HEMELVAART SE BLYDSKAP!
1. DIE BLYDSKAP VAN HEMELVAART IS DIE BELOFTE VAN DIE HEILIGE GEES.
Joh 16:5 En nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het; en niemand
van julle vra My: Waar gaan U heen nie?
Joh 16:6 Maar omdat Ek dit vir julle gesê het, het droefheid julle hart
vervul.
Joh 16:7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat
Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster
nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na
julle stuur;
· DIE HEILIGE GEES KOM OM IN EN BY ONS TE BLY
Joh 14:16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster
gee om by julle te bly tot in ewigheid:
Joh 14:17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang
nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar
julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
· DIE HEILIGE GEES KOM OM ONS TE LEER
Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my
Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner
aan alles wat Ek vir julle gesê het.
· DIE HEILIGE GEES KOM OORTUIG VAN SONDE, GEREGTIGHEID
EN OORDEEL.
Joh 16:8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van
geregtigheid en van oordeel:
Joh 16:9 van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;
Joh 16:10 en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle
My nie meer sal sien nie;
Joh 16:11 en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld
geoordeel is.
· DIE HEILIGE GEES KOM OM ONS IN DIE WAARHEID TE LEI
Joh 16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid,
sal Hy julle in die hele waarheid lei;
· DIE HEILIGE GEES KOM OM JESUS TE VERHEERLIK
Joh 16:14 Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan
My behoort, en aan julle verkondig.
· DIE HEILIGE GEES KOM OM KRAG TE GEE VIR GETUIENIS
HAND. 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor
julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel
as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste
van die aarde.
2. DIE BLYDSKAP VAN DIE HEMELVAART IS DAT DIT DIE BEGIN AANDUI VAN JESUS SE HEMELSE BEDIENING.
HEBR. 9:24 Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande
gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel
self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn;
3. DIE BLYDSKAP VAN DIE HEMELVAART IS DIE BELOFTE VAN SY WEDERKOMS.
Joh 14:1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so
was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek
te berei.
Joh 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en
sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
GEBED
Dankie Here dat ons blydskap in U kan ervaar en kan weet dat U weer op U bepaalde tyd vir ons sal kom! AMEN