HALLELUJA 294
My gees, my siel, my liggaam,
Â
Wy ek aan U , o Heer;
Â
Ek lê my as ’n offer
Â
Voor U vir ewig neer!
Â
KOOR
Â
My al is op die altaar,
Â
en wagtend op die vuur;
Â
wagtend,wagtend,wagtend,
Â
ja, wagtend op die vuur!
Â
Hier is een van die pragtige liedere in die Halleluja bundel wat in die kerk gesing word.
Â
Talle kere word dit gesing omdat dit nou die tyd is om te sing.
Â
Almal sing saam!!
Â
Het jy al hierdie woorde oordink en bepeins?
Â
Is jou gees , siel en liggaam werklik op die Hemelse altaar voor die Here?
Â
Is jy werklik wagtend op die vuur van God op jou?
Â
Hoe baie ken en hoor ons nie die boodskap? Dit raak gevaarlik wanneer hierdie waarhede by ons verby gaan.
Â
Ek vra weer:- IS JY WAGTEND OP DIE VUUR VAN GOD?
Â
Indien jy totaal aan die Here oorgee en God se vuur op jou val, dan:-
Â
1.   Sal jou oë God sien,
Â
2.   Sal jou ore Sy stem hoor,
Â
3.   Sal jou mond Sy wonder dade getuig,
Â
4.   Sal jou hande ander help,
Â
5.   Sal jou knieë voor Hom buig en jy begin bid,
Â
6.   Sal jou voete die Evangelie waarhede uitdra aan hierdie wêreld.
Â
Kyk nou na die koor gedeelte?
Â
Is alles op die altaar vir God? Man,vrou,kinders, werk, jou wil, ………..?