EK HET JOU LIEF!

’n Man met die naam Max en sy vrou , Ester, het ’n kleindogter gehad met die naam Zoe. Zoe is die Griekse woord vir lewe.

Sy is vroeg gebore en het maar twee en ’n half kilogram geweeg. Max vertel dat sy so klein was, dat sy trouring kon tot by haar skouer, oor die arm gaan.  Die dokter wat haar ondersoek het, het gesê dat sy ’n vyf tot tien persent kans het om drie dae te lewe. Max vertel dat hulle eerste besoek aan Zoe was ’n skok. Daar was die pype in die maag en die monitors wat geplak is by haar bors en pype in haar mond.

Om die sake verder te vererger het Zoe se pa spoorloos verdwyn die maand voordat sy gebore is. ’n Wyse verpleegster wat baie omgee in haar het, het toe vir Max die volgende opdrag gegee:- “Vir die volgende paar maande is jy die serogaat pa. Jy sal elke dag inkom en dan met jou vinger oor haar lyfie streel en terwyl jy dit doen , moet jy haar vertel hoe lief jy vir haar is. Jou aanraking en jou stem sal haar instaat stel om die stem en aanraking met mekaar te assosieer.

God het geweet dat ons as mens het ook Sy stem en aanraking nodig. Daarom het Hy vir ons nie net Sy Woord gegee nie maar ook Sy Seun. Nie net Sy Seun nie, maar ook Sy Liggaam – die kerk.

God se stem en aanraking sê:- EK HET JOU LIEF!    

Rom 13:8  Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.

Rom 13:9  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Rom 13:10  Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.

GEBED

Here, U Woord leer ons dat liefde is die belangrikste, gee dat ek U liefde aan almal sal betoon – MET WOORD EN DAAD. AMEN

0:00
0:00