Fietsrit saam met my Vader

Nadat ek die eerste keer vir Jesus Christus ontmoet het, het die lewe vir my gevoel soos ‘n fietsrit op ‘n tandem-fiets, en Jesus het op die agter-sitplek gesit en Hy het my gehelp trap.
Ek weet nie mooi wanneer dit was dat ons plekke omgeruil het, maar sedert Hy die voor-sitplek ingeneem het was die lewe nooit weer dieselfde nie.  
Toe ek in beheer was, het ek die pad geken; dit was redelik  
voorspelbaar – altyd die kortste pad op my manier tussen twee punte.
Maar vandat Jesus Christus die stuurstokke oorgeneem het, is die hele pad sommer interessant en opwindend, al hou ek soms asem in.
Hy neem ons oor asemrowende bergpaaie, deur rotsagtige plekke, afdraendes teen nekbreek snelhede al wat ek kon doen was om vas te hou.
Selfs wanneer dit gelyk het na skone malligheid, het Hy aangemoedig met ‘n “hou aan met trap!”. Ek het bang en paniekerig geraak en uitgeroep. “Waarheen neem U my?”
Hy het geglimlag en nie geantwoord nie, en ek het geleer om Hom te vertrou.
Ek het my voorspelbare leefstyl vergeet en het gewoond begin raak aan die avontuur van op die agterste sitplek ry, saamtrap maar geen stuurstok in my eie hande.
Wanneer ek soms begin bangraak, dan het Hy terug geleun en my hand aangeraak. 
Aanvanklik het ek Hom nie vertrou nie, en ek was self in beheer van my lewe. Toe ek begin agter ry het, het gedink, Hy gaan ons verongeluk! —   stelselmatig het ek gesien dat Hy fietsry-geheime ken…. Hy het geweet hoe om deur ‘n skerp draai te beweeg, hoe om te klim oor rotse wat heeltemal te hoog gelyk het vir my, en waar om te jaag sodat ons vinniger deur die gevaarlike plekke kon gaan..
Ek het geleer om my mond te hou en net saam te trap, dikwels op die mees ongewone plekke; ek het begin ontspan en selfs geleer om die natuurskoon rondom my te geniet… en ook die koel wind in my gesig in die permanente  kameraadskap van Iemand wat my nooit begewe en verlaat nie, die Heilige Gees. En elke keer wanneer ek seker was dat ek aan die einde was van my eie  kragte, glad nie instaat om verder te gaan nie, dan het Hy geglimlag en
aangemoedig…”Trap My Kind, Trap!”

                                                                                                            Skrywer: Onbekend (Verwerk)

PSALM 37:5  Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;

PSALM 37:6  en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.

GEBED

Dankie Here , dat ek my weg en lewe aan U kan vertrou! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00