GEKNIPTE VLERKE.
Daar was eens ’n prediker wat ’n kragtige instrument was in die hand van die Here. Hierdie prediker het geestelik koud geword en ’n vriend van hom het hom besoek en met hom gepraat oor sy geestelike lewe. Die prediker het uitgevaar teenoor sy medewerkers en lidmate saam met hom in die gemeente. Die vriend het na ’n ruk voorgestel dat hulle moet bid.
Tydens die gebed sien die vriend voor hom in sy geestesoog twee Reiers met volgroeide vlerke. Daar verskyn ’n mensehand met ’n skêr en knip een van die Reiers se vlerkvere mooi fatsoenlik. Die tweede Reier sprei sy vlerke en vlieg die hoogtes in. Die eerste Reier wat so mooi fatsoenlik voorkom het ook probeer om op te styg maar ’n paar meter bo die grond dan val hy weer terug tot op die aarde. Weer en weer het hy probeer , elke keer geval en alles was tevergeefs. Die geknipte vlerke kon nie die gewig van die liggaam van die Reier dra nie. Die Reier het later uitgeput , vol bloed op die grond bly lê. Sy maat het oorwinnend in die lug rond gevlieg. Dit is wat die vriend van die prediker in sy geestesoog gesien het.
Nadat hulle saam gebid het, het hy die prediker vertel wat hy gesien het. Die prediker het begin huil en vertel dat daar was ’n tyd dat hy in gebed deurgebring het maar te besig geraak het en minder gebid het. Dit is toe die moeilikhede en beproewings kom , het hy geen krag gehad nie. Die vyand het geslaag om sy vlerke mooi te knip en hy is kragteloos.
Hoe lyk jou geestelike vlerke vandag? Het jy nog krag in die beproewings en moeilike tye?
LUISTER!!! – Om die Reier se krag te neutraliseer was nie nodig om die vlerk uit te ruk nie!! Nee , net ‘n gedeelte van die vlerk weg te neem.
Is dit nie ook so dat die Satan jou gebedstyd , Bybellees, stiltetyd en gemeenskap met God MINDER maak omdat jy haastig is nie?
Kul jou hier en kul jou daar en siedaar! – VERLORE is jou krag!!
Al wat God verlang:- HOSEA 10:12 “…..want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.”
Ja, dit is tyd om die Here te soek! Soek God vir Aanbidding, Geestelike herstel, vir ons kinders en jeug, vir ons volk, ja soek God!!!! Die tyd is nou!!
Is jy nie geestelik moeg en bebloed en uitgeput van al die stryd nie? Dit is tyd om die Here te soek!
DEUTER. 4:29 “Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.”
PSALM 105:4 “Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.”
JESAJA 55:6 “Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.”
LUKAS 11:10 “Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.”
GEBED
Here ek wat U kind is het kragteloos geword. Ek is mooi en fatsoenlik in my geestelike lewe maar ek het U afgeskeep. U weet Here dat ek bring nie meer die tyd met U deur soos van te vore nie. Here vergewe my , herstel my en ek soek U met my hele hart om U te behaag. Dankie Here vir nog ‘n kans!! AMEN