EK HET GEVRA!

Ek het gevra vir krag sodat ek kon presteer,

Toe maak Hy my swak sodat ek kon leer.

Ek het gevra vir gesondheid sodat ek groot dinge kon verrig,

Toe gee Hy genade sodat ek besef daar is ’n plig.

Ek het gevra vir rykdom sodat ek geluk kon koop,

Toe gee Hy armoede om my van my hoogmoed te stroop.

Ek het gevra vir mag sodat ander my kan prys,

Toe gee Hy my wysheid om Sy liefde te kan wys.

Ek het gevra vir alles in die lewe sodat ek dit kon geniet,

Toe gee Hy my ’n hart wat ten spyte van die lewe, vreugde kan bied.

Ek het niks gekry waarvoor ek gevra het nie – maar in Sy oneindige

Wysheid, liefde en genade het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit

kon hoop.

Want selfs al gaan ek deur donker dieptes hoef ek nou nie meer bang

te wees nie.  U is by my, by U is ek veilig.

U goedheid en liefde is my huis en my hart.  Nou kyk ek op na die berge

en weet dat U daar is.  U sal my beskerm teen alle gevaar.  Nou en altyd!

PS. 23:1  ‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

PS. 23:2  Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

PS. 23:3  Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

PS. 23:4  Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

PS. 23:5  U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

PS. 23:6  Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.

GEBED

Dankie Here dat U altyd daar is vir my! AMEN

0:00
0:00