Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

EK IS….

 

Terwyl 'n vrou eendag bid, vra sy:

"Wie is U, Here?"

Hy antwoord haar toe:

"EK IS."

"Maar wie is EK IS?", vra sy moedeloos.

Sy sagte antwoord het haar gemoed laat volskiet, want sy hoor:

"EK IS Liefde; EK IS Vrede;

EK IS Genade; EK IS Vreugde;

EK IS die Weg, die Waarheid en die Lewe;

EK IS die Lig; EK IS jou Vertrooster;

EK IS Krag; EK IS die Skepper;

EK IS die Alfa en die Omega –

Die Begin en die Einde."

Met trane in haar oë vra die vrou sag:

"Maar, Here, wie is ek Dan?"

Terwyl God saggies haar trane afvee, fluister Hy in haar oor:

"JY IS MYNE….."

 

0:00
0:00