HALLELUJA 294
My gees, my siel, my liggaam,
Wy ek aan U , o Heer;
Ek lê my as ’n offer
Voor U vir ewig neer!
KOOR
My al is op die altaar,
en wagtend op die vuur;
wagtend,wagtend,wagtend,
ja, wagtend op die vuur!
Hier is een van die pragtige liedere in die Halleluja bundel wat in die kerk gesing word.
Talle kere word dit gesing omdat dit nou die tyd is om te sing.
Almal sing saam!!
Het jy al hierdie woorde oordink en bepeins?
Is jou gees , siel en liggaam werklik op die Hemelse altaar voor die Here?
Is jy werklik wagtend op die vuur van God op jou?
Hoe baie ken en hoor ons nie die boodskap? Dit raak gevaarlik wanneer hierdie waarhede by ons verby gaan.
Ek vra weer:- IS JY WAGTEND OP DIE VUUR VAN GOD?
Indien jy totaal aan die Here oorgee en God se vuur op jou val, dan:-
1. Sal jou oë God sien,
2. Sal jou ore Sy stem hoor,
3. Sal jou mond Sy wonder dade getuig,
4. Sal jou hande ander help,
5. Sal jou knieë voor Hom buig en jy begin bid,
6. Sal jou voete die Evangelie waarhede uitdra aan hierdie wêreld.
Kyk nou na die koor gedeelte?
Is alles op die altaar vir God? Man,vrou,kinders, werk, jou wil, ………..?