GOD SE KOFFIE
n Groep oud studente, waarvan die meeste die hoogste sport in hul beroep bereik het, het op ‘n dag ‘n besoek gereël by hul gunsteling oud professor van die universiteit waar hulle almal gestudeer het. Die geselskap het vinnig ontaard in ‘n kla-sessie oor die spanning wat hulle in hul werk en lewens ervaar.
Nadat die professor sy gaste koffie aangebied het, is hy kombuis toe en keer terug met ‘n groot ketel koffie en ‘n verskeidenheid koppies. Die koppies het gewissel van porselein, glas, kristal, sommige wat baie goedkoop gelyk het, ander wat baie duur gelyk het en sommige wat besonders mooi was.
Hy het sy gaste genooi om hulself te help met die koffie.
Toe al die oud studente ‘n koppie koffie in die hand het, het die ou professor begin praat: “As julle sal oplet sal julle sien dat al die mooi, duur koppies gebruik is en dat dit die gewone goedkoop koppies is wat op die skinkbord oorgebly het. Alhoewel ek verstaan dat dit vir manne van julle status normaal is om slegs die beste vir julself te wil hê, is dit ook die bron van julle probleme en julle spanning. Wat julle moet besef is dat die koppie opsigself geen kwaliteit tot die koffie toevoeg nie. In die meeste gevalle is dit bloot net ‘n kwessie van ‘n duurder koppie wat boonop nog die inhoud van dit wat ons drink verberg ook. Wat julle almal regtig wou gehad het was koffie, nie die koppie nie, Maar bewustelik het julle almal die beste koppies uitgekies. Toe begin julle verder mekaar se koppies te beloer om te sien wie het die beste koppie gekry.
Dink so bietjie na oor die volgende: Die lewe is die koffie;die werk, geld en aansien in die gemeenskap is die koppies- bloot die gereedskapstukke wat die lewe insluit en omvou. Die koppie wat ons het bepaal nie of verander nie die kwaliteit van die koffie, van die lewe wat ons leef nie.
Soms gebeur dit egter dat ons só konsentreer op die koppie dat ons Vergeet om die koffie te geniet wat God aan ons voorsien het.” God berei vir ons die koffie, nie die koppies nie… so geniet jou koffie! “Die gelukkigste mense het nie die beste van alles nie.
Hulle maak slegs die beste van dit wat hulle het !