GOD WORD MENS!

MATT. 1:18  Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.

 

:19  En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.

 

:20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;

 

:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

 

:22  En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:

 

:23  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

 

:24  En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem;

 

:25  en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.

 

HAND. 4:12  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

 

Geen geskenk hierdie Christusfees 2010 word so benodig vir ‘n sterwende wêreld soos die lewend-gewende Saligmaker – Christus Jesus – nie.

 

GEBED

 

Here, U geskenk aan my is nie in mooi papier toegedraai met strikkies en kaartjies nie, maar is vir my gegee in ‘n krip. Dankie daarvoor! AMEN

0:00
0:00