibberend van die koue. Hulle vra haar vir koerantpapier om hulself te bedek teen die koue. Eers wil sy hulle verjaag maar dan sien sy die dun klere onder elkeen se geskeurde kombers waarin hulle toegedraai staan. Die voete word bedek , slegs deur ’n paar dun sandale. Dit is dan dat sy besluit om hulle in te nooi vir ’n warm koppie koffie. Die spore wat hulle in die huis trap, laat die merke van die sandaalsole. Hulle neem stelling in voor die kaggel terwyl hulle wag vir die koffie.
Die vrou bring die koppie met die piering vol stomende koffie met beskuit. Terwyl hulle aan dit drink en hul hande om die koppie vou om hitte in hul vingers te verkry het die een gevra:- “ Tannie, is jy ryk?” “ Genade , nee ek is nie!” Die dogterjie het haar leë koppie in die piering gesit en toe gesê:- “ Die koppie en die piering pas bymekaar!”
Hulle het geloop met hul koerante wat hulle teen die wind hou sonder om eers dankie te sê. Hulle hoef nie , dankie , te sê nie. Hulle het meer as dit gedoen. Eenvoudige koppies en pierings maar hulle het gepas. Sy het aartappels op die stoof, ’n dak oor die kop, ’n man wat ’n vaste werk het, hierdie dinge het ook gepas.
Terwyl sy opruim waar die kinders gesit het, sien sy die spore van die sandale, maar sy maak dit nie skoon nie, om haar te herrinner hoe ryk sy is.
Hoe ryk is jy? Is daar nie baie om voor dankbaar te wees nie? Hoekom kla ons so baie?
1 Thess 5:18 “Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.”
GEBED
Dankie Here vir die rykdom wat ek kan geniet! AMEN