Here my God ek staan alleen
Here my God ek staan alleen
U sien my voor U aangesig ween
My hart is stukkend, nog nooit so seer
Die trane rol en kan dit nie keer
Wie sal my troos van hierdie pyn
Al is ek groot is my hart steeds klein
In die spieel kyk ek met n groot gesug
Verwyder die oue en skenk my nuwe vrug
Sodat die wat my gedurig dophou
Kan sien dat ek net aan Jesus vasklou
My lewe, drome alles kan U kry
Want Jesus Christus lewe nou binne my
U Here het n boodskap in my hart gesit, wat ek wil deel met die wereld daar buite, sonder U is die lewe geen nut.
Neem my asb in U besit, en verwyder vuil sonde dat ek voor U staan skoner as die witste wit.