Customize Consent Preferences

We use cookies to help you navigate efficiently and perform certain functions. You will find detailed information about all cookies under each consent category below.

The cookies that are categorized as "Necessary" are stored on your browser as they are essential for enabling the basic functionalities of the site. ... 

Always Active

Necessary cookies are required to enable the basic features of this site, such as providing secure log-in or adjusting your consent preferences. These cookies do not store any personally identifiable data.

No cookies to display.

Functional cookies help perform certain functionalities like sharing the content of the website on social media platforms, collecting feedback, and other third-party features.

No cookies to display.

Analytical cookies are used to understand how visitors interact with the website. These cookies help provide information on metrics such as the number of visitors, bounce rate, traffic source, etc.

No cookies to display.

Performance cookies are used to understand and analyze the key performance indexes of the website which helps in delivering a better user experience for the visitors.

No cookies to display.

Advertisement cookies are used to provide visitors with customized advertisements based on the pages you visited previously and to analyze the effectiveness of the ad campaigns.

No cookies to display.

HOE ERNSTIG BID JY?

Petrus en Johannes het die Evangelie aan die volk Israel verkondig en hulle die Skrifte geleer. Die priesters en ander hoofmanne het op hulle afgekom en hulle gegryp en voor die Joodse Raad gebring. Petrus en Johannes het aan hulle vertel dat wat hulle spreek en die wonderwerke wat hulle doen, in die Naam van die Here Jesus Christus is. Die man wat deur hulle genees is het by hulle gestaan en daarom kon die Joodse Raad niks teen hulle kry om hulle te beskuldig nie.

 

Hulle is vrygelaat met die woorde dat hulle verbied word om in die Naam van Jesus Christus te spreek en te leer sowel as ander dreigemente is aan hulle gegee.

 

Petrus en Johannes is toe na hulle eie mense en het dit alles vir hulle vertel.

 

HAND. 4:24  En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,

 

Hierdie gemeente het ernstig begin bid!

 

Dit laat my dink aan die drie predikante wat gedebateer het watter posissie is die beste om in te neem as jy bid. Terwyl hulle debateer het daar ‘n telefoon tegnikus aan die telefoon gewerk en na hulle debat geluister. Die een predikant het gesê dat hy vind dit die beste om altyd sy hande saam te slaan in gebed. Die ander een het gesê nee , die beste manier is om op jou knieë te staan en te bid. Die derde het gesê nee, julle het dit verkeerd, die enigste manier wat sy sout werd is in gebed is om plat op jou maag met jou aangesig na die aarde te bid. Teen hierdie tyd het die telefoon tegnikus gesê dat hy het die kragtigste gebed gedoen toe hy tien meter bo die grond net aan sy enkels aan ‘n telefoonpaal gehang het.

 

Hoe ernstig bid jy? Bid jy ernstig tot God slegs as jy in die nood is? Slegs wanneer jy iets van die Here wil ontvang of dat Hy iets vir jou moet doen?

 

Laat ons elkeen ons gebedslewe ondersoek en elkeen ,elke dag ernstig tot God bid.

 

GEBED

 

Vader, ek weet dat ek soms net ‘n inkopielys bid vir al die dinge wat U vir my moet doen. Leer my om te bid om U te verheerlik? AMEN

0:00
0:00