Heart Cry SA (www.heartcrysa.com) se missie is om ‘n katalis vir herlewing te wees (Persoonlik, Huwelike, Tuis, Kerk en Gemeenskap) in die liggaam van Christus deur die boodskap van intimiteit met God, herlewing en geestelike ontwaking.  Heart Cry SA is gestig deur Dr Francois Carr wat regdeur SA preek en ook in die VSA en Europa.  Hulle hou konvensies vir families, reik uit na kerke met ‘n boodskap van intimiteit met God deur Jesus Christus en preek ‘n gesonde Bybelse leer.  Ons wil julle aanmoedig om hulle te ondersteun.  Die geld sal gebruik word om die werk van God te doen en elke donasie, hoe klein ook al, kan ‘n verskil maak.  Klik op die skakel onder vir hulle bank besonderhede 

 

 

Francois Carr het himself met skryf en preekgeleenthede besig gehou. Dit het na ses maande van bid en wag op die Here duidelik geword dat die Here besig was om geboorte aan ‘n nuwe bediening, genaamd HeartCry te gee. Heart Cry bestaan om die Here te verheerlik deur mense te help om die Here persoonlik te ken en te beleef.  HeartCry mentor kerke op die weg na herlewing. Hulle tree ook op as borg van Heart Cry in South Africa, sowel as mede-donateur van konferensies in die VSA, Europa and Afrika. Hy is getroud met Dorothea en hulle het een dogter, Leone. Hy is tans in Pretoria, South Afrika woonagtig.

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00